title
string
| author
string
| text
string
| edition
string
| language_code
string
|
---|---|---|---|---|
"Vol magies is gelyk aan beter punte
" | "More Matshediso
" | "ka se openbare skole kan danksy ʼn regeringsprogram wat verseker dat hulle ma- gies vol voedsame kos is, hul skoolwerk beter aanpak.
Die Departement van Ba- siese Onderwys (DBO), deur die Nasionale Skool- voedingsprogram (NSVP), het sy doelwit om maaltye aan ongeveer 75% van die land se leerders te verskaf, oortref.
Die Direkteur van die
NSVP by die departement, Neo Rakwena, sê dat 20 619 skole daagliks skoolmaal- tye voorberei vir ongeveer 9 032 622 leerders regoor die land.
Sy sê dat skole wat nie by die program ingesluit is nie, distrikskantore moet nader as hulle deel van die pro- gram wil word.
Ongeveer R5 703 miljard is in die 2015/16-boekjaar aan die program toegewys.
Rakwena sê dat die bedrag wat aan die program bestee word, jaarliks aangepas word om inflasie te dek en dat die begroting vir 2017/18 ongeveer R6,4 miljard is.
Die program verlig kort- termyn honger en dra by tot die leerders se welstand.
“Baie kinders kom uit arm huishoudings wat sukkel om kos op die tafel te sit en vir sommige leerders is die skoolmaaltyd hul enigste maaltyd van die dag. Skool- maaltye dra by tot leerkapa- siteit, beter konsentrasie en klasdeelname,” sê sy.
Skoolinskrywings en leer-
derbywoning word ook danksy die voedingspro- gram, verbeter.
Die Kabinet het onlangs die publikasie van die Ver- slag oor die Evaluering van die NSVP, wat deur die De- partement van Beplanning, Monitering en Evaluering (DPME) opgestel is, goedge- keur. Dit beskryf in hooftrek- ke die stappe wat geneem kan word om die inisiatief te verbeter. Die Direkteur van Evaluering by die DPME, Jabu Mathe, sê die hoofdoel van die evaluering is om te bepaal of die NSVP op so ʼn wyse geïmplementeer word dat dit moontlik beduidende gesondheids- en opvoedkun- dige voordele vir leerders inhou.
Hy beklemtoon dat die pro-
gram hoofsaaklik daarop ge- rig is om die gesondheid- en voedingstatus van die arm- ste leerders in Suid-Afrika te
verbeter. Die program teiken al die leerders in Suid-Afri- ka in kwintiel 1 tot 3 open- bare skole, wat 60% van die armste skole in Suid-Afrika insluit.
Die program help ook om armoede in gemeenskppe te verlig deur werkskepping.
“Die evaluering het aan- gedui dat die NSVP jaarliks aan meer as 50 000 vrywil- lige voedselhanteerders die geleentheid gee om vir leer- ders kos te maak en dat hul- le sodoende R960 per maand verdien,” sê Mathe.
“Dit herlei na R576 miljoen
per jaar in besoldigings wat gemeenskapslede bevoor- deel.”
Die program stimuleer ook ekonomiese aktiwiteit, aan- gesien klein-, medium- en mikro-ondernemings en ko- operatiewe as diensverskaf- fers voordeel trek in provin- sies met gedesentraliseerde verkryging (KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga en die Noord-Kaap).
“Die plaaslike verkry-
ging van groente het die potensiaal om skole en ge- meenskappe te bevoordeel en om plaaslike landbou te stimuleer.
Die verslag het ook getoon
dat die Wes-Kaap, Mpuma- langa, Gauteng, die Oos- Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes oor die jare die program die beste uitgevoer het het. " | "2018-01-ed1" | "afr" |
"2018 Sentrale Aansoekklaringskantoor (SAKK)
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Die Sentrale Aansoekklaringskantoor, wat SAKK (CACH in Engels) genoem word, is 'n tydelike maatreël wat deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding ingestel is om voornemende studente te help wat die Naskoolse Onderwys- en Opleidingstelsel (NOOS) wil betree, maar dalk in die posisie is waar hulle:
Betyds by die instansie van hulle keuse aansoek gedoen het, maar hulle aansoek is afgekeur en dit is nou te laat om elders aansoek te doen.
Voornemende aansoekers wat nie aansoek gedoen het nie omdat hulle weens hulle Graad 11-uitslae nie aan die toegangsvereistes voldoen het nie, maar dat hulle Graad 12-uitslae wel aan die toegangsvereistes voldoen.
Om een of ander rede nie betyds aansoek gedoen het nie of glad nie aansoek gedoen het nie.
Geen idee het wat om na matriek te studeer nie.
ʼn Idee het wat om na matriek te studeer, maar nie seker is of die studiekeuse die regte loopbaan vir hulle is nie.
Dienste wat deur die SAKK gebied word
Aansoeke vir NOOS-leergeleenthede, bv by universiteite, universiteite
van tegnologie, tegniese- en beroepsonderwys en opleidingskolleges (TVET) en sektoronderwys- en opleidingsowerhede (SETAS).
Inligting oor finansiële steun (NSFH).
Loopbaanontwikkelingsdienste (voorligting, inligting, raad en loopbaanbeplanning/-inligting oor befondsings- en finansieringsopsies).
Steun vir ambagsmanne (Nasionale Ontwikkelingsentrum vir Ambagsmanne).
Die SAKK se dienste begin op
3 Januarie 2018, kort voordat die NSS-eksamenuitslae vrygestel word
en sal tot aan die einde van Februarie 2018 beskikbaar wees.
Hoe werk die SAKK?
Fase 1: Studente wat nie toelating gekry het tot die instansies waar hulle aansoek gedoen het nie, of wat op soek is na NOOS- leergeleenthede, kan die SAKK kontak deur hul tolvrye nommer (0800 356 635), die webtuiste (www.dhet.gov.za) of deur ʼn standaard SMS (SMS naam en ID na 49200) of hulle kan aanlyn registreer.
Studente kan ook hul Facebook-blad, wat
CACH_SA is, besoek vir meer inligting.
Fase 2: ’n Agent sal die voornemende student kosteloos terugskakel vanaf die kontaksentrum en alle versoekte besonderhede op die SAKK-databasis
aanteken. Dit sal die aansoeker se gekose studierigting en die provinsie waar hy of sy wil studeer, aandui.
Fase 3: Die aansoeker se persoonlike besonderhede en matriekuitslae sal bevestig word en outomaties aan hoër onderwysinstansies vir moontlike toegang
en plasing, gestuur word.
Fase 4: Die SAKK-diens sal die leerder se inligting nagaan en aan die instansies wat plek beskikbaar het, stuur. Instansies waar daar plek is en waar aansoekers aan die vereistes voldoen, sal aansoekers dan direk kontak.
Neem kennis
Die SAKK kan nie aan enige aansoeker toelating om te studeer waarborg nie.
Die SAKK kan nie bepaal wanneer die instansies die aansoeker vir moontlike plasing sal kontak nie.
Hoe help die SAKK aansoekers wat nie seker is wat hulle wil studeer nie of diegene wat nie aan die vereistes voldoen om die NOOS-stelsel te betree nie?
Die SAKK-diens werk ook saam met die Nasionale Loopbaanontwikkelingsdienste (CDS in Engels) wat help om omvattende loopbaaninligting en raad oor die volgende te verskaf:
Loopbane en leerbane
Vakkeuse
Inligting oor hereksamens
Matriekopgradering
Studiegeleenthede wat deur die NOOS- stelsel aangebied word
Befondsings- en finansieringsopsies (NSFH-inligting)
Inligting oor aansoekprosesse en sluitingsdatums
Aansoek- en registrasiedatums in die tweede semester.
Enigiemand wat in die dienste wat deur die CDS gebied word belangstel, kan die CDS-hulplyn deur die volgende kanale kontak:
SMS jou vraag of stuur ʼn ‘please call me’
na 072 204 5056, of
Skakel 086 999 0123, ʼn oproepdeellyn, van Maandag tot Vrydag tussen 8:00 vm. en 4:30 nm.
Stuur ʼn e-pos aan
[email protected]
Besoek ons kantoor by Francis Baardstraat 123, Pretoria.
Besoek Facebook by
www.facebook.com/careerhelp, of
Besoek Twitter by
www.twitter.com/rsacareerhelp.
Befondsingsgeleenthede deur die regering
Daar is verskillende befondsingsgeleenthede beskikbaar vir studie by hoëronderwys- instansies, aangebied deur: die Funza Lushaka Beursskema, die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFH), die Plattelandse Onderwystoegangsprogram, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Departement van Gesondheid.
Wie behoort aansoek te doen vir finansiële steun?
Suid-Afrikaanse leerders wat by hoëronderwysinstansies wil studeer word uitgenooi om die finansiële steunkantoor by die instansie van hulle keuse te besoek.
" | "2018-01-ed1" | "afr" |
"Pasgebore babas loop die grootste risiko van Listeriose
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Met 119 nuwe gevalle wat se dert 5 Desem ber aangemeld is, het die Departement van Gesondheid die uitbreek van Lis teriose op hoë bewaking geplaas. Altesaam 727 laboratorium-bevestigde ge valle is in 2017 aangemeld. Die Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming beskryf Listeriose as ’n ernstige maar behandelbare siekte wat deur die bakterie Listeria monocytogenes veroorsaak word. Dit word in grond, water en plantegroei aange-tref. Diereprodukte – soos vleis en suiwel, seekos en varsprodukte soos vrugte en groente – kan deur hierdie bronne besmet word.
Hoewel enigiemand Listeriose kan opdoen, is dit veral ’n hoë risiko vir pasgebore babas, bejaarde mense en swanger vroue, asook vir mense met verswakte im-muunstelsels wat byvoor -beeld deur MIV , diabetes, kanker, chroniese lewerof niersiektes veroorsaak word.
Die groepe wat die meeste geraak word is pasgebore babas gedurende die eerste 28 dae van hul lewens, en mense tussen 15 en 49 jaar oud. Die twee groepe vorm 70 persent van alle gevalle.
Omdat babas jonger as 28 dae die ergste getref word, het die departement swang-er vroue aangeraai om op MomConnect te registreer om die jongste nuus oor Listeriose te ontvang, “Wanneer ons na die statistiek van geaffekteerde mense kyk, sien ons dat van al hierdie kwesbare groepe, pasgeborenes die ergste geraak word. As ons dit volgens ouderdomsgroepe vanaf geboorte tot 93 jaar ontleed, maak net die pas-gebore babas alleen onge-veer 40 persent van hierdie gevalle uit," sê die Minister van Gesondheid Dr Aaron Motsoaledi. Die minister het voorts ’n beroep op gesondheids werkers gedoen om veral waaksaam te wees wanneer hulle met swanger vroue werk.
“’n Spesiale versoek aan gesondheidswerkers en die algemene publiek is om ekstra aandag aan swanger vroue te gee. Wees veral op julle hoede wanneer julle met ’n swanger vrou of ’n pasgebore baba te doen kry, het hy gesê.
Hoe om op MomConnect te registreer:
• Bevestig jou swangerskap by ’n gesondheidsorgfasiliteit.
• Skakel *134*550# vanaf jou selfoon om te registreer.
• Beantwoord ’n paar eenvoudige vrae oor jou swangerskap.
• Jy sal dan geregistreer word.
• Swangerskappe word op die nasionale databasis geregistreer.
• Gebruikers ontvang weekliks SMS'e met gesondheidsinligting oor hul swangerskap en hulle babas (tot wanneer die kind een jaar oud is).
Listeriose’n Bakterie watvoedselvergiftiging veroorsaakListeriose raak hoofsaaklikswanger vroue, pasgeborebabas, bejaarde mense envolwassenes met verswakteimmuunstelsels
• koors
• spierpyne
• naarheid
• diarree
• hoofpyn
• ’n stywe nek
• verwarring
• balansverlies en stuiptrekkings
VoorkomingListeriose in Suid-Afrika Was jou hande voor en nadat jy koshanteer.
Kook, verkoel of vries vleis, pluimvee, eiers,vis en klaargaarkos binne twee ure.
Wanneer jy twyfel, gooi dit weg – as jy besmette kos herverhit sal jy dit nie veilig maak nie!Moet liewer nie "rou", ongepasteuriseerdemelk drink of sagte kaas soos feta, bokmelkkaas en brie eet nie.Moenie rou kos eet nie en wees bedagop die gevaar van voedselvergiftiging deur rou vis (ook sushi), gapermossels en oesters.
Meer as 750 gevalle is aangemeld en 67 mense het reeds gesterf.
Gauteng het die meeste gevalle aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.
Vir meer inligting kan lede van die publiek die Nasionale Instituut vir Aanmeldbare Siektes se Noodbedryfsentrum (NICD) gedurende werksure skakel by 011 386 2000.
Gesondheidswerkers kan die NICD se Blitslyn vir Kliniese Noodgevalle ook na-ure skakel by 082 883 9920.
" | "2018-02-ed1" | "afr" |
"Waardigheid vir oorlewendes van seksuele geweld
" | "Noluthando Motswai
" | "Thuthuzela-sorgsentrums is tot stand gebring om die proses vir die aanmelding van verkragting en ander seksuele misdrywe te verbeter. Slagoffers word nou in 'n waardige en sorgsame omgewing bygestaan.
Die sentrums word deur die Nasionale Vervolgingsgesag in bedryf gestel, in samewerking met die departemente van Gesondheid; Maatskaplike Ontwikkeling; en Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, asook die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Daar is sewe sentrums in Gauteng, waarvan die eerste een in 2000 by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal geopen is.
Dr Efadzwa Tipoy, 'n senior kliniese bestuurder wat aan die hoof staan van die Sinakekelwe Thuthuzela Sorgsentrum, het lede van die gemeenskap aangeraai om, indien hulle slagoffers van seksuele geweld sou word, die voorval so gou moontlik by die sentrum aan te meld.
“Die geriewe bied behandeling wat voorkom dat seksueel oordraagbare infeksies soos Hepatitis B en MIV oorgedra word. Pille wat swangerskap as gevolg van seksuele geweld voorkom, sal ook voorsien word. Moet jouself nie was nie; draai die klere wat jy gedra het in bruin papier toe (nie plastiek nie) en bring dit saam met jou na die sorgsentum toe,” sê dr Tipoy.
Hy het voorts gesê dat daar sedert die opening van die sentrum groot begrip was vir die dienste wat hulle bied en dat kliënte se menswaardigheid herstel word omdat hulle kan stort nadat hulle ondersoek is.
Een van die uitdagings waarvoor die kliniek te staan kom, is dat kliënte dikwels te lank ná die voorval daar aankom – dit is belangrik dat be wyse versamel en medikasie binne 72 uur ná die aanval toegedien word." | "2018-02-ed1" | "afr" |
"Neem jou mag terug, rapporteer verkragting
" | "Adele Schormann
" | "Mpumalanga se polisie woordvoerder, kolonel Mt sholi Bhembe, het gesê dat dit belangrik is vir die ge meenskap om met die poli sie saam te werk en hierdie misdade te rapporteer.
“Dit is ons plig as die polisie om ʼn groot rol daarin te speel om seker te maak dat die oortreders aan die pen ry en dat die slagoffers in goeie hande is. Ons versoek gemeenskappe om na vore te kom en gevalle van verkragting by hulle naaste polisiestasie aan te meld,” het Bhembe gesê.
Slagoffers moet binne 72 uur nadat ʼn misdaad van ʼn seksuele aard plaasgevind het, die misdaad aan die polisie rapporteer.
Bhembe het slagoffers van ver kragting aangeraai om ná hulle pynlike ervaring vir professionele traumaberading te gaan.
“Jy mag dalk vuil voel en her haaldelik wil was en jy mag bang wees en skrikkerig wees om uit te gaan. Geeneen van hierdie reaksies is ongewoon of onnatuurlik nie. Jy moet onthou dat daar dienste beskikbaar is om jou te help,” het hy gesê.
Die Greater Rape Intervention Project (GRIP) is een van die organisasies wat slagoffers van verkragting help om vir MIV/Vigs en ander siektes getoets te word.
Thandiwe Maseko, ʼn maat skaplike werker by GRIP , sê dat die organisasie na slagoffers van verkragting omsien.
“Ons verskaf ʼn versorgings pakkie en laat slagoffers in ʼn veilige hawe bly totdat hulle gereed is om te praat. Ons het die beste beraders wat baie omgee en reg is om te help,” sê sy.
Hoe om 'n geval van verkragting aan die polisie te rapporteer:
■ Gaan eerstens na kliniek toe vir mediese ondersoek. Die verslag sal deel van die saaklêer wees en die polisie help om die oortreder vas te trek.
■ Gaan dan na jou naaste polisiestasie toe en open 'n saak. Die polisiebeampte sal vir jou persoonlike inligting vra asook inligting oor dit wat met jou gebeur het. Antwoord eerlik en probeer om soveel besonderhede moontlik te onthou. Dit mag 'n pynlike proses wees, maar hierdie inligting sal in die ondersoek help.
■ Vra die ondersoekbeampte vir sy/haar kontakbesonderhede, sodat jy hom/haar oor nuus oor jou saak kan kontak. Die ondersoekbeampte sal jou ook kontak as verdere inligting benodig word. Hoe om 'n geval van verkragting aan die polisie te rapporteer:" | "2018-02-ed2" | "afr" |
"Help om Dag Zero te vermy
" | "More Matshediso
" | "Volgens die DWS was daar nie genoeg reënval nie en damvlakke is besig om te daal.
Dit het die owerhede gedwing om streng maatreëls te imple-menteer om ‘n waarskynlike Dag Zero, wanneer die krane kan opdroog, verder die toekoms in te skuif.
Kaapstad implementeer vlak 6B-beperkings. Dit beteken dat daar ʼn daaglikse beperking van 50 liter water of minder per persoon is, hetsy by die huis, die werk, die skool of elders.
Die stad het dit duidelik gestel dat, alhoewel dit daarop fokus om Dag Zero uit te stel, dit voor bereid moet wees op ʼn scenario waar dit beheer oor die stad se watertoevoer kan oorneem om dit tot in die winter te laat strek.
“Ons sal, wanneer ons damme ʼn gesamentlike vlak van 13.5 persent bereik, toevoer na die krane afsny. Wanneer die dam-vlakke 13.5 persent bereik het, sal ons begin om die netwerkstelsel af te skakel, behalwe dié na bel-angrike kommersiële gebiede en instansies soos hospitale,” het die stad in ʼn verklaring gesê. Wanneer dit gebeur, sal inwoners by versamelpunte regoor die stad toegang tot water kan kry. Vyf-en-twintig liter water per dag sal aan elke inwoner toegedeel word.
Die stad het sy Rampbestuursentrum geaktiveer om sy Waterrampplan uit te voer, wat in werking sal tree wanneer Dag Zero aanbreek.
BoorgateDie stad het die buitenshuise gebruik van boorgate sterk afgeraai en gesê dat die gebruik vir besproeiingsdoeleindes beperk sal wees tot slegs Dinsdae en Saterdae, voor 9 vm en ná 6 nm, vir hoogstens een uur lank.
“Water uit boorgate/putte moet gemeet word en daar word van alle gebruikers verwag om van die watergebruik rekord te hou en dit vir inspeksie beskikbaar te stel,” het die stad gesê.
Die stad het bygevoeg dat inwoners toestemming van die DWS moet verkry as hulle water uit boorgate/putte wil koop of verkoop.
Die DWS het gesê dat owerhede streng maatreëls imple -menteer om te verseker dat die beperkte toedeling van water nagekom word, as deel van die regering se poging om waterverbruik te bestuur.
Die stad werk ook saam met ʼn wetstoepassingspan en spesiale ondersoekeenheid om nako-ming af te dwing.
Stappe teen oortreders Die departement het onlangs ʼn gesamentlike blitsveldtog saam met die stad uitgevoer en op onwettige wateraktiwiteite in Mfuleni gefokus.
Die aksie het gekonsentreer op alle huidige wateroortredings en die nakoming van die waterbeperkings en was veral op informele motorwasserye gerig.
“Munisipale drinkwater kan, ingevolge die stad se B6-be perkings, nie gebruik word om motors te was nie. Informele motorwasserye verbruik baie water. ʼn Aantal motorwassery-eienaars gebruik pype op die erf om hulle besighede te bedryf en ander gebruik water uit hulle krane,” het die departement gesê.
Alhoewel daar baie toegewyde waterambassadeurs is wat werk om Dag Zero te probeer vermy, het die stad al sy inwoners gevra om hulle rol te speel om water te spaar.
“Dit is noodsaaklik dat alle waterverbruikers saamwerk met Span Kaapstad se pogings”, het Kaapstad se adjunkburgemeester, Ian Neilson, gesê.
Help om Dag Zero te vermyDIE WES-KAAP is die eerste provinsie wat die ernstige uitwerkings van klimaatsverandering ervaar. Waterbesparingswenke • Draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel, skeer of jou hande met seep smeer. • Stort vir korter tye en gebruik minder water as jy bad. • Moenie gebottelde water koop nie.
Motor• Was jou motor net met ʼn emmer en ʼn spons.
Badkamer• Stort eerder as bad. • Gebruik minder water in die bad.
• Bad jong kinders saam.
• Spoel die toilet net wanneer reuke dit noodsaaklik maak.
• Sit ʼn baksteen in jou toilet se waterbak om waterverbruik te verminder.
Kombuis• Gebruik ʼn wasbak met ʼn prop in om skottelgoed te was, in plaas daarvan om die kraan te laat loop.
• Gebruik minder skottelgoedseep sodat jy minder hoef af te spoel.
• Gebruik ʼn wasbak met ʼn prop in om groente af te spoel, in plaas daarvan om die kraan te laat loop.
• Gebruik die water wat jy gebruik het om groente en vrugte mee af te spoel om plante nat te gooi.
Plante en tuin• Lei jou plante nat op die koelste tyd van die dag. • Lei plante nat met die water wat jy in die kombuis gebruik het om groente en vrugte mee af te spoel. • Gebruik natuurlike en organiese tuinprodukte.
Lede van die publiek word ook versoek om hulle watermeters na te gaan vir verborge waterlekkasies. Neem die watermeter se lesing voor en ná 2 ure, waartydens geen water gebruik is nie. Daar is ʼn lekkasie wanneer die watermeter na afloop van die 2 ure nie presies dieselfde lesing gee nie.
Inwoners word ook versoek om lekkende krane te herstel. ʼn Kraan wat lek teen ʼn tempo van een druppel per sekonde, mors tot 10 220 liter waterwater per jaar.
Februarie 2018 Uitgawe 2Wat is 'n droogte? 'n Droogte is 'n weerverwante natuurramp. Dit kan vir maande of jare lank groot streke affekteer, het ʼn impak op voedselproduksie, en verminder die lewensverwagting en ekonomiese prestasie van groot streke of hele lande.
" | "2018-02-ed2" | "afr" |
"Kiesersregistrasie vind in Maart 2018 plaas
" | "More Matshediso
" | "Die kommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê dat al 22 612 stemlokale op die naweek van 10 en 11 Maart, van 8vm tot 5nm oop sal wees om dit maklik en gerieflik vir kiesers te maak om hul-le registrasiebesonderhede op datum te bring of om te registreer.
As jy na ’n nuwe stemdis trik verhuis het sedert jy laas geregistreer het om te stem, moet jy herregistreer in jou nuwe stemdistrik.
Alle Suid-Afrikaanse bur gers wat 16 jaar en ouer is en in besit is van ʼn amptelike identiteitsdokument, kan registreer om te stem. As jy nie geregistreer is om te stem nie, sal jy nie in 2019 toegelaat word om te stem nie.
Geregistreerde kiesers wie se adresbesonderhede nie op die kiesersrol is nie, kan die vereiste inligting tydens registrasie by hulle stemlo-kaal, verskaf.
“Ons vra dat kiesers opdaag en van die geleentheid gebruik maak”, sê Mamabo-lo.
“Die Verkiesingskommissie het steeds nie adresse vir ongeveer 2,8 miljoen kiesers nie. Ons het ʼn verdere 3,5 miljoen adresse wat as ‘on-volledig’ of ‘generies’ geklas-sifiseer is. Hierdie kategorie vereis verdere ontleding om te bepaal of daar enige ander beskikbare besonderhede is,” sê hy voorts.
Die kommissie het adresse verkry deur verskillende inisiatiewe te gebruik, in-sluitend om rekords, lêers en argiewe na te gaan en adresse wat oor die afgelope 20 jaar deur kiesers verskaf is, aan te teken, sowel as om tydens die munisipale verkiesings in 2016 adresse aan te teken en om voor die registrasienaweke vir die tussenverkiesings veldwerk te doen.
Kiesers wat in die verkeer de stemdistrikte geregistreer was, is waar nodig geskuif soos deur Artikel 12 (1)(d) van die Kieswet bepaal.
“Ons het, waar moontlik, inligting oor adresse van ander staatsbronne soos Statistiek Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, Telkom, die Suid-Afrikaanse Poskantoor en die Departe-ment van Binnelandse Sake, ontvang en gebruik,” sê hy.
Registreer voor Maart 2018 In Oktober 2017 het die Verkiesings kommissie ’n webtuiste (www.elections.org.
za) vir geregistreerde kiesers wat toegang tot die internet het, bekendgestel om hulle adresse te hersien of te verskaf.
Kiesers kan ook die Kontaksentrum (0800 11 8000) van Maandag tot Vrydag tydens kantoorure skakel vir inligting oor die ligging van hul stemlokaal en enige ander navrae.
Hierbenewens, kan geregistreerde kiesers ook hul ID-nommer na 32810 stuur om ’n SMS te ontvang met die adres van hulle stemlokaal (’n SMS kos R1).Wat om saam te neemNeem jou ID-boek met strepieskode, slim-ID-kaart of tydelike ID-sertifikaat saam wanneer jy registreer.
Jy sal gehelp word om ʼn registrasievorm te voltooi wat jou fisiese adres in besonder vra. Dit sal die kommissie in staat stel om jou in die regte stemdistrik te plaas. Bewys van jou woonplek word NIE vereis nie.
Mamabolo het ʼn beroep gedoen op individue, politieke partye, burgerlike organisasies, nie-regeringsorganisasies, aktiviste, die media, tradisionele leiers en geloofsgebaseerde organisasies om die sukses van die registrasienaweek, te verseker.
" | "2018-03-ed1" | "afr" |
"Red ons renosters
" | "More Matshediso
" | "In 2017 was daar agt keer by OR Tambo internasionale lughawe op renosterhoring beslag gelê en 502 beweerde renosterstropers en 16 beweerde handelaars is in hegtenis geneem, 'n totaal van 518, wat 'n vermindering van 680 in 2016, is.
“In 2017 is daar tot ons spyt 21 amptenare van ons eie personeel vir aktiwiteite verwant aan stroping, in hegtenis geneem,” sê Minister Molewa.
Stuit stropingDie regering en sy vennote het verskeie maatreëls in plek gestel om renosterstroping te stuit, insluitend patrollieprogramme by nasionale parke en die gebruik van baanbreker-tegnologie.
Altesaam 504 renosters is tussen Januarie en Desember 2017 in die Kruger Nasionale Park (KNP) gestroop, wat 24 persent minder is as die 662 in 2016.
“Ons sien, danksy ons teen-stropingstrategie in die KNP , ʼn afname in die aantal stropingsaktiwiteite in die park, met 2 662 aangeteken in 2 017, vergeleke met 2 883 in 2016. Dit verteenwoordig ʼn persentasie-afname van 7,6 persent,” bevestig die minister.
Die aantal renosters wat in KwaZulu-Natal, die Noord-Kaap, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes gestroop is, het egter toegeneem.
Uitwerking op die ekonomieRenosterstroping en on wettige wildhandel het ʼn negatiewe invloed op werk skepping en op die land se ekonomiese ontwikkeling, insluitend die ontwikkeling van die biodiverse ekonomie wat die toerismesektor insluit.
“Die verlies van een van Suid-Afrika se ikoniese wildspesies soos die renoster, wat een van die ‘Groot Vyf’ is, kan ʼn negatiewe uitwerking op die aantal toeriste wat Suid-Afrika besoek, hê. Baie toeriste besoek Suid-Afrika om die Groot Vyf – die renoster, leeu, buffel, luiperd en olifant – te sien”, sê die Departement van Omgewingsake in ʼn verklaring.
Renosterstroping is erken as ʼn sekerheidsrisiko vir die land, wat ʼn uitwerking kan hê op die aantal toeriste wat die land besoek en die regering het dit as ʼn nasionale prioriteitsmisdaad verklaar.
Die onwettige aktiwiteite verwant aan renosterstroping en die handel van renosterhoring bevoordeel slegs ʼn betreklike klein misdadigerskorps. “Dié kriminele netwerke trek voordeel uit die kom pleksiteit van hierdie tipe misdaad. Terwyl die sindikate die voordele geniet, word die regering se vermoë om sosio-ekonomiese ontwikkeling te verseker, belemmer omdat georganiseerde misdaadsindikate en -aktiwi teite regoor die land meer ingebed in gemeenskappe word,” bevestig die depar tement." | "2018-03-ed1" | "afr" |
"MISA is stadsbeplanner se bloudruk vir sukses
" | "More Matshediso
" | "Mukhodiwa kom van die dorpie Luheni, wat onder die Thu -lamela Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo val. Sy het in 2016 'n BA-graad in Stadsen Streekbeplanning aan die Universiteit van Venda behaal.
Sy is een van die begunstigdes van die Munisipale Infrastruktuur-bystandsagentskap (MISA) se Program vir Jong Gegradueerdes. Die program is daarop gemik om gegradueerdes bloot te stel aan werk en mentorskap in toepaslike tegniese vakgebiede sodat hulle as professionele persone kan registreer.
MISA is 'n nasionale regeringskomponent binne die Departe ment van Samewerkende Rege ring. Dit is in Mei 2012 gestig.
"Nadat ek matriek in 2008 ge slaag het, moes ek 'n wegbreek jaar neem om ’n manier te vind om vir my universiteitsfooie te betaal," het Mukhodiwa gesê.
In 2010 het sy by die Universiteit van Johannesburg geregis treer, maar weens ‘n tekort aan geld kon sy nie haar eerste jaar voltooi nie en moes haar studies opgee.
Die volgende jaar het sy vir 'n N3 Elektriese Ingenieurswese-kursus by 'n plaaslike kollege ingeskryf, maar het gou besef dat dit nie die regte studierigting vir haar was nie. Sy het weer aansoeke na universiteite gestuur met die hoop om befondsing te kry.
Gelukkig het die Universiteit van Venda haar aansoek aanvaar en sy het in 2012 met ’n kursus in Stadsen Streekbeplanning begin.
"Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) het vir my eerstejaarstudie betaal, en MISA het vir my tweedejaarstudies 'n beurs aan my toegeken en my ondersteun tot ek my kursus in 2016 voltooi het," het sy gesê.
Die beurs het al haar onderrigbehoeftes gedek, insluitend klasgeld, skryfbehoeftes, verblyf en kos.
In 2017 het Mukhodiwa met 'n internskap by die Prins Albert Plaaslike Munisipaliteit in die Departement Korporatiewe en Gemeenskapsdienste begin.
"Dit is nooit te laat om te kry wat jy in die lewe wil hê nie. Jy moet alles in jou vermoë doen om jou omstandighede te verander en jou lewe te verbeter," het Mukhodiwa gesê.
MISA se Program vir Jong Gegradueerdes het tans 70 jong gegradueerdes, waaronder 31 stadsen streekbeplanners, 24 elektriese ingenieurs, 12 siviele ingenieurs en drie kontrakteuren projekbestuurders is. Almal word as deel van die program deur munisipaliteite in al nege provinsies ondersteun.
MISA se Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte, Ntandazo Vimba, het gesê sy kantoor verstaan die kritieke behoefte aan vaardighede in ingenieurswese en die beboude omgewing in Suid-Afrika.
"Ons wil nie net jongmense hê wat in hierdie dissiplines gekwalifiseer is nie, maar ons moet ook seker maak dat hulle internasionaal erkende opleiding het en geregistreerde professionele persone is," het Vimba gesê.
"Ons munisipaliteite het 'n groot behoefte aan professionele persone. Ons het 'n groot verantwoordelikheid om die plaaslike regering te professionaliseer, deur ons pogings om kapasiteit te bou," het hy voorts gesê.
Ouers maak hul merk by SBL-verkiesing
OuERS hEt DIE geleentheid om 'n leidende rol in die bestuur van openbare skole te speel met die doel om standaarde te verbeter en die skool 'n beter plek vir hul kinders te maak.
Die verkiesing van die skoolbeheerliggaam (SBL) vind in Maart plaas en ouers word aangemoedig om betrokke te raak sodat hulle 'n aktiewe rol in hul kinders se skoolopleiding kan speel.
Verkiesings sal in alle openbare skole regoor die land plaasvind.
Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê dit is die grootste verkiesings-proses in die land, buiten die plaaslike regering en nasionale verkiesings.
"Die SBL-verkiesings dra by tot die ontwikkeling van 'n sterk gevoel van gemeen-skapsbelang. Skole se prestasie is geneig om te verbeter wan-neer ouers aktief betrokke is en daadwerklik belangstel in die skool se sake."Sy sê die SBL speel 'n belangrike rol om die belange van alle belanghebbers byeen te bring om die gemeenskaplike doelwit te ondersteun, naamlik om goeie onderwysresultate te bereik wat op gemeenskapsbe-hoeftes en ekonomiese ontwik-keling reageer.
Beheerliggame verteenwoor dig alle sektore van die skool-gemeenskap, insluitend ouers, onderwysers, nie-onderwys-personeel en leerders. SBL-lede se ampstermyn is drie jaar.
Bevoegdhede om skole te regeer Die Suid-Afrikaanse Skolewet gee aansienlike magte aan beheerliggame om skole as deel van die kernstrukture van demokrasie te bestuur.
Deur betrokke te raak by die verkiesingsproses verseker ou-ers dat die skool hul kinders se belange die beste dien.
Hoewel lede van die beheer liggaam nie formele kwali-fikasies hoef te hê nie, word ouers met vaardighede in boekhouding, rekeningkunde en regsdienste in die besonder, sowel as dié wat belangstel in en passievol oor onderwys is, aangemoedig om vir verkiesing oorweeg te word.
Die volgende belanghebbers kan vir die SBL gekies word:
• Ouers van leerders by die skool.
• Opvoeders by die skool.
• Personeellede by die skool wat nie opvoeders is nie.
• Hoërskoolleerders.
Wat is 'n beheerliggaam se pligte?• Besluite oor 'n toelatingsbeleid vir die skool.
• Besluite oor die taalbeleid van die skool.
• Besluite oor watter godsdienstige praktyke by die skool gevolg sal word.
• Formulering van die skool se grondwet en missieverklaring.
• Formulering van die gedragskode vir leerders wat dissiplinêre prosedures uiteensit.
• Begroting en finansiële bestuur.• Aanbevole personeelaanstellings.• Ondersteuning van die skoolhoof, onderwysers en ander personeel" | "2018-03-ed2" | "afr" |
"Volkslied, vlag, ordes, wapenskild en simbole vier diversiteit
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Vuk’uzenzele kyk na die sin volheid van hierdie dag en wat dit vir ons, as Suid-Afrikaners, beteken.
Suid-Afrika het op 27 April 1994, sy eerste nie-rassige verkiesings gehad. ʼn Nuwe rege ring is onder die leierskap van President Nelson Mandela verkies. Deur die jare is heelwat vordering gemaak, maar daar moet nog meer gedoen word om ons land te verbeter en die lewens van alle Suid-Afrikaners ten goede te verander. Gedurende April word daar nie net nagedink oor hoe ver ons as ʼn land gevorder het nie, maar ons maak ook van die geleent heid gebruik om Suid-Afrika se helde en heldinne met Nasionale Ordes te vereer. Dit is die hoogste toekennings waarmee ʼn land, deur sy President, sy burgers en gesiene buitelanders, bekroon.
Die Grondwet van SuidAfrika Die Grondwet is ingevolge Hoof stuk 5 van die tussentydse Grond wet (Wet 200 van 1993) opgestel en is op 8 Mei 1996 deur die Nasiona -le Vergadering aanvaar. Dit is op 10 Desember 1996 as wet aanvaar.
Ons nasionale simbole Suid-Afrika is uniek in die sin dat ons, ons diversiteit deur ons nasionale simbole en vlag, sowel as ons volkslied en die wapenskild kan vier.
Die Suid-Afrikaanse vlag is uniek. Dit is deur die voormalige Suid-Afrikaanse staatsheraldikus, Fred Bronwell, ontwerp en vir die eerste keer op 27 April 1994 in gebruik geneem.
Die kleure van die vlag het geen spesifieke betekenis nie en geen universele simbolisme behoort dus aan hierdie kleure toegedig te word nie.
Die 'V' op die vlag simboliseer die verskillende elemente van Suid-Afrika wat bymekaar kom en die pad wat ons saam vorentoe aanpak.
Laat die vlag wapperWanneer die vlag vertikaal teen 'n muur vertoon word, behoort die rooi band aan die linkerkant van die toeskouer te wees, met die vlagpaalkant of die koordsoom aan die bokant.
Wanneer dit horisontaal vertoon word, moet die vlagpaalkant aan die linkerkant van die toeskouer en die rooi band aan die bokant wees. Wanneer die vlag langs of agter die spreker by ʼn vergadering vertoon word, moet dit aan die spreker se regterkant geplaas word. Wanneer dit elders in die vergaderplek geplaas word, moet dit regs van die gehoor wees.
Die nasionale wapenskild Die nasionale wapenskild, wat ook bekend staan as die staats embleem, is die hoogste visuele simbool van die staat.
Die wapenskild is ʼn sentrale deel van die land se groot seël. 'n Dokument wat met die groot seël gestempel is, het volkome gesag, want dit beteken dat dit deur die President van Suid-Afrika, goedgekeur is.
Suid-Afrika se wapenskild is in 2000 op Vryheidsdag bekendge stel. Die elemente daarop is op so ʼn wyse gerangskik dat dit stabiliteit en statigheid verteenwoordig. Die slagspreuk op die wapenskild, “!ke e: /xarra //ke” , is in die Khoisantaal geskryf en beteken letterlik dat diverse mense verenig.
Die volkslied Ons volkslied is uniek, want dit word in vier tale gesing.
Die volkslied is in 1997 be kendgestel. Dit is ʼn verkorte, gekombineerde weergawe van twee liedere, naamlik ‘Nkosi Sikelel’ iAfrika’ en ‘Die Stem van Suid-Afrika’, wat tussen 1994 en 1997 gesing is.
Ons nasionale simbole is:
• Nasionale dier: spring bok
• Nasionale blom: konings protea
• Nasionale boom: opreg te geelhout
• Nasionale voël: blou kraanvoël
• Nasionale vis: galjoen" | "2018-04-ed1" | "afr" |
"Bestry die groot droogte
" | "vukuzenzele unnamed
" | "’n Droogte is ’n langdurige tydperk van abnormale reën val wat tot ‘n tekort aan water lei.
Volgens dr Mathieu Roualt, ’n mede-professor aan die Universiteit van Kaapstad se Departement Oseanografie, kan die droogte hoofsaaklik aan die El Niño-uitwerking en klimaatsverandering toe geskryf word.
“El Niño is ’n natuurlike en periodieke verskynsel wat elke drie tot vyf jaar terugkeer en tot twee jaar lank kan duur.
Dit verhoog temperature in die Stille en Indiese Oseaan, wat dan weer tot droogtetoe -stande kan lei,” sê hy.
Klimaatsverandering word omskryf as die verandering in wêreldwye of streeksklimaat spatrone wat in die middeltot laat-20ste-eeu begin het en word grootliks toegeskryf aan die hoër vlakke van at mosferiese koolstofdioksied wat deur die gebruik van fossielbrandstof geproduseer word.
“Die afgelope eeu het Suider-Afrika dramatiese jaar-tot-jaarveranderings in die klimaat beleef, wat tot ernstige droogtes en ’n versteuring in die mariene en aard-ekostelsels gelei het.
Hierdie veranderinge beïn vloed die landbounywerheid, waterreserwes en visserye en dus die breër ekonomie. Dit beïnvloed ook die vloei van water in strome en plante groei en die invloei van voe dingstowwe in die oseaan,” verduidelik dr Roualt.
Hierdie uitwerkings tref Suid-Afrika veral sleg, omdat ons land reeds ’n relatief lae gemiddelde jaarlikse reënval van 450 milliliter (ml) toon.
vergeleke met die wêreldwye gemiddeld van 860 ml.
Wat is die uitwerkings van die droogte?In Februarie het die Depar tement van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake (COGTA) die droogte geherklassifiseer, naamlik van ’n provinsiale ramp na ’n nasionale ramp.
“Ná hersiening van die omvang en erns van die voortslepende droogte in minstens drie provinsies, het rampbestuur die droogte as ’n nasionale ramp geherklas sifiseer,” sê die hoof van die Nasionale Rampbestuursen trum, dr Mmaphaka Tau. Alhoewel die ekonomiese uitwerkings van die droogte moeilik meetbaar is, het dit ’n geweldige uitwerking op die landbousektor gehad. In die Wes-Kaap, wat die land se tweede grootste bydraer tot die landbou se bruto binne landse produk is, het onge veer 21 000 werksgeleenthede in die derde kwartaal van verlede jaar verlore gegaan.
Koringproduksie het in 2017 met 47 persent gedaal en ’n tekort van tot 90 miljoen liter wyn vir uitvoer en plaaslike verkope is moontlik.
Watertekorte sal ook ver nietigende uitwerkings op sanitasie, gesondheidsorg en toerisme hê.
Wat word gedoen om die situasie te hanteer?Die munisipaliteite wat onder die droogte gebuk gaan, het streng waterbeperkings vir inwoners en sakeonderne mings geïmplementeer.
Ontsoutingsaanlegte, pyp herstelwerkprogramme, waterherwinning en grond wateronttrekking is almal geïdentifiseer as oplossings vir die probleem, en hierdie projekte is reeds in verskeie voltooiingstadia.
" | "2018-04-ed2" | "afr" |
"Toep gaan Gauteng se openbare vervoer vergemaklik
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Gauteng on the Move sal onsekerheid oor die gebruik van openbare vervoer uitskakel, omdat dit pendelaars van intydse inligting, vervoerskedules en koste vir die Gautrein‚ Metrobus‚ A Re Yeng‚ Rea Vaya‚ Metrorail‚ Gautrein se Busdiens‚ Johannesburg Stad se Besigtigingsbus‚ Tshwane Busdiens en minibus-taxidienste voorsien.
Tydens sy toespraak by die onlangse bekendstelling van die toep by die ontwikkelaar se kantoor in Midrand, het Gauteng Vervoer se LUK, Ismail Vadi, gesê dat die departement die behoefte aan slim tegnologie en intelligente vervoerstelsels as bydraende faktore tot die ontwikkeling van die vervoerstelsel geïdentifiseer het.
“Die Gauteng Provinsiale Departement het tyd, energie en hulpbronne in die ontwikkeling van hierdie reisbeplanner belê, wat pendelaars in staat stel om moeiteloos met belangrike vervoermetodes in die provinsie te verbind.
"Ons sien reeds die krag van tegnologiese innoverings wat openbare vervoerdienste herskep. Wêreldwye tegnologiese veranderinge ontlok ongetwyfeld ’n rewolusie in die vervoersektor, en ons moet hierdie veranderings aanvaar en daarby aanpas,” sê hy.
Vadi het bevestig dat die provinsie sal voortgaan om innovering, navorsing en ontwikkeling te gebruik om ’n slim provinsie te bevorder, ten einde doeltreffendheid en toegang tot vervoerdienste te verbeter.
Nadat gebruikers die toep afgelaai het, kan hulle hul reis beplan deur hul gewenste ver voermetodes, reistye en ander opsies te kies, byvoorbeeld die kortste en goedkoopste reis.
Die Johannesburgse student en pendelaar Glen Dlamini reken dat duisende pendelaars ’n sug van verligting oor hier die nuwe toep sal slaak.
“Dit is regtig ’n ongelooflike toep. Dit is ’n wonderlike inisiatief deur die regering en verander beslis die hele vervoerlandskap, veral vir ’n jongmens soos ek wat elke dag vanaf Soweto na die Universiteit van Johannesburg moet reis.
“Ek kan darem nou my reise beter beplan, veral wat my finansies betref, en ook die reistye na my bestemmings uitwerk.
“Ek dink dis ’n uitstekende toep en vir iemand soos ek wat nie van Gauteng is nie, sal dit baie nuttig wees om in die provinsie te kan rondreis,” het Khanyo Malunga gesê toe Vuk’uzenzele met haar in Blair gowrie gesels het.
“As ek hier is vir ’n werks-onderhoud sal ek beter kan beplan en my pad kan vind,” het sy bygevoeg.
Die toep is van die onderskeie toep-winkels beskikbaar vir Androiden iPhone-toestelle." | "2018-04-ed2" | "afr" |
"Nuwe taal vir SA in die pyplyn
" | "Neo Semono
" | "President Cyril Ramapho sa het hierdie aankondiging gemaak tydens die kroning van die Balobedu-reënkonin gin by Mokwakwaila-stadion in Bolobedu, Ga-Modjadji, Limpopo, Khelobedu is die taal wat deur die Balobedustam ge praat word. Dié stam sal deur die dertienjarige Balo bedu-reënkoninging, Masa lanabo Modjadji, gelei word wanneer sy 18 word, nadat sy as Koningin Modjadji VII ingehuldig is.
Sy sal ooreenkomstig die Balobedugebruike en -tradi sies gradueer.
“Dit is ʼn ware historiese mylpaal waarop Mamma Winnie Madikizela-Mandela trots sou wees. Dit is die eer ste en enigste koninginskap in die land en op die konti nent,” het President Rama phosa gesê.
President Ramaphosa het die regering se verbintenis tot die herstel van tradisio nele leierskap se eer en waar digheid, herbevestig.
Die Balobedu-koningin skap is amptelik in Maart 2016 erken, nadat die Kom missie oor Tradisionele Leier skapsgeskille en -eise (CT LDC) navorsing gedoen het oor die status van die Balo bedu-stam ooreenkomstig die eise wat by die CTLDC ingedien is.
“Die regering is daartoe verbind om aan die voor skrifte van Hoofstuk 12 van die Grondwet te voldoen, veral ten opsigte van die herstel van tradisionele leier skap se waardigheid in ʼn grondwetlike demokrasie,” het President Ramaphosa gesê.
Hy het gesê die erkenning van hierdie koninginskap in Suid-Afrika gee uiting aan die verbintenis tot die begin sels en waardes van geslags gelykheid, terwyl dit ook die leierskaprol wat vroue op alle vlakke van die samele wing speel, erken.
“Tradisionele leiers het ʼn kernbelangrike rol te speel in die skep van ʼn samelewing sonder armoede, werkloos heid en ongelykheid. Ons tradisionele leiers moet aan die spits van die stryd wees om die regte en waardigheid van ons mense te herstel."Hy het ook die belangrik heid van die rol wat deur tradisionele leiers gespeel word om grond aan die reg te eienaars terug te besorg, benadruk.
“Hulle moet verseker dat die grond teruggegee word aan dié wat dit bewerk en dat diegene wat die grond terugkry die vermoë het om dit te bewerk,” het President Ramaphosa gesê.
ʼn Beraamde 25 miljoen men -se wat in landelike gebiede woon, woon daar onder die leierskap van tradisionele leiers.
Het jy geweet?
• Die Balobedu is in 1972 geraak toe die voormalige reënkoningin, Makoma Modjadji, se magte van haar af weggeneem is en haar titel na opperhoof afgegradeer is.
• Dorpies en indunas onder haar leierskap is destyds by die Lebowaen Gazankulu-tuislande geïnkorporeer; dit het die stam se ryk kultuur, sowel as die koningin se geslagsregister, wat tot 400 jaar teruggevoer kan word, vernietig." | "2018-05-ed1" | "afr" |
"Jeug sê JA vir indiensname
" | "vukuzenzele unnamed
" | "YES, wat on langs deur President Cy ril Ramaphosa geloods is, is daarop gerig om jongmense vir werk voor te berei en hulle met die tegniese vaardighede toe te rus wat nodig is om die indus trialisering van die ekono mie te stut.
Temane verduidelik dat sy, na dat sy in 2016 ge gradu eer het, nie vir werk kon aan soek doen nie om dat sy nie die nodige ervaring gehad het nie.
“Dit was ’n groot uit daging om sonder erva ring nuwe werk te soek.
Gelukkig het ek die Lu laway-werwingsagent skap, wat saam met YES werk, teëgekom en hulle het vir my ʼn internskap aangebied.
YES is ʼn gesamentlike poging deur die rege -ring, die arbeidsektor en die sakegemeenskap om oor die volgende drie jaar betaalde werkservaring aan een mil joen Suid-Afrikaanse jeugdi ges te bied.
Navorsing deur belang hebbers dui daarop dat een jaar se werkservaring op ʼn CV met ʼn verwysingsbrief, ʼn jongmens se kans om werk te vind, drie keer verhoog.
Temane het bygevoeg dat sy passievol is oor haar werk, veral omdat sy ook ander jongmense kan help om werk te kry, want sy werf jeugdiges vir internskappe.
Toe YES geloods is, het Pre sident Ramaphosa die eerste 100 jeugdiges wat danksy die program deur ABSA, Inves tec, Netcare, Sasol en Uni lever aangestel gaan word, ontmoet.
“Ons sien hierdie inisiatief as een pilaar van ʼn breë en omvattende nasionale poging om geleenthede vir jongmen se te skep. ’n Ander sentrale pilaar is die ontwikkeling van jongmense se vaardighede en vermoëns,” het President Ra maphosa gesê.
Hy het ʼn beroep gedoen op klein besighede om ’n rol te speel aangesien hulle ʼn enor me werkersbasis het en groot besighede nie alleen genoeg jeugdiges kan opneem nie.
Volgens YES se HUB, Tashmia Ismail-Saville, het 5,8 miljoen van die 15,5 mil joen mense in Suid-Afrika tussen die ouderdom van 18 en 34, nie werk nie.
“YES het ten doel om aan daardie deel van die jeug wat gewoonlik deur die land se huidige werkmodelle oorge sien word, 'n kernbelangrike eerste kans te gee om behoor like, betaalde werkservaring van gehalte op te doen,” het Ismail-Saville gesê.
Die klein besighede wat swart jeugdiges tussen die ouderdom van 18 en 29 aan stel, sal as bykomende aan sporing, geregtig wees op 'n indiensname-belasting aansporing gelykstaande aan R1 000 per maand.
YES-jeugdiges moet:
• Tussen 18 en 34 jaar oud wees.
• Vir meer as ses maande werkloos wees.
• Swart mense wees (Afri kaan, Gekleurd of Indi er).
Indien maatskappye die in diensname-belastingaanspo ring wil eis, moet die jeug tussen die ouderdom van 18 en 29 wee.
Hoeveel kan die jeug verdien?Salarisse sal na verwagting dieselfde as die nasionale minimumloon van R3 500 per maand wees, en sal verwante opleiding en ondersteuning insluit. Die gemiddelde koste per jaar is R55 000.
" | "2018-05-ed1" | "afr" |
"SA het ’n plig om die jeug op te voed
" | "More Matshediso
" | "Minister Pandor sê dit is die land se plig om die armes en die kwesbaarste families te ondersteun.
Sy het die proses om gratis hoër onderwys in Suid-Afrika in werking te stel onlangs ty dens ’n perskonferensie bekend gemaak.
Minister Pandor het verklaar dat die regering 'n bykomende R7.166 miljard belê het om beur se te finansier vir kinders van armen werkersklasfamilies, wat vanjaar by universiteite en kolleges vir tegniese en beroepsonderrig en -opleiding (TVET) wil studeer.
Minister Pandor het bevestig dat R4,581 miljard opsy gesit is vir kwalifiserende universiteit studente en R2,585 miljard vir TVET-kollegestudente.
In 2017 het die regering aange kondig dat hoër onderwys gra tis sal wees vir arm studente en dié uit gesinne wat 'n bruto ge kombineerde jaarlikse inkomste van tot R350 000 verdien.
Die studente word ondersteun deur 'n uitgebreide beursskema.
Dit vervang vorige lenings en gedeeltelike beursskemas wat deur die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) aangebied word.
"Die basislyn-toekenning aan NSFAS ter ondersteuning van universiteiten TVET-studente uit arm en werkersklasgesin ne sal van R9,849 miljard in 2017/18 styg tot R35,321 miljard in 2020/21.
"Dit impliseer 'n behoefte aan verbeterde doeltreffendheid en stelselsontwikkeling by NSFAS. Ons het dus 'n byko mende R105 miljoen toegeken oor die mediumtermyn-uitga weraamwerk om NSFAS te help om sy administratiewe kapasi teit te verhoog en te versterk," het die Minister gesê.
Kwalifiserende studente in alle studiejare wat geregistreer is vir nasionale sertifikate (beroeps-) en Verslag 191-programme – by enige openbare TVET-kollege – sal beurse ontvang om hul klasgeld en studiemateriaal te dek.
Die toename in befondsing vir 2018/19 sal verseker dat 458 875 studente beurse ont vang.
Ongeveer 50 480 TVET kollege studente wat aan die vereistes vir reis, verblyf en maaltye voldoen, sal ook ondersteun word, terwyl nog 82 600 vir vervoertoelaes sal kwalifiseer.
Die Minister het gesê die nuwe befondsingstoelaag sal na verwagting ongeveer 83 200 van die 208 000 beskik bare plekke (40 persent) wat vir nuwe toetreders by univer siteite in 2018 beskikbaar is, ondersteun." | "2018-05-ed2" | "afr" |
"Binnelandse Sake verklaar oorlog teen toue
" | "More Matshediso
" | "Volgens die Minister van Bin nelandse Sake, Malusi Gigaba, word die lang toue veroorsaak deur die groot aantal kliënte, on voldoende voorkantoorruimte, leierskapkwessies en die feit dat sy kantore op Saterdae gesluit is.
Om die probleem reg te stel, ontleed die departement tans sy geografiese voetspoor om te bepaal op watter gebiede sy dienste verbeter kan word.
"Ons sal opdrag gee dat 'n opname gedoen word om klante-tevredenheid te bepaal, seker te maak dat die kontak sentrum optimaal funskioneer, 'n oplossing te vind vir die hantering van onverwagte inloopkliënte en onvoldoende voorkantoorruimte, die moont likheid van 'n nuwe skofstelsel te ondersoek en aandag te gee aan die onstabiele stelsel. Ons sal ook meer onaangekondigde besoeke deur senior bestuurders na ons kantore reël, werkvloei versnel en kommunikasie met kliënte verbeter," het die Minis ter bevestig.
Hierdie aksieplanne sal as kort-, mediumen langtermyn tussenkomste in werking gestel word.
Die minister het verduidelik dat hierdie uitdagings nie deur kitsoplossings oorkom kan word nie en het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om geduldig te wees terwyl die department die verbeterings in werking stel.
“Ons is daartoe verbind om al les in ons vermoë te doen om die algehele oorlog teen lang toue te wen, ondanks strukturele be -perkings en ander uitdagings," het Minister Gigaba gesê.
Voor die aankondiging van die aksieplanne het die depar tement opnames gemaak en 'n verslag opgestel om vas te stel wat die beste maniere is om die lang toue te bestuur en die de partement se dienste te verbeter.
Die verslag het onstabiele stel sels, ondoeltreffende werkvloei prosesse en ongekoördineerde kommunikasiestrategieë ge noem wat tot ontevrede kliënte en lang toue lei.Volgens die Minister vererger die volgende faktore die pro bleem verder:
■ Swak bestuur in sommige kantore
■ Ondoeltreffende gebruik van personeel
■ Gebrek aan 'n afspraakstelsel■ Ondoeltreffende bestuur van toue
■ Gelyktydige bestuur van handen outomatiese stelsels■ Ongelyke verspreiding van kantore ten opsigte van de mografie
■ Misleidende inligting oor wanneer die groen strepies kode-identiteitsdokumente gestaak sal word.
■ Swak aanwysings by kantore." | "2018-05-ed2" | "afr" |
"Vroulike boer ploeg haar weg na sukses
" | "Nonkululeko Mathebula
" | "Mahlatse het sedert sy 15 jaar oud was vrywillige werk begin doen oor naweke en in skoolvakansies op ʼn plaasli ke groenrissieplaas om haar werklose ma te help om kos op die tafel te sit.
Matlakane werk in Ga-Moi simane in Buchum, net buite Polokwane in Limpopo. Sy sê dat hoewel sy die vrugte van haar arbeid geniet, dit nie altyd maklik was nie.
"Ons grootwordjare was baie moeilik vir my, my broers en susters. My portuurgroep het my gespot toe ek op die plaas begin werk het en gesê dat boerdery vir ongeletter de mense is. Dit het my ge voelens seergemaak, maar ek wou kennis oor boerdery opdoen sodat ek dit as beroep kon beoefen," sê sy.
Nadat Matlakane ervaring opgedoen het, het sy die eienaar van die plaas waar sy vrywillige werk gedoen het, Johan Nel, gevra of sy haar eie groenrissiesaad kon plant.
Nel het vir haar twee hektaar grond op sy plaas gegee. "Ek was verstom oor hoe die klein saadjies plante kon word waaruit groot groenris sies onstaan het. Ek het selfs meer verlief geraak op boer dery toe ek sien hoe die plante versorg word deur die regte kunsmis te gebruik om peste te beheer. Ek het toe geweet dat dit is wat ek wou doen," sê Matlakane.
Hoewel Matlakane ná ma triek keuring gekry het om in die regte te studeer by die Universiteit van Johannesburg, het sy besluit om ʼn wegbreek jaar te neem. Sy het teruggegaan na Nel om meer hulp te vra met boerdery. Hy het voor gestel dat sy met ʼn hoofmanin die gebied praat oor die moontlikheid om vir haar grond te gee. Nadat die plaaslike hoofman haar vordering op Nel se plaas gesien het, het hy vir haar 40 hektaar grond op die plaas Babirwa Ba Tau Ya Tswala gegee, vanwaar sy nou haar onderneming bedryf. Sy het vier jong mense aangestel om saam met haar te werk.
Matlakane se plaas voorsien groenrissies aan varsproduk temarkte in Bochum, Polok wane en Johannesburg. Haar onderneming het ʼn omset van R50 000 per maand en sy mik nou na die internasionale mark.
Matlakane sê dat hoewel sy nog nie regeringshulp ontvang het nie, is sy positief oor haar toekoms en dat haar uiteinde lik doelwit is om arm mense van haar gemeenskap op te hef deur vir hulle vaardighede en werk te gee namate haar on derneming groei. " | "2018-06-ed1" | "afr" |
"Eko-krygers beskerm renosters
" | "Dale Hes
" | "Nyawo, wat deel is van die ongewingsmonitorprojek wat deur die UOWP bestuur word, glo dat dit belangrik is om ge meenskappe op te voed om vir die omgewing te sorg.
"Ons moet uitreik na ge meenskappe en hulle laat ver staan waarom dit belangrik is om die natuur te bewaar. Slegs dan sal die gemeenskap die rol van wildlewe verstaan," sê hy.
Die program, wat jong Suid-Afrikaners toerus met die nodige vaardighede om in na tuurbewaring en biodiversiteit te werk, het verseker dat Nyawo vir sy gesin kan sorg.
"Danksy my werk, het my ge sin se huis nou ʼn stewige dak sonder lekplekke. Ek is baie bly dat ek hierdie geleentheid gekry het," sê hy.Die Minister van Omgewings ake, Dr Edna Molewa, noem monitors 'eko-krygers' omdat hulle ʼn kernbelangrike rol in die stryd teen omgewingsmisdaad soos renosterstropery speel.
"Ongeveer 1 659 omgewings monitors is verlede jaar by ge vaarpunte vir renosterstropery ontplooi om met omgewings beskerming te help. Hulle sal bemagtig word om in hierdie gebiede renosterambassadeurs, te word," sê sy.
Nyawo was deel van die span wat ʼn stroper in Umkhuse Wild reservaat vasgetrek het, wat daartoe gelei het dat hy skuldig bevind is aan ’n misdaad.
"Ek was trots op my pogings; ervaring was in hierdie geval die beste onderwyser aangesien dit daartoe gelei het dat die stro per gevang is," sê hy.
Die program het ’n deurslag gewende rol gespeel in die in -hegtenisneming, ondersoek en vonnisoplegging van stropers.
Dit het die stroping van wilde diere met 50% verminder en verseker dat diere wat in strik ke gevang word met 76% afge neem het." | "2018-06-ed1" | "afr" |
"Aan die brand oor werkskepping
" | "Adele Schormann
" | "Die program gee hoop aan baie jongmense wat nie werk kan kry nie. Dit het merkwaardige suk ses behaal in die voorkoming en beheer van veldbrande en sodoende die impak daarvan verminder.
Die program neem meer as 5 000 mense van ge marginaliseerde ge meenskappe in diens en lei hulle op in brandbe wustheid, -opvoeding, -voorkoming en -onder drukking, asook in an der vaardighede soos noodhulp, houtwerk, kookkuns, gesondheid, veiligheid en kommuni kasie.
WOF se kommunikasiebe ampte, Lebogang Maseko, ver duidelik dat die program die jeug teiken en mense met gebre ke aanstel om by sy provinsiale basisse te werk.
"Ons plaas groot klem op vaar digheidsontwikkeling en om werk aan jongmense wat pas klaar is met hoërskool of pas by tersiêre instansies gegradu eer het, te verskaf. Van die pro gram se nuwe werkers, is 94% jongmense, 31% is vroulik en 3% het ʼn gebrek," bevestig sy.
Lorraine Mokoena (31) van Mpumalanga is een van die werknemers wat by die pro gram baat. Sy werk reeds die afgelope 11 jaar vir WOF.
Ná matriek het sy twee jaar lank gesukkel om werk te kry tot haar suster haar van die WOF-program vertel het.
"Die aansoekproses was moei -lik. Fiksheid is die belangrikste kriterium vir die werk en nuwe werknemers word getoets. Wan neer jy die toets slaag moet jy ook ʼn mediese ondersoek slaag en dan begin die brandbestry dingsopleiding," sê sy.
Mokoena het as junior brand bestryder begin en is nou die senior bemanningsleier, wat ʼn span van 18 brandbestryders lei.
"Hierdie werk het my lewe verander. Ek is die enigste broodwinner vir my broers, susters en twee kinders. Ek kan nou my gesin voed en my kin ders se skoolgeld bekostig," sê Mokoena.
Sy erken dat brandbestryding in die algemeen ’n manswêreld is, maar dat sy geleer het om as ’n vrou op hierdie gebied taai te wees.
Mokoena streef daarna om bin ne die volgende twee jaar ʼn be stuurder van terreinwerksaam hede te word. Dit sal beteken dat sy vir alle WOF-spanne in Mpumalanga verantwoordelik sal wees.
Met die brandseisoen om die draai, gee Mokoena die vol gende wenke om veldbrande te voorkom:
• Moenie vure in die opelug aansteek as jy dit nie kan be heer nie.
• Maak seker dat jy genoeg hulp en toerusting het om alle gebeurlikhede te kan hanteer.
• Moenie ʼn vuur onbewaak laat nie.
• Hou die weer dop.
• Vure behoort nie in die opel ug aangesteek te word op baie warm of winderige dae nie. " | "2018-06-ed1" | "afr" |
"
" | "
" | "Suid-Afrika se hoër onderwyslandskap is besig om te ver ander, met tersiêre onder wys wat meer toeganklik is en ook meer daarop in gestel is om in die arbeids mark se behoeftes te vol doen. Die veranderings is nodig, omdat jongmense voorberei moet word vir die beroepswêreld en om ’n bydrae tot die ekonomie te maak.
In Junie herdenk ons jeug maand en Vuk'uzenzele laat die klem val op hoe die land se jeug deur die Departe ment van Hoër Onderwys en Opleiding geleenthede gegun word om sukses te behaal.
Naledi Pandor, wat in Au gustus verlede jaar as die Minister van Hoër Onder wys en Opleiding aange stel is, is die taak opgelê om gratis onderwys vir arm studente en dié wat die "vermiste middelstu dente" genoem word, in te faseer.
Na langdurige landwye protesoptogte onder die vaandel #FeesMustFall , is daar in Desember aan gekondig dat die jeug van gesinne met ʼn inkomste van minder as R350 000 per jaar, gratis hoër on derwys en opleiding sal ontvang. Die inwerking stelling is aan die gang en sal oor ʼn tydperk van vyf jaar inge faseer word.
Beursskema Minister Pandor het bevestig dat die inwerkingstelling van die beursskema glad verloop.
"Die nuwe beursskema is ʼn baie belangrike ingryping deur die Suid-Afrikaanse regering en natuurlik ook vir die mense van Suid-Afrika, aangesien dit hulle belasting is wat daarvoor betaal," sê sy.
Die beurse word toegeken aan kwalifiserende universi teitstudente wat vir die eerste keer inskryf en studente wat by kolleges vir tegniese en beroepsonderwys en oplei ding (TBO) studeer, in alle studiejare.
Bykomende regeringsbe fondsing van R7,166 miljard is in 2018 toegewys om die beursskema te befonds, met R4,581 miljard wat opsy gesit is vir kwalifiserende uni versiteitstudente en R2,585 miljard wat toegewys is aan TBO-kollegestudente.
Minister Pandor sê dat kolleges wat in spesifieke studierigtings spesialiseer, sentrums van uitnemend heid kan word wat sinoniem sal word met die lewering van die beste vaardighede in daardie bepaalde rigtings.
"Byvoorbeeld, een kollege kan uitsluitlik op meganiese ingenieurswese fokus en ʼn ander een op lugvaartkunde," verduidelik sy. "Ek glo dat spesialisering die toekoms van kolleges is," voeg sy by.
"Ons wil diversiteit hê. Ons wil nie hê dat al ons kolleges dieselfde ding doen nie." Die Program vir Entrepre neurskapsontwikkeling in Hoër Onderwys is verlede jaar geloods, om jongmense aan te moedig om hulle eie ondernemings te begin.
Dit is daarop gemik om die ontwikkeling van 'n platform vir entrepreneurs binne die universiteitsonderwyssektor in Suid-Afrika te koördineer.
Dit sluit in entrepreneur skap in die akademie en die ontwikkeling van studente entrepreneurskap, sowel as entrepreneursuniversiteite.
Minister Pandor sê dat meer gedoen moet word, nie net om jongmense te help om beroepsgereed te wees nie, maar ook om hulle toe te rus om werkskeppers van behoorlike werk te word.
Sy wil graag sien dat hoër onderwysinstansies entre preneurskap in alle kursusse aanbied. Sy glo dit is 'n stap wat jong gegradueerdes sal aanspoor om aanvangson dernemings te vestig, wat die land se toekoms kan hervorm. " | "2018-06-ed2" | "afr" |
"Sleepbootmeester ry golf van sukses
" | "Allison Cooper
" | "Hoewel sleepbote klein is, is hulle uiters kragtige vaar tuie en hom hulle te hanteer verg spesiale vaardighede.
Mdletshe is in Port Shep stone gebore en getoë en het in St Faiths skoolgegaan.
"Dit was nogal ʼn ervaring waar ek grootgeword het.
Daar was, anders as dees dae, geen vrees nie en almal is deur die hele dorp groot gemaak."Mdletshe het in 2006 ma triek voltooi en in 2007 vir ’n Nasionale Diploma in Skeepvaartstudies aan die Durbanse Universiteit stu deer.
Nadat sy in 2007 haar S1, en in 2008 haar S2 voltooi het, het sy haar opleiding van drie jaar ter see by Safma rine Skeepvaartmaatskappy voltooi. Sy het daar geleer hoe om ʼn vragskip op die oop see te bevaar en het by verskeie hawens in Europa, Afrika en Asië aangedoen vir vragbedrywighede en veiligheidsopnames.
Sy het haar eerste graad behaal op die ouderdom van 25 en terselfdertyd ook ’n Meestersgraad in Hawe bedrywighede voltooi. Deur laasgenoemde is sy as ’n gekwalifiseerde sleepboot meester gesertifiseer. "Dit was die grootste uitdaging, want om ʼn sleepbootmees ter te wees, vereis nie van ʼn mens om ʼn graad te hê nie, maar slegs S1, S2 en oop see-opleiding. Mense skryf gewoonlik eers daarna in om ʼn sleepbootmeester te word. Ek het albei gelykty dig gedoen. Ek het ná werk klas toe gegaan om die dag se kurrikulumwerk in te haal," sê sy.
Mdletshe is dol daaroor om op die water te wees. "Die water kan vir jou soveel ver tel oor wat die dag inhou.
Party dae is dit kalm, an der dae is dit ontstuimig en soms is daar deinings; dit is dus ʼn wonderlike dinamiese wêreld! Skepe het ook ver skillende vorms en dra ver skillende vragte, wat bete ken dat hulle verskillend hanteer moet word," sê Md letshe. Sy geniet dit om saam met die bemannings van uiteenlopende kulture uit verskillende lande te werk. ʼn Uitdagende wêreld Mdletshe sê dat dit ʼn “uitda gende wêreld" is om ʼn vrou in die skeepvaartbedryf te wees; sy verwys na geslagsgebaseer de kwessies as een van die grootste uitdagings, aangesien dit steeds oorwegend as ’n manswêreld beskou word.
Dit kan uitmergelend wees, want vroue werk hard om te probeer inpas en om mense verkeerd te bewys. Ek het dit oorwin deur kalm te bly, ʼn positiewe gesindheid te hê en met mense saam te werk om hulle respek te verdien.
Deur volharding en ywer kan jy hierdie struikelblokke oor kom," sê sy.
Mdletshe se oorwinning oor hierdie struikelblokke blyk duidelik uit die toekenning wat sy as waarnemende teg niese marinebestuurder ont vang het. "Ek het ʼn toekenning gekry vir beste presteerder oor ʼn kort tydperk omdat ek in die eerste week in die waar nemende pos ʼn oudit geslaag het." Sy het ook ʼn toekenning ontvang omdat sy in Oktober 2017 ʼn “held” was toe sy skepe gered het tydens die ergste storm wat Durban nog ooit getref het.
"Om ʼn sleepbootmeester te wees, beteken soms dat jy jou grootmeisiehoed moet opsit en dapper moet wees," sê sy.
Die feit dat sy haar mees tersgraad verwerf het, het die verskil gemaak. "Deur my graad te behaal, het ek meer respek van my manlike kollegas gekry. Hulle vra my elke dag waarmee ek besig is, want daar is net twee van ons wat so ver gevorder het en ek is die eerste een by die Durbanse hawe wat die skeep vaartdiploma behaal het. Dit het my laat uitstaan," sê sy en verduidelik dat skeepvaart nie ʼn maklike studieveld is nie.Sleepbootmeester se rolMdletshe verduidelik dat ʼn sleepbootmeester in bevel van die hele vaartuig en die mense aan boord is.
Sy moet toesien dat die veiligheidsen brandtoerus ting in ʼn goeie toestand is en gesertifiseer is. Sy moet ook ʼn jaarlikse veiligheids opname van die vaartuie doen, sorg dat die beman ning behoorlike opleiding kry, hulle opleidingsboeke teken, prestasiebestuurs inspeksies uitvoer en haar werknemers help om ʼn ontwikkelingsprogram op te stel wat ooreenstem met hulle beroepsrigting. Verder moet sy maatskappybeleid uitvoer, store bestuur en toerusting bestel.
Mdletshe se tipiese werks dag begin met ʼn lys van skeepsbewegings, wat teen die einde van die skof vol tooi moet wees. "Ons begin om sesuur soggens met skeepswerk en eindig om tien voor ses. Twee sleep bote werk gewoonlik saam en elkeen voltooi ongeveer agt take. Daarna moet ons al die papierwerk voltooi. “In noodgevalle, handel ons, ons werk soms eers na nege-uur saans af” sê sy." | "2018-06-ed2" | "afr" |
"Vrystaat se swart chemiese nyweraars skep werk
" | "More Matshediso
" | "Kevali Chemicals is die eerste Vrystaatse chemiese vervaardiger in swart besit wat ’n verskeiden heid watersuiwerings-, higiëneen sanitêre oplossings asook kleefmiddels produseer.
Die maatskappy is in 2014 gestig deur vier vriende wat kundiges is op die terrein van chemikalieë, vinnig bewegende verbruikersgoedere, produkontwikkeling en die kleefmiddelbedryf.
Die Uitvoerende Direkteur van Kevali Chemicals, Funeka Khumalo, sê die Hulpskema vir Swart Nyweraars het haar maatskappy gehelp om masjinerie en toerusting aan te koop wat hulle in staat gestel het om die vervaardigingen produksielyn vir watersuiweringsmiddels, skoonmaaken ontsmettingsmiddels asook kleefmiddels te begin.
“In die begin moes ons geld in die onderneming instoot om dit op te dreef te kry, maar ons het uiteindelik befondsing van die Departement van Handel en Nywerheid (die dti) deur middel van die Hulpskema vir Swart Nyweraars (BIS) asook die Nywer -heidsontwikkelingskorporasie verkry,” vertel sy verder.
Die Hulpsskema vir Swart Nyweraars het Kevali Chemicals gehelp om masjinerie en toerusting aan te koop om die vervaardigingen produksielyn vir watersuiwerings-, skoonmaaken ontsmettingsmiddels asook kleefmiddels te begin.
Die hulpskema is ’n toelae-program van die Beleid vir Swart Nyweraars wat daarop gerig is om die potensiaal van swart nyweraars wat in die Suid-Afrikaan se ekonomie sake doen te ontsluit deur middel van doelbewuste, toegespitste en goed omskrewe finansiële en nie-finansiële tussenkomste.
Khumalo sê dat dit ongeveer R18 miljoen gekos het om die onderneming op dreef te kry en bykans 11 maande om ’n wins te begin maak.
Die maatskappy versprei sy produkte regoor Suid-Afrika asook in Uganda, Namibië en Tanzanië.
Khumalo sê dat die uitwerking van die onderneming op plaaslike inwoners se lewens veel verder as net werkskepping strek.
“Bo en behalwe dat ons werksgeleenthede vir plaaslike inwo ners geskep het, het ons ook ’n maatskaplike-beleggingsprogram waardeur ons vroue wat in townships en landelike gebiede woon help om klein sakeondernemings te begin wat in die vervaardiging van huishoudelike higiëneen sanitasieprodukte spesialiseer,“ sê sy.
Sy vertel verder dat jong entrepreneurs moet weet dat dit nooit maklik is om ’n nuwe sakeonderneming te begin nie, maar dat hulle nie moet moed verloor nie omdat hulle wel later die vrugte sal pluk.
Die Adjunkminister van Handel en Nywerheid, Bulelani Magwanishe, sê Kevali het die eer om die eerste onderneming te wees wat in die chemikalieë-, farmaseutieseprodukteen plastieksektor spesialiseer, wat sedert die inwerkingstelling van die Program vir Swart Nyweraars in 2016 goedgekeur is.
“Die maatskappy sal broodnodige werksgeleenthede aan die omliggende gemeenskappe van Harrismith bied, wat onder hoë vlakke van werkloosheid gebuk gaan,” verduidelik Adjunk-minister Magwanishe. " | "2018-07-ed1" | "afr" |
"Skep werksgeleenthede vir KZN-jeugdiges
" | "Hlengiwe Ngobese
" | "Vyf-en-twintig jongmense in KwaZulu-Natal het opleiding ontvang en werks geleenthede losgeslaan met die opening van die nuwe Mahindra-aanleg.
Die personeel het in vennootskap met internasionale Mahindra en die Mahindra-groep, asook AIH-logis tiek opleiding ondergaan en sal vir verdere opleiding na Indië gestuur word wanneer nodig.
Die proefproduksie van die fasiliteit is reeds aan die gang, en die beplande produksie van onge veer 2 000 voertuie per jaar, sal uiteindelik tot 4 000 voertuie per jaar toe neem.
"Die belegging is goed vir beleggersvertroue. Dit toon steeds dat KwaZulu-Natal bevorderlik vir beleggers is.
Dit stuur ook ’n boodskap aan mense wat dalk nog twyfel of Durban inderdaad ’n plek is om te oorweeg vir belegging,” het die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake Zikalala tydens die bekendstelling gesê.
Volgens hom sal die aan vanklike werksgeleenthede wat in hierdie onderneming geskep word, bydra tot die ontwikkeling van meer vaardighede in die provinsie.
Een van die werknemers is die gekwalifiseerde inge nieur Sithembiso Mthembu, wat sê dat hy baie bly is om ’n werk te hê.
"Ek sit al ’n jaar lank by die huis sonder werk. Hierdie geleentheid het my gehelp om vir my en my gesin te sorg. Hoewel ek ’n graad in meganiese ingenieurswese het, het ek nie veel geweet oor hoe om ’n motor te monteer nie. Die opleiding wat ons hier gekry het, het ons gehelp om selfvertroue en kundigheid te ontwikkel,” sê hy.
Mahindra se Hoof van Internasionale Bedryf sake, Arvind Matthew, sê die maatskappy beoog om 40 persent van die komponente vir die Pik Up-bakkie by plaaslike ver skaffers te verkry.
"Die montering van die Pik Up is die eerste stap in ons langtermynplan, waardeur ons werksgeleenthede en plaaslike verkryging in KwaZulu-Natal gaan verhoog,” sê hy." | "2018-07-ed1" | "afr" |
"Gemeenskap vier R21 miljoen se grondtransaksie
" | "Siya Miti
" | "Die gemeenskap het onlangs die titelaktes vir die grond ontvang, wat ingevolge die grondher-verdelingsprogram aan hulle terugbesorg is.
Volgens die Oos-Kaapse premier, Phumulo Masualle, is R21 miljoen aan die grondeistransaksie toegewys, wat in fases oorhan dig word.
“Dit is ’n beduidende stap met betrekking tot omgewingsbe waring en transformasie. Die fasiliteit word ontwikkel om op ’n regverdige grondslag met ander wildreservate mee te ding en die regering ondersteun die gemeenskap met befondsing en die skenking van wild, asook opleiding,” sê Masualle.
Die gemeenskap is mede-bestuurders van die reservaat saam met die Oos-Kaapse Parke-en-Toerismeagentskap (ECPTA) onder die vaandel van die Likhayalethu Communal Property Association (LCPA). Hulle het R6 miljoen van die Departement van Omgewing sake ontvang om ’n ekonomies haalbare wildsonderneming op die 1 400-hektaarwildsplaas te ontwikkel, wat deur die Departement van Landelike Ontwik keling en Grondhervorming vir hulle aangekoop is.
Die voorsitter van die LCPA, Mxolisi Ngesi, sê die gemeen skap het sy eis in 1998 ingedien. In 2012 het gemeenskapslede 23 500 ha ontvang, wat se dertdien deur die bykomende 1 400-hektaarwildreservaat aan gevul is.
“Ons is baie opgewonde, omdat ons uiteindelik alles gekry het wat ons wou hê. Die regering het vir ons befondsing vir infra-struktuur gegee. Ons het wild, onder andere 10 bergsebras, vyf hartbeeste en 10 elande,” vertel Ngesi. Hulle sal binnekort ook buffels en rooibokke aankoop.
Hy het bygevoeg dat die gemeenskap opleiding deur ECPTA ontvang om die wildreservaat te bestuur. “Die plan is om twee lodges te bou en ons is tans besig om veldwagterbasisse en ’n boma te bou waar die diere afgelaai kan word, sê Ngesi.
“Die oprigting van ’n 10 km heining en die toegangshek het 61 werksgeleenthede vir die gemeenskap geskep,” het die Minister van Omgewingsake, Edna Molewa, tydens die amptelike oorhandiging gesê." | "2018-07-ed1" | "afr" |
"As die lewe vir jou suurlemoene gee, boer daarmee
" | "Amukelani Chauke
" | "Een van die jongmense wat hulp gekry het by die Steunen Ontwikkelingsplan vir Boere, is Wayne Mansfield (33) van Paarl. Hy het as ʼn smous vir sy oom by Kaap stad se mark gewerk terwyl hy nog op skool was en nou voer hy sy eie suurlemoe ne uit waarmee hy boer op grond wat hy huur.
Mansfield het tien jaar gelede, toe hy ʼn 23-jarige entrepreneur was, ʼn geleent heid van die hand gewys om op ʼn plaas te werk waar hy suurlemoene aangekoop het om weer te verkoop. Hy was toe jonger en het nie veel in boerdery belangge stel nie.
ʼn Paar jaar later het hy eg ter van plan verander toe hy besef het dat daar ʼn groter aanvraag vir suurlemoene is.
“Ek het ook opgemerk dat plase doen wat die smouse doen — hulle verpak hulle eie voorraad en verkoop dit by Kaapstad se mark. Ek het besef dat daar binnekort nie ʼn goeie mark vir ons smouse sou wees nie,” sê hy.
Om en by 2013 het ’n plaaslike boer ingestem om Mansfield se mentor te wees en het 12 hektaar grond aan hom verhuur. Hy het ook ʼn besproeiingstelsel geïnstal leer sodat Mansfield kon ploeg.
In 2015 kon hy ongeveer 31 ton lemoene uitvoer en teen 2016 het dié getal gestyg tot 168 ton.
Danksy die mentorskap en hulp wat hy deur die Steunen Ontwikkelingsprogram vir Boere ontvang het, het hy ook in 2015 ʼn toelaag van die Omvattende Steun program vir die Landbou (CASP) ontvang. Hy kon sy on derneming uitbrei en het as ’n boer begin floreer.
Groeigeleenthede vir boereDie Steunen Ontwikkelings plan vir Boere is daarop gerig om die kapasiteit van histories benadeelde gemeenskappe en individue, veral begunstigdes van grondhervorming, te ver sterk. Dit maak voorsiening vir opkomende, bestaans-, kleinen kommersiële boere.
Die projekadministrateur vir landbouontwikkelingsdienste by die Wes-Kaap se Departe ment van Landbou, Shaheed Martin, sê die program help boere om selfonderhoudend te word.
“Ons help boere reg van die begin af. Dit sluit in hulp met die aansoekproses vir toelaag befondsing en, nadat hulle aansoeke goedgekeur is, help ons hulle met inwerkingstelling en produksie,” sê hy.
Hy verduidelik dat die departement ʼn holistiese benadering volg en volledige landbousteundienste, insluitend infrastruk tuursteun, bied.
“Ons het ekonome, wat vir die boere toegang tot markte gee sodra hulle gevestig is," sê hy." | "2018-07-ed2" | "afr" |
"NGV is ’n sprong na beter gesondheidsorg
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Motsoaledi het onlangs ʼn voorligtingsessie toege spreek waar hy die NGV-wy sigingswetsontwerp en die Wysigingswetsontwerp op Mediese Skemas bekend ge maak het.
Die Wetsontwerpe maak voorsiening vir beter toegang tot gesondheidsorg deur die NGV .
ʼn Wetsontwerp is ʼn kon sepweergawe van ʼn wet. Die meeste wetsontwerpe word deur ʼn regeringsdeparte ment, onder leiding van die betrokke minister, opgestel.
Die wetsontwerp moet deur die Kabinet goedgekeur word, voordat dit aan die Parlement voorgelê word.
Die bekendstelling van hier die twee wetsontwerpe bete ken dat Suid-Afrika een stap nader daaraan is om univer sele gesondheidsorg te bied, wat beteken dat die NGV bin nekort wet sal wees.
Die NGV is ʼn finansie ringstelsel waarvolgens alle Suid-Afrikaanse burgers toegang tot noodsaaklike ge sondheidsorg sal kry, ongeag hulle werkstatus en vermoë om ʼn direkte finansiële by drae tot die fonds te maak.
Motsoaledi sê die regering is pynlik bewus daarvan dat sommige mense glo daar is ʼn behoefte om die sukkelende openbare gesondheidsorg stelsel eers op te knap voor dat daar oor die NGV gepraat word.
Hy sê die regering is bewus van die probleme wat ervaar word met swak gehalte en ondoeltreffendheid in die openbare gesondheidsorg stelsel.
Motsoaledi sê die Nasiona le Ontwikkelingsplan het die aandag pertinent daarop ge vestig en dat die inwerking stelling van die NGV die swak gehalte van gesondheidsorg en die heersende koste van privaat gesondheidsorg die hoof sal bied.
Terwyl daar debat gevoer word oor die wysigings tot die wetsontwerpe, sal die departement minstens vier NGV-projekte in werking stel. Dit sluit in skoolgesond heid, geestesgesondheid en swanger vroue met gekom pliseerde swangerskappe by 22 hoogs geaffekteerde hospi tale. Dit sluit ook onkologie in, met spesifieke hulp aan Gauteng en KwaZulu-Natal, maar die ander provinsies sal nie geïgnoreer word nie.
Motsoaledi sê verder dat die koste van privaat ge sondheidsorg buite die bereik van baie burgers is en dat die voormalige Hoofregter San dile Ngcobo deur die Mede dingingskommissie aangestel is om ʼn markondersoek te lei oor die koste van privaat ge sondheidsorg.
“Die wysigings wat ons bekendstel is daarop gerig om broodnodige verligting te bring vir pasiënte wat in ernstige finansiële nood ver keer,” sê hy.
Motsoaledi sê dat die eerste wysiging tot die Wetsont werp bybetalings sal afskaf.
Bybetalings beteken dat die skema ʼn gedeelte van die re kening betaal wat ʼn verskaf fer — hetsy ʼn hospitaal of pri vaat dokter — aan die pasiënt hef. Die res van die fondse is veronderstel om deur die pasiënt, uit eie sak, betaal te word." | "2018-07-ed2" | "afr" |
"Help vroulike boere om te floreer
" | "vukuzenzele unnamed
" | "dat hulle Graad 12-uitslae wel aan die toegangsvereistes voldoen. Om een of ander rede nie betyds aansoek gedoen het nie of glad nie aansoek gedoen het nie. Geen idee het wat om na matriek te studeer nie. ʼn Idee het wat om na matriek te studeer, maar nie seker is of die studiekeuse die regte loopbaan vir hulle is nie.Dienste wat deur die SAKK gebied word Aansoeke vir NOOS-leergeleenthede, bv by universiteite, universiteite van tegnologie, tegniese- en beroepsonderwys en opleidingskolleges (TVET) en sektoronderwys- en opleidingsowerhede (SETAS). Inligting oor fi nansiële steun (NSFH). Loopbaanontwikkelingsdienste (voorligting, inligting, raad en loopbaanbeplanning/-inligting oor befondsings- en fi nansieringsopsies). Steun vir ambagsmanne (Nasionale Ontwikkelingsentrum vir Ambagsmanne). Die SAKK se dienste begin op 3 Januarie 2018, kort voordat die NSS-eksamenuitslae vrygestel word en sal tot aan die einde van Februarie 2018 beskikbaar wees. Hoe werk die SAKK? Fase 1: Studente wat nie toelating gekry het tot die instansies waar hulle aansoek gedoen het nie, of wat op soek is na NOOSleergeleenthede, kan die SAKK kontak deur hul tolvrye nommer (0800 356 635), die webtuiste (www.dhet.gov.za) of deur ʼn standaard SMS (SMS naam en ID na 49200) of hulle kan aanlyn registreer. Studente kan ook hul Facebook-blad, wat CACH_SA is, besoek vir meer inligting.Fase 2: ’n Agent sal die voornemende student kosteloos terugskakel vanaf die kontaksentrum en alle versoekte besonderhede op die SAKK-databasis aanteken. Dit sal die aansoeker se gekose studierigting en die provinsie waar hy of sy wil studeer, aandui. Fase 3: Die aansoeker se persoonlike besonderhede en matriekuitslae sal bevestig word en outomaties aan hoër onderwysinstansies vir moontlike toegang en plasing, gestuur word. Fase 4: Die SAKK-diens sal die leerder se inligting nagaan en aan die instansies wat plek beskikbaar het, stuur. Instansies waar daar plek is en waar aansoekers aan die vereistes voldoen, sal aansoekers dan direk kontak. Neem kennis Die SAKK kan nie aan enige aansoeker toelating om te studeer waarborg nie. Die SAKK kan nie bepaal wanneer die instansies die aansoeker vir moontlike plasing sal kontak nie. Hoe help die SAKK aansoekers wat nie seker is wat hulle wil studeer nie of diegene wat nie aan die vereistes voldoen om die NOOS-stelsel te betree nie? Die SAKK-diens werk ook saam met die Nasionale Loopbaanontwikkelingsdienste (CDS in Engels) wat help om omvattende loopbaaninligting en raad oor die volgende te verskaf: Loopbane en leerbane Vakkeuse Inligting oor hereksamens Matriekopgradering Studiegeleenthede wat deur die NOOSstelsel
aangebied word Befondsings- en fi nansieringsopsie (NSFH-inligting) Inligting oor aansoekprosesse en sluitingsdatums Aansoek- en registrasiedatums in die tweede semester. Enigiemand wat in die dienste wat deur die CDS gebied word belangstel, kan die CDS-hulplyn deur die volgende kanale kontak: SMS jou vraag of stuur ʼn ‘please call me’ na 072 204 5056, of Skakel 086 999 0123, ʼn oproepdeellyn, van Maandag tot Vrydag tussen 8:00 vm. en 4:30 nm. Stuur ʼn e-pos aan [email protected] Besoek ons
kantoor by Francis Baardstraat 123, Pretoria. Besoek Facebook by www.facebook.com/careerhelp, of Besoek Twitter by www.twitter.com/rsacareerhelp. Befondsingsgeleenthede deur die regering Daar is verskillende befondsingsgeleenthede beskikbaar vir studie by hoëronderwysinstansies, aangebied deur: die Funza Lushaka Beursskema, die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFH), die Plattelandse Onderwystoegangsprogram, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Departement van Gesondheid. Wie behoort aansoek te doen vir fi nansiële steun? Suid-Afrikaanse leerders wat by hoëronderwysinstansies wil studeer word uitgenooi om die fi nansiële steunkantoor by die instansie van hulle keuse te besoek" | "2018-08-ed1" | "afr" |
"Vol magies is gelyk aan beter punte
" | "More Matshediso
" | "Ongeveer R5 703 miljard is in die 2015/16-boekjaar aan die program toegewys. Rakwena sê dat die bedrag wat aan die program bestee word, jaarliks aangepas word om inflasie te dek en dat die begroting vir 2017/18 ongeveer R6,4 miljard is. Die program verlig kort- termyn honger en dra by tot die leerders se welstand.
“Baie kinders kom uit arm huishoudings wat sukkel om kos op die tafel te sit en vir sommige leerders is die skoolmaaltyd hul enigste maaltyd van die dag. Skool- maaltye dra by tot leerkapa- siteit, beter konsentrasie en klasdeelname,” sê sy.Skoolinskrywings en leer-derbywoning word ook danksy die voedingspro- gram, verbeter.
Die Kabinet het onlangs die publikasie van die Ver- slag oor die Evaluering van die NSVP, wat deur die De- partement van Beplanning, Monitering en Evaluering (DPME) opgestel is, goedge- keur. Dit beskryf in hooftrek- ke die stappe wat geneem kan word om die inisiatief te verbeter. Die Direkteur van Evaluering by die DPME, Jabu Mathe, sê die hoofdoel van die evaluering is om te bepaal of die NSVP op so ʼn wyse geïmplementeer word dat dit moontlik beduidende gesondheids- en opvoedkun- dige voordele vir leerders inhou.Hy beklemtoon dat die pro-gram hoofsaaklik daarop ge- rig is om die gesondheid- en voedingstatus van die arm- ste leerders in Suid-Afrika te
verbeter. Die program teiken al die leerders in Suid-Afri- ka in kwintiel 1 tot 3 open- bare skole, wat 60% van die armste skole in Suid-Afrika insluit.
Die program help ook om armoede in gemeenskppe te verlig deur werkskepping.“Die evaluering het aan- gedui dat die NSVP jaarliks aan meer as 50 000 vrywil- lige voedselhanteerders die geleentheid gee om vir leer- ders kos te maak en dat hul- le sodoende R960 per maand verdien,” sê Mathe.
“Dit herlei na R576 miljoenper jaar in besoldigings wat gemeenskapslede bevoor- deel.” Die program stimuleer ook ekonomiese aktiwiteit, aan- gesien klein-, medium- en mikro-ondernemings en ko- operatiewe as diensverskaf- fers voordeel trek in provin- sies met gedesentraliseerde verkryging (KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga en die Noord-Kaap). “Die plaaslike verkry-ging van groente het die potensiaal om skole en ge- meenskappe te bevoordeel en om plaaslike landbou te stimuleer.Die verslag het ook getoondat die Wes-Kaap, Mpuma- langa, Gauteng, die Oos- Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes oor die jare die program die beste uitgevoer het het.
" | "2018-08-ed1" | "afr" |
"Ngaleka se wonderbestanddeel vir voorspoedige besigheid
" | "Hlengiwe Ngobese
" | "te plant, het sy nie geweet dat sy eendag ʼn boerdery sou besit wat produkte aan plaaslike winkels en skool- voedingsprogramme sou verskaf nie.
Ngaleka (67) is van KwaXolo in Port Shepstone, KwaZu- lu-Natal.
Sy boer met spinasie, kool, wortels, tamaties, uie, sui- kerbone en piesangs. Haar besigheid het in 2016, by die KwaZulu-Natal Departement van Landbou se Vroulike En- trepreneurstoekennings, die toekenning vir beste selfstan- dige produseerder, gewen.
Ngaleka sê dat sy groente
begin plant het om haar gesin te help om vars kos te kry, maar dat haar passie vir boer- dery haar aangevuur het om ’n besigheid te begin. Sy het ook twee plaaslike vroue aangestel om haar op die plaas te help. “Ek boer tans op twee hektaar grond, maar dit is nie genoeg nie. Mense wil my groente hê omdat ek nie chemiese bemes- ting gebruik nie. Ek gebruik veekraalkompos,” sê sy.
Ngaleka, ʼn voormalige on- derwyseres, sê dat sy ʼn passie vir boerdery ontwikkel het terwyl sy ’n onderwyser by Gcilima Laerskool was.
“Ek het altyd wanneer ek van die skool af gekom het, na die landerye toe gegaan. Ek was behep met gesond eet. Toe ek aftree-ouderdom bereik het, wou ek in my vrye tyd net boer.
“Ek het begin met spinasie, kool en beet en dit aan die
plaaslike kliniek verkoop. Ek het elke dag al my voorraad verkoop. Dit het my gemo- tiveer om selfs meer aan te plant,” sê sy.
Ngaleka verduidelik dat groenteboerdery sy uitdagings het.
“Groente is nie populêr onder baie boere nie, want die weer moet perfek wees. Dit moenie te koud of te warm wees nie,” sê sy.
Ngaleka het met die winste wat sy deur haar boerdery gemaak het, drie bykomende hektaar grond gekoop, waar sy teebome aanplant.
“Ek het ook ’n mark gevind waar ek hierdie spesiale bome sal verskaf. Essensiële olies waarmee velprobleme soos veluitslag behandel word, word van teeboom-olie ge- maak.”
Ngaleka moedig vroue aan om boerdery te begin, veral aangesien dit baie voordele inhou.
“Jy kan dit in jou eie erf doen en dan verder uitbrei. “Die wêreld is vol geleenthede vir vroue.”
" | "2018-08-ed2" | "afr" |
"Yoliswa se kralewerk lei na sukses
" | "Dale Hes
" | "in die Oos-Kaap, tot die ont- dekking van ʼn passie vir kuns en handwerk, wat daartoe ge- lei het dat sy werksessies aan- bied om haar vaardighede met werklose vroue te deel. Fuma is in ʼn township buite Queenstown in die Oos-Kaap gebore en het ʼn klein huisie met 15 gesinslede gedeel.
“My gesin kon nie bekos-
tig om my skool toe te stuur nie. Ek moes sonder formele onderrig my eie weg vind om ʼn inkomste te verdien,” sê Fuma.
Sy het baie ure spandeer om te leer hekel en na Kaapstad verhuis om by haar suster te bly. Fuma het haarself toe geleer hoe om kralewerk te doen en na groener weivelde in Mbekweni, Paarl verhuis.
“Baie mense het begin na- vraag doen oor kralewerk. Ek het toe na ʼn paar kralepro- dukte gekyk en hulle stap- vir-stap uitmekaar gehaal om te sien hoe hulle gemaak is. Ek het myself geleer hoe om my eie produkte te maak en hulle by die Ikwezi-sentrum in Paarl begin verkoop,” sê sy. Fuma was een van die 20 ontluikende handwerkpro- dusente wat deur die Plaasli- ke Toerismevereniging van Drakenstein (DLTA) gekies is om ʼn opleidingsprogram wat oor vier dae strek, by die Instituut vir Handwerk en Ontwerp (CDI), by te woon. Die program het deelnemers geleer om voorbeelde van marktoepaslike produkte te maak wat hulle sal help om hulle eie besighede te ont- wikkel.
“Die werksessies het ons
geleer hoe om ons eie besig- heidsplanne te ontwikkel. Ek is baie dankbaar vir die
geleentheid, aangesien ek nou weet hoe om my eie besigheid te ontwikkel,” verduidelik Fuma.
Haar gehekelde en kraal- produkte word nou deur klante tot so ver as Duitsland en Swede, gekoop.
“Dit was soms moeilik, maar danksy die CDI en die munisipaliteit se ondersteu- ning kon ek begin geld maak en my vier kinders onderhou. Baie van my drome word ver- wesenlik,” sê Fuma.
Sy het besluit dat sy haar kennis en vaardighede aan werklose vroue in die gebied wou oordra, sodat hulle ook kon begin om 'n inkomste te genereer om hulle gesinne te onderhou.
“Ek doen tans opleiding en hou werksessies by my huis vir drie ander vroue wat nie werk het nie. Ek hoop dat ek hulle binnekort as werkne- mers kan aanstel,” sê Fuma." | "2018-08-ed2" | "afr" |
"Plaaslik is 'lekker' vir oorsese besoekers
" | "Dale Hes
" | "Die inisiatief, wat saamval met Toerismemaand, maak gebruik van ses spanne wat uit die townships van Them balethu en Pacaltsdorp gekies is om gasheer te wees vir oorsese toeriste deur 'n drie gang-maaltyd voor te berei en te bedien.
Ter voorbereiding het die spanne opleidingsessies by gewoon waar hulle meer ge leer het oor toerisme en spy seniering.
Hulle het vaardighede ge leer wat hulle sal help om hul eie ondernemings te begin en te bestuur, met die einddoel om suksesvolle inkomste-ver dieners binne die toerismebe dryf te word.
Nomzamo Entile (31), wat deel is van die ses spanne, lei die Explore our Hood-span, wat in Thembalethu geleë is.
Entile het Explore our Hood begin om 'n gees van samesyn in George te bevorder.
"Ons het opgemerk dat daar 'n kloof tussen die verskillen de gemeenskappe van Geor ge bestaan. Ons wil hê mense moet na die townships kom sodat hulle kan sien ons het 'n lewendige Xhosa-kultuur, wat hulle self kan ervaar," het Entile gesê.In die aanloop tot Toeris memaand het die span reeds twee suksesvolle toetslopies voltooi, waar hulle gasheer was vir besoekers uit die toe rismebedryf.
"Ons is gereed en baie opge wonde om gasheer te wees vir oorsese toeriste. Ons hoop dat dit deure sal oopmaak vir ons almal om ervaring op te doen in die toerismebedryf, en dat dit ook sal wys dat Suid-Afri ka se townships baie het om vir buitelandse en plaaslike toeriste te bied," het Entile gesê.
George se Toerismebestuur der, Joan Shaw, verduidelik dat die program 'n verskei denheid van kulture bekend sal stel.
"Ons Dine with a Local-pro gram verteenwoordig die reënboognasie, wat tot vyf verskillende kulturele erva -rings bied, naamlik isiXhosa, Tshivenḓa, Khoi, Kaaps-Ma leisies en 'n plaaslike Snoeken Patat-seekoservaring, het Shaw gesê.
Na afloop van die aand sal die spanne volwaardige be sighede word wat dienste aan George se Toerismeburo bied, wat weer op sy beurt die er varings wat aangebied word sal bemark en besprekings sal hanteer." | "2018-09-ed1" | "afr" |
"Limpopo se Departement van Gesond heid neem borsvoeding na hoër hoogtes
" | "Kanego Lewele en More Matshediso
" | "Dit is omdat daar op die meeste werkplekke nie ge skikte ruimtes vir nuwe moeders is om hul kinders te borsvoed gedurende werk sure nie; hulle word dus ont moedig om met borsvoeding vol te hou omdat hulle die grootste deel van die dag by die werk is sonder hul babas.In 'n poging om hierdie uit daging die hoof te bied, het Limpopo se Departement van Gesondheid die eerste borsvoedingen uitmelk kamer in sy kantore bekend gestel.
Die borsvoedingskamer is deur die LUR, dr Phophi Ra mathuba, van stapel gestuur.
Dit is vernoem na Mama Albertina Sisulu, wie se eeufeesjaar ook hierdie jaar gevier word.
Daar word gehoop dat die kamer nie net werkende moeders wat borsvoed sal ondersteun nie, maar dat dit ook ander departemente sal aanmoedig om vroue wat in die werkplek borsvoed te ondersteun.
Werknemers by die depar tement kan ook hul baba-op passers vra om hul babas na die werkplek te bring sodat hulle hul babas tydens die middagete-pouse kan bors voed. Die kamer sal ook ge bruik word deur moeders wat tydens werksure wil uitmelk.
Een van die departement se werknemers, Mpho Kutume la, die ma van ’n 11-maande oue tweeling, 'n seun en ’n meisie, is opgewonde oor die fasiliteit.
"Die borsvoedingskamer sal vir ons as moeders nuttig wees, want dit sal ons ook die geleentheid bied om ons borsmelk uit te melk in 'n be vorderlike omgewing," het sy gesê.
Moeders met babas wat die departement om enige rede besoek, sal ook toege -laat word om die kamer te gebruik om hul kinders te borsvoed.
LUR Ramathuba het gesê die Albertina Sisulu-bors voedingskamer is die enig ste van sy soort in die pro vinsie.
Die LUR hoop dat hierdie inisiatief sal bydra tot die bevordering en beskerming van eksklusiewe borsvoe dingspraktyke met die doel om optimale kindergesond heidsontwikkeling te bereik.
"Borsmelk bevat al die voe dingstowwe wat babas no dig het en kan nie kunsma tig gereproduseer word nie," het die LUR gesê.
Voordele van borsvoeding
• Borsmelk bevat teenliggaampies wat help om jou baba teen virusse en bakterieë te beskerm.
• Borsvoeding verminder jou baba se risiko om allergieë te hê.
• Babas wat uitsluitlik vir die eerste ses maande geborsvoed word, het laer risiko's van infeksies, respiratoriese siektes en diarree." | "2018-09-ed1" | "afr" |
"Branderplanke hou kinders uit die strate
" | "Vuyo Ndlovu
" | "Surfers Not Street Children is 'n organisasie wat gra tis branderplanklesse aan straatkinders en agtergeble we jeugdiges in die midde stad bied.
Die organisasie is 'n direk te poging om hawelose kin ders te help en te verseker dat die jeug iets positiefs met hul lewens doen.
Die eThekwini Munisipa liteit het onlangs hierdie or ganisasie ondersteun deur 10 branderplanke te skenk.
Die planke is ontwerp vir ontwikkelingsdoeleindes en is van sponsrubber gemaak wat beginners help om bo die water te bly.
Die bestuurder van die munisipaliteit se Depar tement van Sporten Ont spanningsontwikkeling, Teddi Adams, het gesê hier die borde sal aspirant-bran derplankryers help.
"Die skenking is deel van die munisipaliteit se strate gie om sport te ontwikkel en te verseker dat alle jeugdi -ges, ongeag ras of klas, toe gang het tot fasiliteite wat hulle sal help om in hul ge kose sportsoort te presteer."Langelihle Nkosi (16), 'n branderplankryer, bedank die munisipaliteit vir die skenking.
"Ek geniet die brander planklesse baie, want dit help my om fiks te word en dit is lekker om op die branders te ry." Nkosi moe -dig ander aspirant-brander plankryers aan om deel te neem en meer oor die sport te leer.
Sandile Mqadi, ’n bran derplankafrigter van die Surfers Not Street Childrenklub, het gesê die organisa sie is daarop gerig om vir kinders branderplankvaar dighede te leer as 'n manier om hulle van die strate af te hou."Ons bied ons diens aan vir straatkinders, asook jongmense uit voorheen benadeelde gemeenskap pe. Ons dienste is gratis en jongmense van vyf tot 23 jaar oud is welkom," het Mqadi gesê.
Hy het bygevoeg dat die branderplanke wat deur die munisipaliteit geskenk is, hul pogings ’n hupstoot sal gee en meer kinders in staat sal stel om by die pro gram aan te sluit.
Die Surfers Not Street Children-klub bied bran derplanklesse aan van Maandag tot Vrydag om 08:30 en weer om 13:30.
Belangstellendes kan by Surfers Not Street Children se kantoor by Noordstrand registreer.
Die munisipaliteit het ook ’n bykomende 10 brander planke aan die KwaZu lu-Natalse Branderplank federasie geskenk. " | "2018-09-ed1" | "afr" |
"Die registrasie van gebruiklike huwelike beskerm gesinne
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Die Kommissie vir Geslagsge lykheid se regsadministrateur, Marissa van Niekerk, verduide lik gebruiklike huwelike en die belangrike faktore wat mense in gedagte moet hou.
Vuk: Wat is gebruiklike huwe like?MvN: Gebruiklike huwelike word gesluit ooreenkomstig die gebruike wat tradisioneel onder Suid-Afrikaners waar geneem word.
Vuk: Aan watter wette moet hierdie huwelike voldoen?MvN: Gebruiklike huwelike word deur die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 gere -guleer. Die volgende vereistes moet nagekom word:
■ Beide partye moet instem tot ’n huwelik met mekaar.
■ Die gades moet albei ouer as 18 jaar wees, tensy die ouers of wettige voogde toestemming verleen wanneer een of albei partye minderjariges is.
■ Die huwelik moet binne drie maande by die De partement van Binnelandse Sake geregistreer word om die belange van die gades, kinders en familielede te beskerm in geval van eg skeiding of dood.
■ By die registrasie van die huwelik moet die gade kopieë van hul identi teitsdokument en 'n lobo la-ooreenkoms indien (in dien beskikbaar). Minstens een getuie van elke gesin moet ook teenwoordig wees.
■ 'n Man wat 'n tweede hu welik met 'n ander vrou wil aangaan, moet by die hof aansoek doen.
■ Mense wat reeds in ’n siviele huwelik is, kan nie 'n gebruiklike huwelik aangaan nie.
Die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike verklaar dat beide partye in die huwelik gelyke regte het as man en vrou.
Vuk: Wat is die potensiële probleme wat met gebruiklike huwelike verband hou?MvN: Nie-registrasie kan be duidende probleme veroorsaak. Registrasie is ’n bewys dat die huwelik bestaan; om dus te probeer bewys dat 'n ongere gistreerde huwelik bestaan, is moeilik. Dit sal ’n invloed hê op die hof se vermoë om die regte van gades in geval van ’n egskeiding te beskerm, asook die erfenis van 'n oorledene se boedel en die regte van kinders en familielede.
Nog 'n moontlike probleem is dat partye by 'n gebruiklike huwelik dikwels egskeiding vewar met huweliksmaats wat mekaar verlaat. Dit is belangrik om daarop te wys dat slegs 'n hof met behoorlike jurisdiksie 'n egskeiding toestaan. Getroude paartjies wat mekaar verlaat, sal nie baat by die wetlike reëls wat die einde van 'n huwelik reguleer nie ." | "2018-09-ed2" | "afr" |
"Sithibe leef haar beste lewe met albinisme
" | "Galoome Shopane
" | "Sy dra haar vel trots en laat nie negatiewe stereotipes toe om haar te definieer nie.
"Dit is belangrik dat mense soos ek nie toelaat dat ander hul identiteit definieer nie. Dra jou vel trots omdat jy wonderlik ge maak is," sê sy.
Sithibe (28) van Kroonstad in die Vrystaat, verduidelik dat albinisme, wat ’n oorerflike toe stand is, beteken dat minder melanienpigment in die persoon se vel, hare en/of oë gevorm is.
"Ons is nie die ‘muthi’ of vreem delinge soos men se dink ons is nie.
Ons is mense net soos al die ander. "Sithibe het verskillende rolle. Sy is 'n model wat ook mode gebruik om bewustheid oor albinisme te verhoog. Hierbenewens, is sy 'n aktivis vir mense met gestremd hede in die Vrystaat.
Sy sê sy het grootgeword met 'n liefdevolle gesin wat haar nooit anders laat voel het of vir haar minder liefde gegee het omdat sy albinisme het nie."Ek het nie verstaan waarom my velkleur anders was as ander mense s’n nie, hoekom elke keer as ek uitgaan, mense my name noem en na my staar asof ek 'n vreemdeling is nie."Die stigma wat aan albinisme kleef, het Sithibe meer dankbaar gemaak vir haar gesin, en sy sê dit is aan hulle te danke dat sy vandag ’n sterk en selfversekerde vrou is.
Een van Sithibe se trotsste pre stasies is die feit in dat sy as Mej.
Vrystaat Albinisme gekroon is en gekies is as een van die finaliste vir die gesig van die Vrystaatse Modeweek 2018.
September is Albinismbewust heidsmaand en Sithibe sê dit sal haar baie gelukkig maak as meer mense met albinisme die vrymoedigheid het om sukses in die modelbedryf, asook ander sektore te behaal .
Sithibe leef haar beste lewe met albinisme Hoe moet mense met al binisme hulself oppas?Vermy blootstelling aan die son tydens die spitsye van sonligintensiteit (09:00 tot 15:00).
• Dra beskermende klere met breërandhoede en hemde of rokke met ’n kraag en lang moue.
• Gebruik sonskerm op al die dele van jou vel wat aan die son blootgestel word, ten minste SPF 30, en herhaal dit elke twee uur wanneer jy in die son is.
• Besoek jou dokter gereeld vir oogen velondersoeke.
• Dra ’n sonbril wanneer jy aan die son blootgestel word.“Ons is nie ‘muthi’ soos mense dink ons is nie. Ons is mense net soos al die ander.”" | "2018-09-ed2" | "afr" |
"Die regering bring verligting vir huishoudings
" | "Dale Hes
" | "Nulgradering is daarop gerig om verligting te bring aan lae inkomste huishoudings, wat 'n hoë persentasie van hul inkom ste aan huishoudelike goedere bestee.
Nulgegradeerde items word vrygestel van die 15% belasting op toegevoegde waarde (BTW). Die doel is om Suid-Afrikaners te help om geld te bespaar.
Daar is 19 basiese kosse wat vrygestel is van BTW. Dit sluit onder meer in: mielies, stamp mieleis, rys, bruinbrood, vrugte, groente, sardyne en eiers.
Daarbenewens is items soos diesel, petrol en paraffien, asook sekere dienste, insluitend huur verblyf, spooren padvervoer en opvoedkundige dienste, ook vrygestel van BTW.
In Februarie het die regering aangekondig dat BTW van 14% tot 15% verhoog word. Die re gering het erken dat dit armer huishoudings onder meer finan siële druk sal plaas.
Om die stygende lewenskoste te verlig, het die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, 'n pa neel aangestel om aanbevelings te maak oor watter bykomende huishoudelike items ook van BTW vrygestel moet word.
Na intensiewe navorsing en openbare konsultasies het die paneel aanbeveel dat die volgende items ook by die lysgevoeg moet word:WitbroodWit meelKoekmeelSanitêre produkteSkooldragBabadoekeDie paneel het die Nasionale Tesourie ook aangemoedig om te verseker dat al die voordele van nulgradering na verbrui kers eerder as produsente gaan.
Die paneel het ook ander ma niere aanbeveel om arm huis houdings te help, byvoorbeeld die versterking van regerings programme soos voedingshulp, gratis voorsiening van sanitêre produkte en maatskaplike toe laes as gebiede waar die rege ring se besteding verhoog kan word.
Minister Nene het in sy begro tingsrede gesê die regering sal aandag daaraan gee om te verseker dat die armste armes nie die swaarste deur die BTWkoers getref word nie ." | "2018-09-ed2" | "afr" |
"Alles wat jy moet weet oor hoe om ’n B&B te begin
" | "Dale Hes
" | "Wat is 'n B&B?Volgens die Toerismegraderingsraad van SuidAfrika voorsien B&Bs informele verblyf met beperkte diens in 'n privaat woning aan besoekers.
Elke kamer moet eksklusie we gebruik van badkamer -geriewe hê, en ontbyt moet by die verblyftarief ingesluit word. Daarbenewens moet die kamer elke dag van die gaste se verblyf skoongemaak word.
‘n Bed-en-ontbyt mag ’n maksimum van drie gas tekamers hê. As jy meer as drie gastekamers het, moet die onderneming as ‘n gastehuis beskryf word.
Deur watter prosesse moet jy gaan om jou eie B&B te begin?Die eerste stap wat geneem moet word is om jou plaasli ke munisipaliteit te nader om aansoek te doen vir so neringsvergunning om jou eiendom as 'n akkommoda sie-onderneming te gebruik.
Jy sal dalk ook toestemming van jou bure moet verkry, en kennisgewings vertoon om die publiek in kennis te stel van jou voorneme indien hulle besware wil indien.
Wanneer jy goedkeuring van die munisipaliteit ontvang, sal jy sekere wetlike vereistes moet nakom.
Belangrike dinge om te oorweegLigging – Die ligging van jou B&B is uiters belangrik. As jy in 'n gebied woon wat nie toeriste lok nie, sal dit moeilik wees om ’n suksesvolle onder neming aan die gang te hou.
Finansies – Toerisme kan hoogs seisoenaal wees, jy moet dus genoeg spaargeld hê om jou deur stil tye van die jaar te dra.
'n Nuwe lewenstyl – Jou leefstyl sal dramaties verander as jy die eienaar van 'n B&B word.
Jy sal dikwels vroeg moet op staan en laat gaan slaap, en jy sal moet aanpas by gaste wat jou huis deel. Jy moet ook aan dag gee aan instandhouding en jou gaste te alle tye tevrede hou.
Bemark jou B&B – Die toe rismebedryf is hoogs mede dingend; jy sal dus tyd en geld in die bemarking van jou B&B moet belê. Jy sal aan kreatiewe maniere moet dink om jou be sigheid te adverteer .
Vir meer inligting, skakel die Toerismegraderingsraad by 011 895 3000." | "2018-09-ed2" | "afr" |
"Gewone hut in ’n luukse spa omskep
" | "Nonkululeko Mathebula
" | "Thaini, wat in Botshabelo in die Vrystaat gebore is, se on derneming, Victory Body and Nail Studio, groei met rasse skrede en lok mense op soek na vertroeteling van regoor die streek.
Die 28-jarigeThaini vertel dat sy reeds op 19-jarige ou derdom Tupperware begin verkoop het, dat sy nog altyd passievol daaroor gevoel het om haar eie onderneming te kan bestuur, en dat sy bly is dat sy hierdie pad ingeslaan het.
“Ek het aanvanklik begin deur vir iemand anders in die bedryf te werk en dit is waar ek ervaring opgedoen het,” sê sy, en vertel verder dat sy kos metologie aan die Bloemfon teinse Motheo TBOO-kollege studeer het.
’n Ruk later was sy gereed om haar eie onderneming te begin, en sy het nog nooit weer teruggekyk nie. Haar onder neming vul ’n markleemte in Botshabelo en sy spog met ’n groeiende en lojale kliënteba -sis. Manikure, pedikure, mas serings, waksbehandelings en gesigsbehandelings word aangebied.
Foto’s van haar pragtige spa-in-’n-hut wat sy onlangs op sosiale media gedeel het, was ’n internet-sensasie, met talle mense wat Masakane se innovering loof en sê dat sy ’n inspirasie vir township-mei sies is Die spa word gehuisves in ’n blink, nuwe sinkhut wat maar bra ordinêr van buite af lyk, maar dit spog met ’n luukse interieur wat volmaak is vir spa-bederfsessies. “Die reaksie wat ek gekry het, is ongeloof lik. Ek is steeds verstom en geskok. Ek voel regtig geëerd deur die positiewe ondersteu ning wat ek van my gemeens kap en selfs mense van buite die Vrystaat ontvang.”Masakane is ’n weeskind en is deur haar tannie grootgemaak, wat ‘n pluimvee-onderneming besit het en ook lekkergoed, koeke en grondboontjies verkoop het: ’n duidelike te ken dat entrepreneurskap ‘n familie-kenmerk is.
“My uiteindelike droom is om my onderneming te sien groei tot ’n sakeryk wat werks geleenthede vir werklose men se sal skep en aan jongmense hoop kan gee wat jy enigiets in die lewe kan bereik, mits jy daarop fokus en hard werk,” sê Masakane.
Sy fokus nou daarop om haar onderneming te laat groei deur meer opleiding te kry sodat sy die verskeidenheid dienste wat sy aanbied, kan uitbrei." | "2018-10-ed1" | "afr" |
"Man-tot-man: Wees ’n man, my seun
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Die gewapende aanvaller het die seuntjie beveel om stil te lê en nie te kyk nie, maar hy kon steeds sy suster se gille hoor.
Ná die aanval het die man Tshepo en sy suster beveel om weg te hardloop en nie om te kyk nie. Terwyl hulle getrau matiseerd en in pyn huis toe loop, het sy suster hom laat belowe dat hy vir niemand van die verkragting sou vertel nie.
Mofokeng het sy belofte gestand gedoen, maar die geheim het hom baie verbitterd gelaat.
“Tydens my grootwordjare sou ek van tyd tot tyd die verkragter in Katlehong sien en ek het al hoe kwater geraak. Ek kon nie aanvaar dat hy met sulke optre de weggekom het nie.”Toe hy ’n ouer, sterker tiener word, kon Mofokeng nie meer sy woede beteuel nie en hy het sy suster se aanvaller aangerand wanneer hy hom ook al gesien het. Hy het van ’n vredelie wende kind in ’n aggressiewe jeugdige verander.
Twee dinge het Mofokeng van sy gewelddadige pad gered.
Eerstens is hy geseën met ’n pa en ’n broer wat geweet het dat geweld nie die antwoord is nie, en alhoewel hulle nie geweet het hoekom Mofokeng so opgetree het nie, kon hulle hom help om weer op die regte pad te kom.
Die tweede was die ingryping van die spoorwegpolisie wat Mofokeng se laaste aanval op sy suster se verkragter gesien het. Die verkragter se been is ge breek, maar Mofokeng het aan die spoorwegpolisie vertel wat die man jare vantevore gedoen het. Hulle het besluit om die jongman met slegs ’n waarsku wing te laat gaan. Die verkragter is hospitaal toe geneem en het nie enige klagte gelê nie.
Aanvalle op vroue is egter steeds ’n algemene verskynsel, en Mofokeng was al hoe meer bekommerd hieroor. Terwyl hy ’n student aan die Pretoria Technikon was, het hy gehelp om ’n klub te stig om mans te sensitiseer oor hul rol in die samelewing en in 2004 het hy die South African Men's Action Group (SAMAG) as ’n nierege ringsorganisasie geregistreer.
Vandag het SAMAG 10 vol tydse werknemers in diens en ’n voetspoor in Gauteng, die Vrystaat, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga. Die organisas ie is verbind tot die bevordering van maatskaplike verandering.
Hulle vernaamste boodskap is “Ware mans mishandel nie vroue nie” (‘Real men don’t abuse women’) . “Real staan vir Responsible , Enlightened , Arche typal (onberispelik) en Loving ,” sê Mofokeng.
“Die meeste mans is deur patriargie beïnvloed. Hulle is as kinders geslaan en verstaan nie hoekom hulle nie hul eie kinders op dieselfde manier mag grootmaak nie. In talle kulture is mans oorheersend en daar is ’n siening dat vroue op dieselfde vlak as kinders is; dit is dus aanvaarbaar om hulle op dieselfde manier te dissipli neer,” verduidelik Mofokeng.
Elkeen moet ’n rol speel om ingesteldhede te verander, sê Mofokeng.
Hy glo dat kinders grootge maak moet word sonder enige geslagstereotipering. Hulle moet as kinders, eerder as seuns en meisies, behandel word en vaders moet ’n aktiewe rol in hul kinders se lewens speel." | "2018-10-ed1" | "afr" |
"Jong ingenieurs kry praktiese padbou-opleiding
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Thabiso Dladla en Sumay Maharaj is assistent-resi dentingenieurs [ARI's] wat touwys gemaak word deur ervare kollegas by die terrein op die N2 tussen Mthunzini en eMpangeni aan die Kwa Zulu-Natalse Noordkus, waar opgraderings gedoen word.
"Ons het feitlik dieselfde funksies as die ARI's. Ons doen inspeksie, ons werk hoeveelhede uit, ons doen assistentopdragte en ter reinopdragte en ons ant woord enige ingenieursvrae wat die kontrakteur ons vra," sê Dladla. Maharaj, wat in August 2016 by die projek begin het en vroeër by SANRAL se Sentrum van Uitmun tendheid in Port Elizabeth sypaadjieen meetkundige ontwerp gedoen het, sê dat hy reeds baie kernbelangrike lesse geleer het sedert hy na die noorde verhuis het.
"Ek het geleer oor die kom plekse aard van siviele in genieurswese en hoe alles bymekaar kom om dinge te laat werk. Dit is nie net sypaadjie-ontwerp nie. Dis ook strukture, dreinering en meetkunde. Dit gaan basies daaroor om te leer hoe om alles bymekaar te sit en dit te laat werk," sê hy.
Dladla het omtrent 10 maande nadat hy by SAN RAL se opleidingsprogram aangesluit het, by die projek betrokke geraak.
Hy is opgewonde om aan dié uitdagende projek te werk, wat hy as redelik di vers beskryf en wat verskeie brûe en deurlate insluit.
"Ek is by die inspeksies be trokke en ek help die kon trakteurs waar hulle duide likheid oor die tekeninge vra.
Wat die grondwerk betref, doen ons ook inspeksies op die opvulmateriaal en sub graad. Ons het onlangs begin om die teerwerk te doen, so ons wend die basis wat met Bitumen behandel is aan en ons doen inspeksies van al die werk wat deur die kon trakteur gedoen is," sê hy.
Sumay sê die projekwerk is nie sonder uitdagings is nie.
"Ek dink die belangrikste is dat die ontwerpkantoor an ders as die bouterrein werk.
Daar is soms misverstande ten opsigte van inliting, ver al met tekeninge, onvolledi ge tekeninge en sulke soort dinge. Dis hoekom dit kern belangrik is vir ingenieurs personeel om op die terrein te wees om al hierdie vrae te beantwoord," sê Sumay. " | "2018-10-ed2" | "afr" |
"ONDERWYSLandelike leerders kry ʼn helpende hand
" | "More Matshediso
" | "Die Projek vir Landelike Onderwysassistente (REAP) is ʼn program wat oor drie jaar strek en wat van 2018 tot 2021 vir ʼn loodsfase in werking gestel sal word. Dit het ten doel om in hierdie tydperk omtrent 188 skole in Suid-Afrika, tot voordeel te strek.
Die departement hoop dat dit sal bydra tot die verbete ring van die gehalte van on derrig en leer in die landelike basiese onderwysstelsel.
Die program is tans in twee distrikte in elk van die drie onderpresterende landeli ke provinsies, geloods. Dit sluit in Alfred Nzo Oos en OR Tambo Kusdistrik in die Oos-Kaap, ILembeen UM zinyathidistrik in KwaZu lu-Natal en Sekhukhuneen Mopanidistrik in Limpopo.
Die Hoofdirekteur vir Kur -rikulumimplementering en -versterking by die Depar tement van Basiese Onder wys, Seliki Tlhabane, sê dat die departement ongeveer 750 jeugdiges met matriek gewerf het om Landelike Onderwysassistente by die skole te wees.
"Hulle het basiese opleiding ontvang wat hulle toerus om die take wat aan hulle toe gewys is, uit te voer. Hulle sal in die grondslagen oor gangsfase ontplooi word, wat graad 1 tot 4, insluit," verduidelik hy.
Daar word van die Lan delike Onderwysassistente verwag om te help met ʼn verskeidenheid aktiwiteite, veral die verbetering van syfervaardigheid, geletterd heid en leesvaardighede.
"Dit is ook ʼn manier om die jeug in ekonomiese de pressiegebiede deur vaar digheidsontwikkeling en werkervaring, te bemagtig," sê Tlhabane.
Hy sê dat daar van die Lan delike Onderwysassistente verwag word om die las van onderwysers by landelike skole te verlig deur te help met samewerkende kurri kulêre aktiwiteite soos die koördinering van huiswerk klubs, wiskundeklubs, lees klubs, kreatiewe kunsklubs en landbouprojekte.
Ntombikayise Mkhize, die hoof van Ozwathini Laer skool in die Nodwengu gebied in die Ilembedistrik, hoop dat die program sal help, want die meeste van haar leerders sukkel met leesen syfervaardigheid.
Ongeveer 387 leerders is hierdie jaar vir graad R tot graad 7 by haar skool inge skryf.
"Die meeste van ons leer ders kom uit huise waar kinders aan die hoof van die huishouding is, terwyl ander deur oumas en oupas versorg word. Hulle het niemand wat hulle met hul huiswerk kan help of hulle aanmoedig om te lees nie en dit beïnvloed hulle prestasie in die klas," verduidelik sy.
"Die ander probleem is dat ons leerders in die grond slagfase al hulle onderrig in IsiZulu ontvang en wan neer hulle na die oorgangs fase beweeg, moet hulle die meerderheid van hul vakke in Engels doen, so dit word 'n enorme uitdaging vir hulle om aan te pas."Ons sal, tydens die loodsfa se, die impak en sukses van die REAP-program meet, deur die program te kontro leer en te evalueer. Ons het ook ses werklose gegradueer des as projekkoördineerders in diens geneem. Hulle sal in elk van deelnemende dis trikte verteenwoordig word.
Die projekkoördineerders sal ons ook help om die projek te kontroleer en te evalueer.
Ons het twee jaar gelede die heel eerste landelike onder wys-tafelrondekonferensie op die gebied van basiese on derwys belê. By hierdie kon ferensie het verskeie studies aangedui dat, bo en behalwe ander uitdagings wat baie landelike skole in die gesig staar, daar kritieke vakante onderwysposte is, veral in Wiskunde en Natuurkunde vakke. " | "2018-10-ed2" | "afr" |
"GO GEORGE neem leiding om mense met gestremdhede te bemagtig
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Munisipaliteite regoor die land spring nou in om hier die probleem op te los en die George Plaaslike Munisipa liteit stel nuwe standaarde oor hoe openbare vervoer tot diens vir mense met ge stremdhede kan wees.
Die GO GEORGE bussnel vervoerstelsel (BSV-stelsel), wat deur 'n toelaag van die Nasionale Departement van Vervoer befonds word, het ʼn vloot van 35 minibusse, 36 standaard busse en 33 midi busse. Al hierdie voertuie is toegerus vir rolstoele.
Die standaarden midibus se is met elektroniese opritte, spesiale sitplekke en ander standaardeienskappe, toege rus. Spesiale aandag is aan die minibusse geskenk, wat, met die bekendstelling in 2015, die eerste in Suid-Afrika was om ʼn hysstelsel te gebruik om passasiers met rolstoele op te hys. Hulle het ook 'n rolstoel bergplek en hidrouliese deure wat dit maklik maak vir ge stremde passasiers om in die bus te klim. "Dit is die enigste bus diens in Suid-Afrika wat heeltemal toeganklik is," sê GO GEORGE se bestuurder, James Robb.
"Hierdie is een van die kernpilare van die GO GEORGE-stelsel. Dit is van kritiese belang dat elke per soon in George toegang tot openbare vervoer het om by hul werkplekke te kom, inkopies te doen, godsdiens te beoefen, en om ontspan ningsplekke en dienste soos gesondheidsorg te bereik.
"Passasiers met spesiale be hoeftes waardeer dit dat hulle behoeftes in ag geneem word, asook dat daar begrip is vir hul stryd om by plekke uit te kom en dat reisvaardig heid hulle meer onafhanklik maak." Rodrique Felix, een van die busdiensgebruikers, was 18 maande gelede in ʼn motorfiets ongeluk betrokke. Hy is tans in ʼn rolstoel, maar sê dat die bus diens dit vir hom maklik ge maak het om by die hospitaal te kom.
"Trouens, die hele stad van George is uiters rolstoelvrien delik, wat ʼn groot voordeel is," sê Rodrique.
Die munisipaliteit het ook verskeie ander ondersteuning stelsels vir mense met spesiale behoeftes, insluitend ʼn Read Speaker-funksie op die munisi pale webwerf wat teks in klank omsit.
" | "2018-11-ed1" | "afr" |
"Ambisie kry mense met spesiale behoeftes agter die stuurwiel
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Een van hierdie geleenthede is om te leer om ʼn voertuig te bestuur, maar ʼn unieke program deur die KwadPara-vereniging van Suid-Afrika (QASA) het 120 mense met gestremdhede geleer om aangepaste voertuie te bestuur en 80 van hulle het reeds hul bestuurderslisensies verwerf.
"Mense met gestremdhede staar dikwels enorme uitda gings betreffende beweging van plek tot plek in die gesig, hoofsaaklik omdat hulle nie in staat is om meeste van die open bare vervoerstelsels te gebruik nie. Ons wou hierdie probleem oplos en, meer belangrik, mense geskik maak vir werk," sê QASA se HUB, Ari Seirlis, wat self ʼn parapleeg is. Dit is wat die idee van die Bestuurambisie-program , wat in 2013 van stapel gestuur is, geïnspireer het. QASA het met die motorverhuringsmaatskap py, Avis, onderhandel om men se met gestremdhede te leer om voertuie wat vir hulle behoeftes aangepas is, te bestuur.
"Avis het die behoefte verstaan en ook die waarde wat dit vir hulle sou inhou raakgesien, aangesien hulle voertuie met handkontroles verhuur. Hul le het ingestem om ons eerste voertuig wat vir bestuurslesse gebruik sou word, te skenk," sê Seirlis.
Aansoeke vir die program is beskikbaar vir kwadrupleë en parapleë wat reeds 'n leerlingli sensie het.
"Hulle word geassesseer deur ʼn arbeidsterapeut om seker te maak dat hulle sonder risiko, die behendigheid en vermoë het om met aangepaste kontroles, te kan bestuur. ʼn Middeletoets word dan gedoen om te bepaal hoeveel die deelnemers vir die program kan betaal en die res van die koste word befonds," verduidelik Seirlis.
Deelnemers kry ʼn volle reeks bestuurslesse, totdat hulle ge reed is om hulle toets af te lê.
Een van QASA se suksesver hale is Carol Khoza, wat ná ’n motorongeluk twee jaar gelede, ʼn parapleeg geword het.
"Openbare vervoer het vir my aaklig geword. Ek ont hou toe ek eenkeer in ʼn taxi geklim het, het hulle my in gelaai en my rolstoel buite gelos om meer passasiers kon te oplaai," sê Khoza. Khoza het, met die steun van die Bestuurambisie-pro gram, haar droom verwesen lik en 'n bestuurderslisensie gekry.
"Ek bedank QASA dat hul-le vir my, my vryheid, onaf hanklikheid en selfvertroue, teruggegee het."" | "2018-11-ed1" | "afr" |
"Neem kennis van verskillende soorte mishandeling
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Die Wet op Huishoude like Geweld verleen aan slagoffers van huishoude like geweld die maksimum beskerming wat die reg stelsel kan voorsien.
Mishandeling kan ver skillende vorms aanneem en dit is belangrik vir vroue om die verskillen de soorte mishandeling te verstaan om hulself te beskerm.
Huishoudelike geweld vind plaas wanneer ’n per soon onderwerp word aan:Fisiese mishandeling: Byvoorbeeld wanneer jy aangerand word of met geweld gedreig word.
Seksuele mishandeling: Wanneer ’n slagoffer verkrag word of gedwing word om vernederende seksuele dade uit te voer of te aanskou.
Emosionele, verbale en sielkundige mishandeling: Dit vind plaas wanneer ’n persoon onderwerp word aan voortdurende beledi gings, verkleinering of ge durig uitgeskel word.
Ekonomiese mishandeling: Dit kan byvoorbeeld gebeur wanneer ’n slagoffer daar van weerhou word om ’n inkomste te verdien.
Intimidasie: ’n Voorbeeld van intimidasie is wanneer ’n slagoffer dreigende of angswekkende boodskappe ontvang, byvoorbeeld deur SMS’e.
Teistering: Dit kan gebeur wanneer die slagoffer voort durende telefoonoproepe kry of gedurig dopgehou word op ‘n manier wat die slagoffer bang of bedreig laat voel.
Bekruipery: Dit is wanneer jou mishandelaar jou ge durig agtervolg of daarop aandring om met jou te praat teen jou wil.
Beskadiging van eiendom: ’n Voorbeeld is wanneer jou mishandelaar opsetlik jou eiendom beskadig sonder jou toestemming.
Enige ander beherende of mishandelende gedrag wat jou veiligheid, gesondheid of welsyn bedreig is onaan vaarbaar.
Die persoon wat jou mishan del kan enigiemand wees met wie jy ‘n huishoudelike ver houding het, hetsy ’n bloed verwantskap, ’n huwelik of deur aanneming. Dit sluit jou huweliksmaat, lewensmaat, aanneemouer of -kind, huis maat of ’n familielid in. Dit kan ook iemand wees met wie jy ’n verhouding gehad het, of iemand aan wie jy verloof was." | "2018-11-ed2" | "afr" |
"Kommunikasie is die sleutel tot kennis van jou kind
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Volgens Childline South Africa, ’n nie-winsgewen de organisasie wat kinders teen alle vorms van geweld beskerm en ’n kultuur van kinderregte in Suid-Afrika skep, moet ouers op ’n posi tiewe manier met hul kinders kommunikeer. Moenie op hulle skree nie; praat respekvol met hulle; gee vir hulle keuses; betrek hulle by die besluitnemings proses; leer hulle wat die verskil is tussen reg en ver keerd; en moedig hulle aan om hul gevoelens uit te druk.
Jy kan dit doen deur ge reelde gesinsvergaderings te hou waartydens almal praat en luister. Om met jou kinders te praat is die beste manier om hulle te leer en jy kan goeie gedrag aanmoedig deur dinge bloot met hulle te bespreek. Childline raai ouers aan om met aandag te luister en geduldig te wees omdat kinders nie altyd weet hoe om te sê wat hulle dink of voel nie.
Kinders moet weet wat is aanvaarbaar en onaanvaarbaarMaak seker dat jou kinders weet hoekom reëls nodig is en dat daar gevolge sal wees as hulle die reëls oortree. Wees al tyd konsekwent en pas hierdie gevolge toe. Wanneer kinders ouer word, moedig hulle aan om die reëls te bespreek en laat hulle toe om te help besluit wat die gevolge moet wees as hulle die reëls oortree. Prys jou kinders altyd vir goeie gedrag Deur vir jou kinders te vertel dat jy van die goeie dinge hou wat hulle doen, kan slegte gedrag verdwyn, want belonging het beter resultate as straf. Baie ouers beloon hulle kinders met speelgoed of lekkernye, maar die beste beloning is om liefde te betoon deur drukkies of ‘n glimlag en om te wys jy stel belang in hulle.
Bou van ’n goeie selfbeeldDit is deurslaggewend dat jy jou kind moet help om ’n goeie selfbeeld te bou. Jy kan kinders help deur hulle te prys as hulle hulp aanbied of wanneer hulle hul verbeel ding gebruik; prys ook hulle intelligensie en spelerigheid; moedig hulle aan om te praat, laat hulle spesiaal voel en laat hulle weet dat hulle spesiaal is. Wees ook betroubaar sodat hulle weet hulle kan altyd op jou staatmaak.
Skadelike gedrag is on aanvaarbaarDit is nooit aanvaarbaar om kinders skade aan te doen nie.
Skadelike optrede sluit in om vir hulle te skree, te vloek, te dreig en te verkleineer. Om voor ’n kind of vir ’n kind te vloek en te skel, kan hulle onseker en bedreig laat voel.
Moeilike of ‘spesiale’ kin ders kan dalk spesifieke probleme hê, soos aandagaf leibaarheidsversteuring of aandagafleibaarheiden hi perkatiwiteitsversteuring, wat kan beteken dat hulle ’n spesifieke dieet moet volg of bystand nodig het om hul medikasie gereeld te neem.
As ’n ouer of oppasser nie weet hoe om ’n kind se gedrag of spesiale be hoeftes te hanteer nie, kan hulle Childline skakel by: 0800 055 555 en vra om met ’n voorligter te praat." | "2018-11-ed2" | "afr" |
"Wenke om jou hierdie feesgety veilig te hou
" | "Dale Hes
" | "Bly veilig op die paaiePadongelukke neem dramaties toe oor die fees seisoen en eis honderde lewens. Om veilig te bly, maak seker dat:
• Jou motor nagegaan word voordat jy na jou bestem-ming ry, om te verseker dat jou motor in 'n goeie toestand is.
• Jy en jou passasiers altyd veiligheidsgordels dra.
• Jy elke twee ure ʼn ruskans neem as jy lang afstande bestuur.
• Jy die gebruik van alko-hol ten alle koste vermy wanneer jy bestuur.
• Jy by die snelheidsperk hou en alle ander ver keers-reëls nakom.
• Jy oplettendheid is ten opsigte van ander voer tuie en voetgangers.
• Jy nie jou selfoon gebruik terwyl jy bestuur nie.
Kinders se veiligheidBaie vakansiebestemmings is besige plekke, wat bete-ken dat daar ʼn kans is dat jou kind in ʼn skare van jou geskei kan word.
Dit is ook baie belangrik om ʼn oog op jou kinders te hou wanneer hulle byvoor beeld in die see swem of op speelterreine speel. Hier is ʼn paar wenke om jou kin-ders veilig te hou:
• Maak seker dat jonger kinders altyd onder ver antwoordelike volwasse toesig is.
• Maak seker dat kinders in die motor vasgegordel is.
• Leer vir jou ouer kinders jou selfoonnommer in ge val van nood. Maak seker dat kinders wat nie goed kan swem nie, opblaas-vlerkies aan het wanneer hulle in die water is.
• Leer jou kind om nooit in ʼn vreemdeling se motor te klim of om met vreem-delinge te praat nie.
• Hou jou kind se hand vas wanneer jy in besige plekke is en wanneer jy die pad oorsteek.
• Leer basiese eerstehulp sodat jy kan reageer as daar ʼn mediese noodge val is. MisdaadDaar is tydens die fees seisoen ’n merkbare toe name in gevalle van huisbrake en diefstal. Wees te alle tye waaksaam en neem die volgende veilig-heidsvoorsorgmaatreëls:
• Wanneer jy met vakan-sie gaan, maak seker dat al die vensters en deure van jou huis gesluit is.
• As een van jou bure tuis gaan wees, vra hulle om ʼn oog oor jou huis te hou.
• Terwyl jy met vakansie is, hou waardevolle artikels soos selfone en beursies versteek op ’n veilige plek.
• Hou jou motor gesluit wanneer jy vir enige tydperk weggaan. Maak doodseker deur aan die handvatsels te trek.
• Hou noodnommers soos dié van ambulanse en die polisie byderhand." | "2018-12-ed1" | "afr" |
"Bestee jou geld verstandig
" | "Allison Cooper
" | ""Oorbesteding is soos daar die irriterende skuldklippie in jou 'finansiële skoen'. Die verstandigste besluit is om hierdie fesseisoen nie oor te bestee nie, want dit kan op die lang duur nadelige gevolge vir jou kontantvloei en begroting hê", aldus verkoopsbestuurder Matthys Potgieter.
"Daardie lekker gevoel van oorbestee in November en Desember is van korte duur en verbruikers voel die druk van hulle impulsiewe besluite teen die einde van Januarie, 2019. Moenie uitgee wat jy nie het nie," voeg Potgieter by.
African Bank se Mellony Ramalho sê dat werknemers dikwels vroeg in Desember betaal word, wat die wag vir die Januariesalaris soveel lan-ger maak. "Januarie is vir baie mense ʼn moeilike maand, wat daartoe lei dat sommige mense hulle tot kredietkaarte of die uitneem van 'n lening wend. Dit is be-langrik om bewus te bly van wat jy bestee. Stel ʼn begroting op, eerder as om te oorbestee," sê Ramalho.Potgieter raai verbruikers aan om vroeg te begin met hul Kersaankope en om seker te maak dat hulle spens, yskas en vrieskas produkte met 'n lang raklewe bevat, om hul begroting onder beheer te hou en duur laaste-minuutaankope te vermy. Potgieter gee die volgende wenke aan veruikers om hul begrotings onder beheer te hou:
• Maak jou yskas vol kos met ‘n lang raklewe• Oorweeg dit om saamrygeleenthede te reël. Deur minder motors te gebruik, gebruik jy minder geld vir brandstof• Vermy tolroetes waar moontlik• In plaas van om geskenke te koop, laat die kinders persoonlik-ontwerpte lekkernye bak vir hul geliefdes.
• Begin vroeg met jou KersinkopeDie DebtSafe-span moedig verbruikers hierdie jaar aan om te oorweeg om gewone bruinpapier te gebruik as geskenkpapier, wat bekostigbaar en omgewingsvrien delik is en mooi versier kan word." | "2018-12-ed1" | "afr" |
"Laaste kans om te registreer om te stem
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Mashinini sê dat al 22 932 stemlokale tydens die kieser registrasienaweek van 08:00 tot 17:00 oop sal wees.
"Dit is om nuwe kiesers die geleentheid te gee om te registreer en vir bestaande kiesers om hulle registrasiebesonderhede na te gaan en by te werk." Mashinini sê dat daar tans 26.1 miljoen geregistreerde kiesers op die nasionale algemene kieserslys is.
Die OVK hoop om voor die 2019-verkiesings, minstens een miljoen nuwe kiesers by die kieserslys te voeg.
Mashinini sê dat kiesersregistrasiegeleenthede ook by korrektiewe sentrums regoor die land gehou sal word, om mense wat tans in gevangenisse is, toe te laat om hulle stemreg uit te oefen. "Vir stemdoeleindes, word gevangenes as geregistreer beskou om in die distrik waar die tronk geleë is, te stem.
"Familie van diegene wat in korrektiewe instansies aangehou word, word versoek om voor hierdie registrasieveldtog hulle iden -titeitsdokumente aan hulle te oorhandig," sê Mashinini.
KiesersregistrasieDie OVK vertrou dat sy kie sers, wat reeds geregistreer is, van die geleentheid gebruik sal maak om hulle stemlokaal te besoek en hul adresbesonderhede te bevestig en by te werk.
Dit is wat jy moet weet: • Alle Suid-Afrikaanse bur -gers wat 16 jaar of ouer is en in besit van ʼn ampte like ID-dokument is, kan stem (hoewel slegs dié wat minstens 18 jaar oud is op stemdag, mag stem).
• Kiesers moet ʼn afskrif van hulle strepieskode-ID-boek, slimkaart-ID of tydelike ID-sertifikaat saamneem wanneer hulle in die stemdistrik waar hulle gewoonlik woon, gaan registreer.
• Wanneer hulle registreer, sal kiesers hul adres of ʼn beskrywing van waar hulle woon, moet verskaf, om die Verkiesingskommissie in staat te stel om hulle in die korrekte afdeling van die kieserslys te plaas. Bewys van adres word nie vereis nie.
Die Verkiesingskommissie se kontaksentrum sal ook voor die nasionale registrasienaweek geaktiveer word en sal oop wees tot ná die registrasienaweek om stemgeregtides by te staan met registrasie en om te stem.
Mashinini doen ʼn beroep op alle belanghebbendes, insluitend politieke partye, regeringsdepartemente en -entiteite, mediaen burgerlike samelewingsorganisasies, om die registrasieveldtog te ondersteun en kiesersregistrasie voor die verkiesings, aan te moedig." | "2018-12-ed1" | "afr" |
"Die wetlike beëindiging van ʼn huwelik
" | "Dale Hes
" | "ʼn Egskeiding is wanneer ʼn huwelik amptelik in ʼn geregshof beëindig word. Daar is twee soorte egskeid-ings: onbestrede — waar albei partye saamstem dat ʼn egskeiding moet plaasvind; en bestrede — waar die par-tye nie saamstem oor ʼn eg-skeiding of die voorwaardes daarvan nie.Josephine Peta, Senior Regsadministrateur by die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se Kantoor van die Gesins-advokaat, verduidelik dat die egskeidingsproses begin wanneer ʼn dagvaarding uit-gereik word.“ʼn Persoon wat sy of haar huwelik wil ontbind, kan ʼn egskeidingsdagvaarding by ʼn hooggeregshof of streekhof kry, of ʼn prokureur nader om hulle met die proses te help. Die eggenoot wat met die egskeidingsprosedure begin, word die eiser genoem, en die ander gade is die verweerd-er,” sê Peta.Peta verduidelik dat die egskeidingsdagvaarding aan die volgende vereistes moet voldoen:
• aandui dat daar geen rede-like kans bestaan om die verhouding te herstel nie;
• voorsiening maak vir die verdeling van gesamentlike besittings of die afdwinging van die voorwaardes waar-oor ooreengekom is in die voorhuwelikse ooreenkoms wat aan die begin van die huwelik onderteken is; en• bepaal watter reëlings getref sal word vir die egpaar se kinders, soos byvoorbeeld by wie die kind gaan woon.“Die dagvaarding moet ook aandui dat die verweerder 10 dae het — in die geval waar hy of sy in dieselfde omge-wing as die eiser woon, of 20 dae — indien die partye in verskillende provinsies woon, om op die dagvaarding te rea-geer,” voeg Peta by.Sodra ʼn saak geopen is, word dokumente aan die eiser teruggegee, wat twee stelle van hierdie dokumente aan die balju in die omgewing waar die verweerder werk of woon, moet voorsien.“Die balju sal dan die do-kumente persoonlik aan die verweerder voorlê en ʼn relaas van betekening – ʼn geskrewe dokument wat bewys dat die dokumente aan die verweerder beteken is – uitreik. Waar daar kinders betrokke is, moet die Kantoor van die Gesinsad-vokaat in kennis gestel word,” verduidelik Peta.Na ʼn tydperk van 10 of 20 dae kan die eiser die egskeid-ing op die hofrol plaas. In betwiste egskeidings moet die verweerder die dagvaarding beantwoord deur ʼn kennis-gewing van voorneme om die saak te verdedig.“Sodra dit gedoen is, moet hy of sy ook binne ʼn bepaalde tydperk ʼn pleidooi indien. ʼn Pleidooi is ʼn verklaring waarin die verweerder op die bewerings in die dagvaarding reageer. Nadat ʼn pleidooi ingedien is, kan die eiser ook op die pleidooi reageer of ʼn kennisgewing van vasgestel-de voorlegging indien.“Die saak sal dan vir verhoor op die rol geplaas word,” sê Peta.
vWat is ʼn verstekeg-skeiding?ʼn Hof sal ʼn egskeiding by verstek toestaan indien ʼn dagvaarding op die gade uitgedien is en hy of sy nie binne die toegewese tydperk reageer nie. Dit is egter raadsaam om jou huweliksmaat eers te kontak, want hy of sy kan later probeer om die egskeiding tersyde te stel op grond daarvan dat daar ʼn goeie rede was waarom die sperdatum nie nagekom is nie.
Die Vuk’uzenzele koerant gaan ʼn reeks artikels publiseer wat met egskeiding verband hou. Kyk uit daarvoor in die volgende uitgawe.
" | "2020-01-ed1" | "afr" |
"Ektopiese swangerskap is ʼn mediese noodgeval
" | "Allison Cooper
" | "Dit is die mening van dr Bushy Mhlari, Senior Registrateur Ektopiese Verloskunde en Ginekologie by die Dr George Mukhari Akademiese Hospitaal. Hy verduidelik dat ʼn ektopiese swangerskap nie soos ʼnnormale swangerskap binnein die baarmoeder ontwikkel nie.Hy sê dat, met ʼn normale swangerskap, die bevrugte eier wat in die fallopiese buis deur die sperm bevrug is, deur die buis tot in die ryk baarmoederholte beweeg, waar dit aan die endometriale voering heg en die baba ontwikkel. “By ektopiese swangerskappe vestig die bevrugte eier op ander liggaamsoppervlakke. In 98 persent van gevalle is ektopiese swangerskappe in die fallopiese buise geleë. In buitegewone gevalle, kan dit egter ook in die eierstok, buikholte, serviks of die breë ligament voorkom,” verduidelik dr Mhlari.Wanneer dit gebeur, kan die embrio nie oorgeplant word en normaal ontwikkel nie, en is die vrou se enigste opsie om die swangerskap te beëindig.Dr Mhlari sê dat ʼn vrou ʼn groter kans op ʼn ektopiese swangerskap het, as sy:
• beskadigde of abnormale fallopiese buise het, byvoorbeeld, as gevolg van vorige buisin feksies weens seksueel oordraagbare infeksies of buisoperasies;
• voorheen ʼn ektopiese swangerskap gehad het;
• onvrugbaar is;
• veelvuldige seksmaats het;
• sigarette rook.“Gebarste ektopiese swangerskap is ʼn lewensgevaarli ke toestand en is die grootste oorsaak van swangerskapverwante moedersterftes in die eerste drie maande van swangerskap. Die voorkoms van ektopiese swangerskap is ongeveer twee persent in die algemene bevolking,” verduidelik dr Mhlari.
Tekens van 'n ektopiese swangerskapVolgens dr Mhlari kom die simptome vroeg in die swangerskap voor, soms nog voordat die vrou besef dat sy swanger is.Algemene simptome sluit in:
• pyn in die onderbuik• menstruasie wat wegbly• vaginale bloeding.“Sommige vroue het egter geen simptome totdat die fallopiese buis bars nie. As dit gebeur, kan erge pyn ervaar word, en vaginale bloeding kan ook voorkom. Dit word gevolg deur duiseligheid, ʼn daling in bloed -druk, floute, skok en dood as dit nie so gou as moontlik behandel word nie,” sê hy.Om ʼn ektopiese swanger-skap te diagnoseer, word ʼn bloedof urieneswanger skaptoets gedoen om te bevestig dat die vrou swanger is. “ʼn Ultraklankskandering word dan gedoen om te bevestig of die baarmoeder leeg is en om vas te stel waar die embrio in die vrou se liggaam is,” sê dr Mhlari.
Behandeling van 'n ektopiese swangerskap“Sodra ʼn ektopiese swan gerskap gediagnoseer is, moet dit behandel word om te voorkom dat dit verder groei, want die vrou se lewe is in gevaar as die behandeling vertraag word,” sê hy.
“Chirurgie bly die eerste keuse vir behandeling van ʼn ektopiese. Met vroeë diagnose is mediese behandeling moontlik voordat die ektopiese swangerskap bars,” voeg hy by. Dr Mhlari sê dat ʼn vrou ná ʼn ektopiese swangerskap steeds ʼn normale swanger-skap kan hê.Vroue wat vermoed dat hulle ʼn ektopiese swanger-skap het, moet hul huis-arts, plaaslike hospitaal of kliniek so gou as moontlik raadpleeg." | "2020-02-ed1" | "afr" |
"Wees aangeskakel en skakel af
" | "Silusapho Nyanda
" | "Die Waarnemende Stasiebestuurder van Eskom se Matimba-kragstasie, Oba keng Mabotja, sê dat die tekort aan voldoende krag in Suid-Afrika ʼn impak op mense se lewens het, omdat normale aktiwiteite tydens beurtkrag nie kan plaasvind nie.Matimba-kragstasie is in Lephalale, Limpopo, geleë.Mabotja verduidelik dat beurtkrag plaasvind wanneer Eskom nie genoeg elektrisiteit kan opwek om aan die land se behoeftes te voldoen nie. Dit is derhalwe noodsaaklik dat alle Suid-Afrikaners hulle deel doen om minder krag te gebruik.
Wenke van Eskom oor hoe om minder elektrisiteit te gebruik:
• Skakel ligte af wanneer jy ʼn vertrek verlaat.• Gebruik LED-gloeilampe• Skakel toestelle af wanneer hulle nie gebruik word nie.• Gebruik slegs koue water, tensy warm water werklik nodig is• Gebruik ʼn warmtekombers om jou geiser te bedek.• Verskeie faktore kan kragop wekking belemmer, inslui tend onderhoud, onbeplande afsluitings, en ook die weer, wat ‘n deurslaggewende faktor is.
Mabotja sê dat haar aanleg, in besonder, deur hoë temperature, beïnvloed word. “Op baie warm dae is die stasie nie in staat om krag tot sy volle kapasiteit, te lewer nie”, sê sy.Die Matimba-kragstasie gebruik steenkool om elektrisiteit op te wek en is ontwerp om 3990 MW krag te genereer. “Krag word via ʼn verspreidingsubstasie versprei. Dit beweeg langs hoëstroomspanningsoordraglyne en gaan deur verlagingstransformators na die laer stroom spanning. Elektrisiteit word dan na die nasionale netwerk versprei.”Die kragstasie se steenkool kom van Exxaro se Grootgelukmyn. Dit word via ʼn ver voerbandstelsel na Matimba se silo’s en steenkoolhokke vervoer voordat dit na die meule toe gaan waar dit fyngedruk word en in elektrisiteit omgesit word,” sê Mabotja.
" | "2020-02-ed2" | "afr" |
"Die besonderhede van AAHV en AAV
" | "Silusapho Nyanda
" | "THE BRAINS OF PRESCHOOL children grow at an incredible rate and help lay the foundations of language, thinking and social and emotional development.
Children from Upington in the Northern Cape are benefiting from 10 early childhood development (ECDs) centres recently launched by the Department of Social Develop ment (DSD).
Five-year-old Lithemba Bacela, who lives with cerebral palsy and has a speech impairment, is better able to indicate what she feels and needs, thanks to her time at one of these centres, Oasis Skills Development Centre’s ECD unit. Lithemba lives in Paballelo with her mother, Elizabeth Bacela, who said her child’s communication skills have improved since she started at the centre last year. Elizabeth said the stimulation area has been particularly beneficial.“Lithemba can now indicate when she is thirsty, hungry or has wet herself”. The Oasis ECD centre is one of 10 that received a new building from the National Lotteries Commission (NLC) as part of the commission’s Legacy Project. This countrywide initiative is aligned with the National Development Plan’s commitment to improving education, innovation and training, and con tributing to the goal of ensuring that all children have at least two years of preschool education.The centre accommodates children who live with a variety of conditions, including autism, down syndrome, cerebral palsy and foetal alcohol syndrome. Each of the four classes at the ECD centre has 10 to 15 pupils, says Acting Chairperson of Oasis Skills Development Centre Marina Johannesen.The department contributes a subsidy of R20 per child, which covers children between the ages of two and seven and those who are 18 years of age and above. In 2015, the DSD donated a stimulation centre, computer lab and a bus to transport pupils to and from school.“Once a week, therapists from the local hospital come to the centre to assess and treat the children,”says Johannesen. The new building, donated recently is an additional blessing for the centre. Speaking at the launch, Department of Social Development Deputy Minister Hendrietta Bogopane-Zulu called on the public to include children living with disabilities in dialogues about issues that affect them.Silusapho NyandaAs ʼn kind wat aan aandagafleibaarheid-hiperaktiwi teitsversteuring (AAHV) of aandagafleibaarheidsversteuring (AAV) lei, nie behandel word nie, kan dit langtermyn negatiewe gevolge vir sy/haar gesond heid hê.
Dit is volgens Dr Khatija Jha zbhay, hoof van die Eenheid vir Kinderen Adolessentepsigiatrie by Townhill Hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.Sy verduidelik dat dié kin ders as volwassenes ʼn hoër risiko loop om aan ander geestestoestande, soos angs en depressie, te ly en om middels te misbruik. AAHV en AAV beïnvloed kinders se akademiese vordering en hulle gedrag kan ander pla. Sulke kinders is dikwels ook ongewild, beland gereeld in die moeilikheid en is geneig tot ongelukke. “Elke kind se omstandighede is uniek en nog besig om te ontwikkel. Dit is dus belangrik om ʼn omvattende kliniese assessering te doen om vas te stel of daar ander faktore is wat hulle ontwikkeling kan beïnvloed, asook die sterk punte waarop daar gebou kan word om hulle te help om hul volle potensiaal te bereik,” sê Dr Jhazbhay.Sy verduidelik dat AAHV en AAV neuro-ontwikkelingsversteurings is met gedragspro bleme, soos onoplettendheid. Dit word aangedui deur:
• agterlosige foute te maak• take nie te voltooi nie• goed te laat wegraak • maklik afleibaar en vergeetagtig te wees.Voorbeelde van hiperaktiwiteit of impulsiwiteit slu it in:
• rusteloosheid• voete wat beweeg en hande wat trommel• gekriewel op hul stoel• antwoorde uit te blaker en opstaan wanneer daar van hulle verwag word om te bly sit. “Simptome kom op twee of meer plekke voor – by die huis, by vriende of familie of tydens ander aktiwiteite – en meng in met sosiale, beroepsen skoolfunksionering. Errnstige simptome wat voor die ouderdom van 12 voorkom, moet vir minstens ses maande teenwoordig wees. Onderwysers kan gedragsprobleme waarneem en ʼn kind vir kliniese assessering, verwys. Daar is verskeie behandelingsopsies wat oor weeg kan word.
" | "2020-02-ed2" | "afr" |
"Bou ʼn nasie wat omgee vir kinders
" | "Vukuzenzele unnamed
" | " Enock is nie die enigste kind wat sy lewe verloor het in omstandighede wat voorkom kon word as volwassenes die nodige voorsorgmaatreëls ge-tref en verantwoordelikheid geneem het. Dit laat ʼn mens dink aan ʼn ander 13-jarige kind, Keamohetswe Shaun Seboko, wat onlangs in ʼn Magaliesburgse laerskool se swembad verdrink het, en die twee kinders wat by Laerskool Lekgolo in Limpopo oorlede is toe ʼn trok in ʼn muur vasgery het wat op hulle geval het. ʼn Mens dink ook aan die talle kinders, soos sesjarige Nathlia Pienaar, wat in die kruisvuur van ’n bende-oorlog op die Kaapse Vlakte gesterf het. Ons onthou ook die tragiese dood van Michael Komape en Lumka Mkethwa wat dood is toe hulle in puttoilette geval het. Dit was heeltemal onnodig dat al hierdie jongmense, en baie ander, hul lewens ver-loor het. Al dié tragedies kon voorkom word as die nodige maatreëls om die kinders se veiligheid te verseker, getref was. Dit lyk vir my asof ons, as ʼn samelewing, ons kinders in die steek laat. Te veel kinders bevind hul-self in gevaarlike situasies, hetsy op ʼn tydelike vlot op ʼn rivier of alleen in ʼn gehuggie met ʼn paraffienlamp. Ons kinders se lewens word in gevaar gestel wanneer kon-trakteurs opgrawings onbeskerm laat, skoolinfrastruk-tuur nie onderhou word nie, of skoolvervoer oorlaai word. Daar kom egter nog meer nalatigheid en verwaarlosing voor. Baie kinders word deur seksuele prooisoe-kers, kriminele bendes en dwelmverkopers geteiken, juis omdat hulle kwesbaar is. As ʼn samelewing, moet ons meer toegewyd wees en aktief betrokke wees by die beskerming van ons kinders teen dié en ander gevare. Ons moet gesamentlik ʼn verantwoordelikheidskultuur opbou. Ons moet vir onsself, ons kinders en ander verantwoor-delikheid aanvaar. Ons moet verseker dat ons kinders in ʼn veilige, versorgende en stimulerende omgewing kan grootword; ons moet ook be-sef dat dit ons plig is om almal wat ons ken en die mense met wie ons omgaan, te beskerm en versorg. Ons moet ook hierdie ver-pligting op ons land se paaie voel. Ons verwelkom die afname in padsterftes oor die feesseisoen, maar die aaklige werklikheid is dat meer as 1 600 mense in net ʼn maand en ʼn half op ons paaie gesterf het. Dit is kommerwekkend dat meer as 9 000 motoriste vir oortredings, insluitend dronk-bestuur, oorskryding van die spoedgrens en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem is. ʼn Verantwoorde-likheidskultuur beteken dat ons almal die verkeersreëls moet nakom en voetgangers en ander padgebruikers se regte moet respekteer. ʼn Verantwoordelikheids-kultuur beteken dat pa’s by hulle kinders se lewe ns betrokke moet wees. Te veel vroue moet hulle kinders alleen grootmaak, wat dikwels hulle en hul kinders se moontlikhede beperk. ʼn Verantwoordelikheidskultuur beteken ook dat ons veilige seks moet hê en nie onsself of ander aan MIV moet blootstel nie. Ons moenie alkohol en dwelms misbruik nie. Ons moet gesonde lewens leef sodat ons siektes wat grootliks voorkombaar is kan vermy en langer kan leef. Sodanige kultuur behoort veral deur diegene in posisies van gesag en invloed, hetsy godsdienstige leiers of politici, tradisionele leiers of beroemdes, omarm te word. Hulle behoort, deur hulle woorde en dade, daarna te streef om ʼn beter samelewing te skep waarin almal waardeer en versorg word. Dit is verkose amptenare en staatsamptenare se ver-antwoordelikheid om die veiligheid en welstand van burgers te verseker. Hulle moet seker maak dat daar voldoende en veilige skoolinfrastruktuur is. Hulle moet vinnig optree wanneer daar ʼn onderbreking in watertoevoer in gemeenskappe is of wanneer foutiewe straatligte aangemeld word. Hulle moet seker maak dat gesondheidsen veiligheidsregulasies toegepas word en dat die oppergesag van die reg gehandhaaf word. Ons moes soms uitermatige stappe neem, bykomend tot die werk wat steeds regoor die regering — op alle vlakke — gedoen word, om uiting te gee aan dié verantwoordelikheid. Ons het, as antwoord op die kinders wat gesterf het of seergekry het toe hulle in puttoilette geval het, die SAFE-inisiatief geloods om die voorsiening van behoorlike toilette aan alle skole in die land, te bespoedig. Ons het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag na dele van Kaapstad ontplooi om die polisie in hul pogings om bendegeweld te verminder, te ondersteun. Ons het, meer onlangs en saam met die burgerlike gemeenskap, ʼn noodreaksieplan geloods om geweld teen vroue en kinders te beëindig. Dit is egter duidelik dat daar baie meer is wat ons, as regering en samelewing, moet doen. Ons prys die individue en organisasies wat die verantwoordelikheid vir ander se welstand op hulself neem. Daar is mense soos Ralph Bouwers en Mark Nicholson, wat ontspanningsaktiwiteite vir jongmense in Lavender Hill in Kaapstad reël om te verhoed dat hulle na die bendewêreld terugkeer. Daar is moeders, susters en dogters wat as vrywilligers diens doen by Operation Bobbi Bear, ʼn organisasie in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal wat toevlug aan mishandelde kinders bied. Daar is talle geloofsgebaseerde groepe, soos die Konferensie van Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe, met wie ek vergader het, wat my vertel het van die werk wat hulle doen in antwoord op die armes se behoeftes, om gesinne te ondersteun om meer om te gee en versorgend te wees en ook om jong mense te help om die talle uitdagings wat hulle in die gesig staar, te hanteer. Dié Suid-Afrikaners wys vir ons die weg. Hulle herinner ons, deur hul voorbeeld, wat dit beteken om verantwoordelikheid vir onsself en ander te neem. Ons land het heeltemal te veel tragedies ervaar. Te veel jongmense is oorlede, te veel kinders het seergekry en is getraumatiseer. Ons kan hierdie tragedies beëindig as ons almal, ieder en elk van ons, die verant-woordelikheid neem om die kinders in ons wonderlike Suid-Afrikaanse gemeenskap, te help grootmaak.
" | "2020-02-ed2" | "afr" |
"Die jeug is die toekoms van ons land
" | "Vukuzenzele unnamed
" | "" | "2020-03-ed1" | "afr" |
"Beplan jou finansies slim
" | "Dr Rufaro Mucheka
" | "Dit lyk asof die ekonomiese toestande van 2020 selfs moei-liker as dié van 2019 gaan wees, en dit is dus noodsaaklik dat jy jou persoonlike finansies noulettend en objektief bekyk. Om finansiële onafhanklik-heid te bereik is ʼn uitstekende doelwit, maar baie min mense weet waar om te begin. ʼn Paar goeie finansiële gewoontes sal jou help om jou nuwe jaar met sukses aan te pak.Om te verseker dat jy jou fi-nansiële doelwitte bereik, kan jy SMURT-doelwitte (SMART, in Engels) vir ʼn finansieel geborge toekoms toepas,. Dit beteken dat doelwitte gestel moet word wat: • Spesifiek is • Meetbaar is • Uitvoerbaar is • Relevant is • Tydsgebonde is. Dit is ook belangrik dat jy jou finansies noukeurig beplan. Hier is ʼn paar nuttige wenke:Stel jou finansiële doelwitte Dink na oor jou finansiële dissipline in 2019 en stel nuwe doelwitte vir 2020.
Vereffen jou skuld Gebruik enige oorblywende fondse of bonusse en salarisverhogings om jou skuld te vereffen, aangesien jy baie rente kan spaar deur skuld vinniger af te betaal.
Pas jou begroting aan, soos nodig Maak die nodige aanpassings op jou begroting, verhoog jou spaargeld en verminder jou besteding, namate jy jou bestedingsgewoontes naspoor. Spaar ‘n deel van jou salarisverhoging, as jy een kry, eerder as om jou lewenstylbesteding te verhoog.Hersien jou versekeringspolisse – Evalueer jou lewe, gesondheid, gestremdheid en korttermynversekering om te verseker dat die bedrae aan jou behoeftes voldoen.
Praat met ʼn oop gemoed met jou huweliksmaat oor geld Huwe liksmaats is geneig om finan siële kwessies vir mekaar weg te steek. Hou maandelikse vergaderings om begrotings, jul finansiële doelwitte en dit wat julle albei vir die toekoms wil hê, te bespreek. Neem die tyd om ʼn gedeelde visie te ontwikkel van hoe julle wil hê julle toekoms saam moet lyk.
Verminder jou vermaaklikheidsbe groting Kry gratis aktiwiteite soos parke, biblioteke en dinge wat jy in jou buurt kan doen. Daar is baie maniere om pret te hê sonder om geld te spandeer.
Wenke om jou te help om by die plan te houOm by jou finansiële plan te hou is nie altyd maklik nie, maar poog om die volgende te doen:
• Gaan gereeld jou bankrekeninge na – evalueer jou besteding.• Wees voorbereid op terugslae.• Vermy onbeplande skuld.• Koop slim. Vra jouself: Het ek dit werklik nodig? Is dit deel van my finansiële plan? • Praat met ʼn finansiële raadgewer as jy geen idee het waar om te begin nie.SET YOUR FINANCIAL GOALS*Dr Rufaro Mucheka (PhD) is ʼn erkende finansiële beplanner en Hoof van Strategie en die Res van Afrika by Nedbank Finansiële Beplanning
" | "2020-03-ed1" | "afr" |
"BMW sluit aan by die geveg teen GGG
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Die voertuie is deur Pre-sident Cyril Ramaphosa en Duitse Kanselier, Angela Merkel ontvang. Hulle is aan die Suid-Afrikaanse Sakekoa-lisie oor Gesondheid en VIGS (SABCOHA) oorhandig om dit namens die multisektorale Tussentydse Loodskomitee vir Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord (GGGV) te beheer.Die motorgroep se bydrae de-monstreer die ontwikkelende vennootskap in die stryd teen GGGV tussen die regering en burgerlike samelewing, wat die sakesektor en internasionale vennote insluit.Die inisiatief is deel van die motorindustrie se Transforma-siefonds (wat R6 miljard werd is), wat gestig is om die motor-waardeketting te transformeer en deelname aan die sektor deur voorheen en histories benadeelde groepe te bevorder, insluitend vrouens, die jeug en mense met gestremdhede.President Ramaphosa het on-langs by die voertuigoorhan-diging wat by BMW Groep se produksie-aanleg in Rosslyn, Tshwane, gehou is, gesê dat die voertuie sal help om lewens te red. Hy het sy dank teenoor BMW uitgespreek omdat hulle die eerste maatskappy is om voertuie te skenk en het ander aangemoedig om hulle voor-beeld te volg. “Dié praktiese uitdrukking van goeie korporatiewe bur-gerskap stuur ʼn baie goeie en duidelike boodskap wat ons wil hê baie ander maatskappye ook moet opmerk en aanvaar. “Die bestaan van BMW Suid-Afrika demonstreer ge-vestigde en sterk ekonomiese verbintenisse tussen [Duitsland en SA],” sê President Ramap-hosa.
Noodreaksieplan om GGGV die stryd aan te sêDie regering is besig om ʼn noodreaksieplan om GGGV die stryd aan te sê, in werking te stel.ʼn Nasionale Strategiese Plan oor GGGV , wat ʼn reeks maatreëls om GGGV aan te pak uiteensit, is ook ontwikkel. “Die plan fokus op die versterking van voorkomingspogings en om die veiligheid van en geregtigheid vir die vrouens en kinders van ons land te verseker. Die plan het ook te make met ekonomiese bemagtiging, ʼn gebied wat só belangrik is dat ons, as die regering, daarop gaan fokus,” sê President Ramaphosa.Produksiegroephoof en voorsitter van BMW Suid-Afrika, Dr Milan Nedeljkovic, sê dat ʼn totaal van 4 000 mense in Suid-Afrika direk deur die BMW-groep in diens geneem word, insluitend vier uit vyf bestuurders wat plaaslik is.Nedeljkovic sê dat daar ook meer as 40 000 mense indirek, deur die maatskappy se nutsmaatskappye in Suid-Afrika, in diens geneem word. “Ons eerste formele opleidingsfasiliteit in BMW SA het sy deure in 1978 geopen en sedertdien het meer as 2 000 mense opleiding deur BMW ondergaan en werk by BMW gekry. “Die maatskappy het drie jaar gelede die opleidingsakademie gestig om die tegniese opleiding tot ʼn nuwe vlak te verhef,” sê Nedeljkovic. Hy sê dat die maatskappy se filosofie beklemtoon dat onderrig die sleutel tot sukses is en dat “lewenslange leer deur die BMW-groep deel van daardie sukses is”. “Ons sal teen 2025 wêreldwyd een miljoen kinders en jongmense ondersteun deur geteikende onderrigprogramme wat op vaardig heidsprogramme fokus.”
President Cyril Ramaphosa saam met die Duitse kanselier, Angela Merkel, tydens die oorhandiging van voertuie wat deur BMW geborg is om GGGV te help bestry.
" | "2020-03-ed1" | "afr" |
"Vulekamali bemagtig Suid-Afrikaners
" | "More Matshediso
" | "Die portaal is twee jaar gelede deur die Nasionale Tesourie, in samewerking met verskeie burgerlike samelewingsorgani sasies, geskep.
Dié innoverende projek het tydens die Openbare Sektor se 17de Innovasietoekennings in 2019, ʼn toekenning in die kate gorie Innovasie wat 4IR-oplos sings aanwend, gewen.
Die Direkteur van die Nasio nale Tesourie, Anile Best, wat aan die stuur van die Vuleka mali-portaalinisiatief staan, sê die portaal se hoofdoel is om openbare belangstelling en kennis van, asook deelname aan die regering se finansiële programme te verhoog.
"Dit is deel van die Nasionale Tesourie se onderneming om meer deursigtig oor staatsfinan -sies te wees. Begrotingsinligting word reeds op die Tesourie se webwerf gepubliseer, maar die portaal bevat data wat maklik toeganklik is in ʼn verbruikers vriendelike formaat, sodat inligting, analise en navorsing meer doeltreffende gedeel kan word," verduidelik hy. Volgens Best, ondersteun Vulekamali die burgerlike samelewing en die publiek se betrokkenheid in begrotings prosesse en stel burgers in staat om ingeligte besprekings oor regeringsbeleide te hou.
"As ons die publiek vra om aan begrotingsprosesse deel te neem en hulle het nie kennis daarvan nie, kan hulle nie gehalte insette lewer nie.
Tweedens, wil ons hê dat die publiek moet weet hoe die regering geld uit die staatskas bestee," sê Best.
Burgerlike samelewingsor ganisasies wil byvoorbeeld dikwels weet hoe die regering dienste lewer, hoe dienste aan die begroting verbind is en of die nasionale, provinsiale of plaaslike regering vir spesifieke dienste verantwoordelik is.
Best sê van die belangheb bendes wat by die projek be trokke is, is die Departement van Beplanning, Monitering en Evaluering; die burgerlike samelewingskoalisie, Imali Yethu; die Global Initiative en die Regering se Tegniese Raad gewende Sentrum. Daar is verteenwoordiging van die regering sowel as die burgerlike samelewing op elke besluitnemingsvlak en in elke regeringstruktuur, sê hy.
Volgens Zukiswa Kota, wat namens die betrokke burger like samelewingsorganisasies praat, en hoof is van die Mo niteringsen Aanbevelings program by die Staatsdiens se Aanspreeklikheidsmonitor, asook die koördineerder van Imali Yethu is, is verantwoord bare begrotingsprosesse noodsaaklik vir ʼn demokrasie. Die uiteindelike doel is om beter dienslewering te beïnvloed, sê sy.
"Vir ons beteken toegang tot vinniger inligting dat jy nie gemeenskappe het wat gedurig ontsteld is en onbewus is van begrotingsprosesse nie," sê sy.
Sy voeg by dat mense meer bewus is van die dringendheid om op begrotings kommentaar te lewer en dat hulle weet met wie hulle oor hulle frustrasies kan praat ." | "2020-03-ed2" | "afr" |
"Steun aan pasiënte noodsaaklik in stryd teen TB
" | "Dale Hes
" | "Suid-Afrika het ʼn leierskap sposisie in die globale stryd teen TB ingeneem en die Ver enigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) het ingetree om hulp aan te bied.
Die projek wat oor vyf jaar strek en in 2016 begin het, word saam met die Nasionale Depar tement van Gesondheid in agt van Suid-Afrika se provinsies uitgevoer. Een van die belangrikste dele van die projek is om gemeenskapsgebaseerde NRO's te on dersteun. Die projek voorsien befondsing aan 21 NRO's, wat meer as 3 500 pasiënte, meest al vanuit landelike gebiede, ondersteun.
Mosamaria in die VrystaatMosamaria in Mangaung, is een van die NRO's wat fondse van die projek ontvang het.
Die organisasie het ʼn span gemeenskapsgesondheidswer kers, ʼn projekbestuurder en ʼn datavaslegger wat saamwerk om te verseker dat pasiënte op behandeling bly sodat hulle oor ʼn tydperk van ses maande genees kan word.
"Ons het 74 versorgers in diens vir dié projek. Ons het aanvanklik met 200 pasiënte gewerk, toe 400 pasiënte en in ons huidige kontrak het ons 500 pasiënte waarmee ons op ʼn daaglikse basis werk. Die pasiënte word vanaf nege kli nieke in die Mangaung Metro na ons verwys wanneer hulle met TB gediagnoseer word," sê Mosamaria-koördineerder, Trudie Harrison.
Mosamaria onderneem maan delikse deur-tot-deur siftings veldtogte om nuwe TB-pasiënte op te spoor en hulle dadelik te begin behandel.
Harrison sê dat Mosamaria se werk die stigma van TB vermin der het en hegte verhoudings met die gemeenskap gesmee het. Dit het ook baie meer suk sesvolle behandelingskoerse tot gevolg gehad.
"514 van ons pasiënte is by voorbeeld in 2018 genees," sê Harrison.
Harrison deel die storie van een van Mosamaria se pasiënte.
Hy is daagliks deur ʼn Mosama ria-versorger ondersteun, wat seker gemaak het dat hy elke dag sy medikasie neem en hom ook van mieliemeel en nuwe klere voosien het.
"Hy het die behandeling voltooi en is genees en hy kon teruggaan werk toe, aangesien sy werkgewer sy werk vir hom gehou het," sê Harrison.
Wees bewus van TBsimptome Jy behoort jou naaste kliniek of hospitaal te besoek om vir TB getoets te word as jy van die volgende simptome het:
• Hoes wat vir drie of meer weke aanhou• Bloed uithoes• Borspyn of pyn het wanneer jy hoes of asemhaal• Onopsetlike gewigsverlies• Uitgeput voel• Koors.
GESONDHEIDKontak die USAID TB Suid-Afrika Projek by 012 484 9300, vir meer inligting oor die projek.
" | "2020-03-ed2" | "afr" |
"Kom ons werk saam om ons finansies reg te ruk
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Dit is duidelik uit die syfers dat, tensy ons nou optree om dinge om te keer, daar nog moeiliker tye voorlê.
Eenvoudig gestel, ons bestee baie meer as wat ons verdien. As gevolg hiervan, leen ons al hoe meer terwyl die koste om skuld te betaal styg. Trouens, skuldkoste is nou die vinnigste groeiende vlak van besteding.
Ons bestee meer aan skuldte rugbetalings as aan gesondheid; slegs onderwys en maatskapli ke ontwikkeling kry meer. Hierdie posisie is onseker en onvolhoubaar. Ons moet aansienlike veran deringe aanbring en dit moet nou aangebring word. Daar is verskeie redes vir die posisie waarin ons tans is. Ons ekonomie het die afgelope de kade nie veel gegroei nie, veral weens die wêreldwye finansiële krisis in 2008 en 'n afname in die vraag na die minerale wat ons uitvoer. As gevolg hiervan was die invordering van inkomste swak en moes ons meer leen om besteding aan ontwikke ling, infrastruktuur en lone te kon volhou. Terselfdertyd het staatskaping en korrupsie 'n invloed gehad op bestuur, bedryfsdoeltreffendheid en finansiële volhoubaarheid by verskeie openbare instellings, insluitend ondernemings in staatsbesit (SOE's). Pogings wat die afgelope twee jaar aangewend is om die ekonomie te laat herleef en instellings te herbou, word nou ondermyn deur die elek trisiteitskrisis, wat groei verder beperk en 'n bykomende las op openbare finansies plaas. Ons prioriteite in hierdie be groting is dus om die ekonomie weer op 'n groeipad te plaas, openbare besteding te beperk en ons skuld te stabiliseer. Die begroting is 'n integrale deel van ons strewe na inklu siewe groei, werkskepping, belegging en 'n bekwame staat. Ons het 'n doelbewuste besluit geneem om nie die pad van besnoeiingsmaatreëls te volg nie. Op so 'n roete sou die uitga wes aan maatskaplike dienste waarop arm mense staatmaak, heelwat besnoei moes word.
Dit kon daartoe gelei het dat staatsamptenare se salarisse dramaties sou verminder; die omvang van die staatsdiens, bo nusse en pensioene gekortwiek word; belasting verhoog word en die belangrikste staatsbates verkoop moes word. 'n Besnoeiingsbegroting sou ons groeivooruitsigte verder benadeel het en die staat se ver moë om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer en in die behoeftes van mense te voorsien, verswak het.
Ons het in plaas daarvan 'n begroting voorgelê wat verskeie gebalanseerde en weldeurdagte maatreëls bevat om besteding in toom te hou, omset te verhoog en groei aan te moedig. Oor die volgende drie jaar ver wag ons om ongeveer R261 mil jard te bespaar deur verskillen de departemente se begrotings te besnoei en die koers waarteen die staatsdiens se loonrekening verhoog, te verlaag. Terself dertyd sal ons egter meer moet bestee om die herstruk turering van SOE's soos Eskom en die SAL te ondersteun. As gevolg hiervan, verwag ons 'n netto vermindering van R156 miljard in nie-rente-uitgawes oor die mediumtermyn. Dit sal help om die tekort te verklein en ons leningsbehoef tes te verminder. 'n Groot deel van die bespa ring sal uit die vermindering van die koers waarteen ons loonrekening groei, spruit. Dit sal verg dat gefokusde bespre kings tussen alle maatskaplike vennote, maar veral met vak bonde in die openbare sektor, gehou moet word. Hierdie be sprekings moet plaasvind met die wil om oplossings te vind.
Ek is bemoedig deur die bereid willigheid van alle partye om oplossings deur daadwerklike onderhandelinge te vind. Ons benadering is nie om die grootte van die staatsdiens dramaties te verminder nie, maar om te kyk na die tempo waarteen lone groei. Staats -dienslone het oor baie jare ge middeld teen 'n baie hoër koers gestyg as inflasie, en ons moet dit regstel om die openbare finansies onder beheer te kry.
Dit geld ook vir die bestuur van mense se persoonlike finansies, waar enige uitgawes wat meer as inflasie styg of dit nou elektrisiteitstariewe, mobiele tariewe of kos is die begroting en finansies van elke individu altyd onder druk sal plaas. Die loonrekening is volgens ekonomiese klassifikasie die grootste bestedingskom ponent. Die toename in die loonrekening het begin om die besteding aan kapitaalprojekte vir toekomstige groei en items wat van kritieke belang is vir dienslewering, te verdring. Die staatsdiens se loonreke ning is geensins die enigste gebied waar ons koste besnoei nie. Ek het besluit dat die sala risse van senior openbare amps draers nie vanjaar verhoog sal word nie. Dit volg op 'n vermin dering in voordele wat spruit uit wysigings aan die Ministe riële Handboek. Ons sal vanjaar 'n nuwe wet publiseer waarin 'n vergoedingsraamwerk vir openbare entiteite en onder nemings in staatsbesit bekend gemaak sal word om buitenspo rige betaling aan raadslede en bestuurders te voorkom. Ons vakbondgenote is reg wanneer hulle sê dat ons op 'n bewysbare manier lekkasies van openbare fondse moet voorkom deur korrupsie uit te roei, en onreëlmatige, nuttelose en verkwistende uitgawes te beëindig. Ons sal dit, en nog baie meer doen. Net so belangrik as wat dit is om die openbare loonrekening in toom te hou om openbare finansies te stabiliseer, is dit noodsaaklik om die prestasie van die openbare sektor te verbeter om 'n meer bekwame, doeltreffende staat te bou. Ons het meer van die regte mense in die regte posisies nodig.
Deur openbare besteding in toom te hou, streef ons daarna om groei te verbeter. Dit is om hierdie rede dat daar geen groot belastingverhogings is nie, ondanks die fiskale tekort. In plaas daarvan is daar 'n mate van verligting vir individuele belastingbetalers en verskeie maatreëls om die korporatiewe belastingbasis te verbreed. Ons gaan ook voort met verreiken de hervormings in gebiede soos elektrisiteitsvoorsiening, hawens en spooren telekom munikasie om die koste van saketransaksies te verlaag. Deur die Infrastruktuurfonds wil ons finansiering vanuit 'n verskei denheid bronne mobiliseer om in 'n massiewe bouprogram te belê. Deur ons industriële stra tegie en beleggingsaansporing, ontsluit ons belangrike groei gebiede. Ons herstel ons openbare finansies om inklusiewe groei en werkskepping moontlik te maak. In sulke omstandighede moet ons realisties wees, nie dogmaties nie. Dit verg same werking, nie konflik nie. Daar moet kompromieë en aanpas sings gemaak word.
Ons is almal saam in dieselfde bootjie, en ons deel 'n gesament like verantwoordelikheid om die roeispane te neem, om as ’n eenheid saam te roei en ons land deur hierdie stormagtige waters te stuur." | "2020-03-ed2" | "afr" |
"Saam kan ons Covid-19 oorwin
" | "vukuzenzele unnamed
" | "Die 114 Suid-Afrikaners wat ʼn paar weke gelede uit Wuhan in China ontruim is, se kwarantyn het tot ʼn einde gekom en hulle is met hulle gesinne herenig. Hulle het almal negatief vir die virus getoets en is gesond en opgeruimd.
Hulle was vir maande ingeperk, eers vir 51 dae in Wuhan en toe vir 14 dae in Polokwane. Hulle kon nie by hulle geliefdes wees nie, kon nie hulle woonplekke verlaat nie en was onseker oor wanneer hulle beproewing tot ʼn einde sou kom. Wanneer die oorblywende 17 dae van Suid-Afrika se tyd van inperking bygevoeg word, sal hulle vir altesaam 82 dae ingeperk wees. Dit was wonderlik om tyd saam met dié diverse groep Suid-Afrikaners van alle ouderdomme, tale en agtergronde, deur te bring. Ek was beïndruk deur hulle geeskragtigheid, moed en vasberadenheid om gesond te bly. Hulle kom van die episentrum van die koronavirus in Wuhan, China en het die verwoestende impak van dié virus op mense ervaar. Ek was nie verras toe hulle sê dat dit hulle missie is om die gesondheid van die mense om hulle, te beskerm nie. Hulle geduld en vasberadenheid is nou beloon, want hulle keer terug na hulle gesinne toe. Hulle terugkeer huis toe is deur talle mense moontlik gemaak wat alles moontlik gedoen het om te verseker dat dié repatriasieproses suksesvol uitgevoer word.As ’n nasie is ons ontsettend dankbaar dat die regering en die mense van China so goed na ons burgers omgesien het en ons bedank hulle vir hulle hulp met die repatriasieproses. Dit is noemens waardig dat verskeie van die Suid-Afrikaners in Wuhan studiebeurse van die Chinese regering ontvang het, ʼn goedgunstige daad wat opreg waardeer word. Ons is dankbaar vir al die mense wat by die proses betrokke was, van SAA-personeel en die mediese span, tot die polisie en soldate wat hulle huis toe gebring het. Ieder en elkeen van hulle het na vore gekom om verantwoordelikheid vir die veilig heid en welstand van ander, te aanvaar. Hulle was bereid om ʼn moeilike en gevaarlike missie aan te pak en om aan kwarantyn onderhewig te wees. En hulle vertel nou vir my dat hulle gereed is vir die volgende missie.Ek bedank die personeel en bestuur van die Ranch Hotel in Polokwane, wat so goed na die teruggekeerdes omgesien het. Hulle was bereid om hul rol te vervul in ons nasionale poging om dié siekte die hoof te bied. Almal wat by die proses betrokke was, het Suid-Afrika eer aangedoen. Die ervaring van die Suid-Afrikaners in Wuhan demonstreer die doeltreffendheid — en die noodsaaklikheid — van ʼn inperkingstydperk. Dit was as gevolg van die Chinese regering se drastiese optrede om die siekte in Wuhanstad in te perk, dat al ons mense gesond teruggekeer het en nie die virus onder lede het nie.Wuhan, ʼn stad in die Hubei-provinsie, met 11 miljoen inwoners, het meer as 50 000 infeksies gehad. Die provinsie het nou, na meer as twee maande nadat streng inperkingsmaatreëls ingestel is, minder as 20 nuwe gevalle in die afgelope twee weke gehad.Die inperking van die siekte in Wuhanstad, in Hubeiprovinsie en op ander plekke reg oor China, het ʼn massiewe en buitengewone poging vereis. Dit het drastiese beperkings op mense se daaglikse lewens behels en ʼn ernstige impak op die Chinese ekonomie gehad. Ander lande het soortgelyke maatreëls toegepas en ervaar groter sukses in die beheer van die siekte se verspreiding as lande wat langer geneem het om daarop te reageer.Namate die totale aantal bevestigde Covid-19-gevalle wêreldwyd tot meer as700 000 styg en die aantal sterftes 33 000 oorskry, kan ons by dié lande leer. Dit is nou baie duidelik dat die doeltreffendste manier vir ʼn samelewing om die verspreiding van die siekte te beperk, is vir die bevolking om vir minstens ʼn paar weke tuis te bly en fisies van mekaar geïsoleer te wees. Dit is ook belangrik dat die inperking en alle ander noodmaatreëls streng nagekom en deurlopend toegepas word.Soos die Suid-Afrikaners wat in Wuhan was kan getuig, is dit uiters moeilik om sulke beperkings op mense se daaglikse lewe, op beweging en gewone menslike kontak, toe te pas. ʼn Inperking in die Suid-Afrikaanse konteks veroorsaak bykomende ongerief en spanning en ons doen alles moontlik om die impak op ons mense te verminder. Die les van die Suid-Afrikaners in Wuhan is dat in perking werk. Dit toon dat as ons streng by die ingestelde reëls hou om te keer dat die virus versprei, ons in staat sal wees om die infeksiekoers te verminder. Dit toon dat as ons saam met die gesondheidsowerhede werk en doen wat ons moet doen, ons nie net ons eie lewens nie, maar ook diegene om ons se lewens sal red.Die storie van ons Suid-Afrikaanse teruggekeerdes uit Wuhan, behoort ons aan te moedig en hoop te gee in die moeilike weke wat voorlê. Hulle storie wys vir ons dat daar lig aan die einde van die tonnel is, dat as ons volhou, gedissiplineer bly, die inperking respekteer en saam werk, ons die virus sal oorwin.
" | "2020-04-ed1" | "afr" |
"Saam kan ons die impak van COVID-19 beveg
" | "vukuzenzele unnamed
" | " Die verspreiding van die koronavirus, wat die siekte bekend as COVID-19 veroorsaak, is skrikwekkend vinnig en wyd, en word nou as 'n wêreldwye pandemie gedefinieer.Dit het geen geografiese of territoriale grense nie, het sowel jonk as oud besmet en is aan die toeneem in sowel ontwikkelde as ontwikkelende lande. Namate die sifting en toetsing verskerp word, sal die aantal infeksies in Suid-Afrika na verwagting toeneem. Ek het onlangs 'n nasionale ramptoestand verklaar, 'n maatstaf wat ooreenstem met die erns van die bedreiging vir ons mense, ons samelewing en ons ekonomie. Dit sal ons in staat stel om 'n geïntegreerde en gekoördineerde rampbestuursprogram te bedryf en om vinnige en doeltreffende nood-reaksiestelsels in plek te stel. Hierdie virus sal uiters ontwrigtend wees, en ons priori teit is om die gesondheid en welstand van alle Suid-Afrikaners te beskerm. Ons moet ook die onvermydelike ekonomiese nadraai aanpak. Ons moet 'n afname in uitvoere verwag, 'n daling in toeriste-aankomste en 'n ernstige impak op produksie en sakelewensvatbaarheid, sowel as werkskepping en die behoud van werk. Die Kabinet finaliseer tans 'n omvattende pakket van ingrypings om die verwagte impak van COVID-19 op ons ekonomie te verminder. Dit word in oorleg met sake-, arbeidsen ander relevante instellings gedoen. Dit was Louis Pasteur wat gesê het dat rykdom die voorbereide gees bevoordeel. Suid-Afrika is voorbereid, en is reeds 'n geruime tyd voorbereid. Sedert die uitbreek van die virus aangemeld is, het ons opgetree om maatreëls vir sifting en inperking in plek te stel. Ons nasionale reaksie is gedryf deur 'n inter-ministeriële komitee (IMK) onder die voorsitterskap en bekwame leiding van die Minister van Gesondheid, Dr Zweli Mkhize. Die manier waarop die IMK en die ondersteuningspanne op hierdie noodtoestand gereageer het, is doeltreffend en gerusstellend, veral omdat dit help om die openbare paniek te onderdruk. Ek sal voorsitter wees van 'n nasionale opdragraad om alle aspekte van ons nasionale reaksie te koördineer. Suid-Afrika het 'n positiewe prestasierekord in die bestuur van noodgevalle.Ons het die kennis, die middele en die kundigheid. Ons wetenskaplikes en epidemioloë is wêreldklas. Ons het 'n reeks noodmaatreëls ingestel en sal finansie ring beskikbaar stel om die implementering daarvan te ondersteun. Dit sluit ’n reisverbod op besoekers uit lande met 'n hoë risiko in, sowel as verpligte toetsing, self-isolasie of kwarantyn vir Suid-Afrikaanse burgers wat uit hierdie lande terugkeer; asook die versterking van waarneming, sifting en toetsing by die hawens van toetrede tot die Republiek. Sosiale distansiëring is van kritieke belang om die verspreiding van COVID-19 te stuit. Byeenkomste van meer as 100 mense is verbode en die massa-viering van nasionale dae word gekanselleer. Besoeke aan alle korrektiewe sentrums word onmiddellik vir 30 dae opgeskort. Nie-noodsaaklike internasionale reis vir regeringsamptenare is verbied en nie-noodsaaklike reis binne die land word ontmoedig. Altesaam 35 binnelandse plekke van toetrede in die land en twee hawens sal gesluit wees. Skole sal ook vanaf 18 Maart tot na die Paasnaweek gesluit wees. Ons sal binnekort maatreëls rakende universiteite en kolleges aankondig. Volgende maand is Paasfees, 'n heilige tyd vir verskeie gelowe en 'n tyd waarin massa-dienste en -byeenkomste gewoonlik plaasvind. Die geloofsgemeenskap moet besluite neem in dié verband in die belang van hul gemeentes se gesondheid en dié van die land as ’n geheel. Die beheer van higiëne moet in alle sektore versterk word. Elkeen van ons moet beheer neem oor ons eie veiligheid deur maatreëls soos om gereeld jou hande met seep te was of hand-ontsmetmiddels te gebruik en jou neus en mond met 'n snesie of elmboog te bedek wanneer jy hoes of nies. As deel van ons nasionale poging sal die Departement van Gesondheid voortgaan met 'n intensiewe en deurlopende veldtog om bewustheid oor simptome, voorkoming, oordrag en infeksie te verhoog. Ek moedig alle Suid-Afrikaners aan om hulle te vergewis van die toepaslike voorkomende maatreëls. Hierdie maatreëls is soortgelyk aan dié in ander lande, en dit is belangrik dat ons almal verstaan dat dit nie ’n straf is nie, maar 'n kwessie van openbare veiligheid. Een van die grootste gevare op die oomblik is onkunde en verkeerde inligting. Ons moet ophou om vals en ongeverifieerde nuus te versprei, veral op sosiale media. Dit kan 'n reeds gespanne nasionale stemming vererger en die nasionale poging skade berokken.Ons moet ook nie toegee aan die uitdrukking van vooroordeel wat ons gesien het in ander lande wat gerig is op burgers van lande waar die uitbreek begin het of die huidige episentrum in Europa nie. Dit is duidelik dat die virus mense van alle nasionaliteite aantas. Laat ons diegene wat besmet is, sowel as dié wat uit hoërisiko-lande teruggekeer het, met deernis behandel. Laat ons hulp verleen aan mense in nood en dié wat meer kwesbaar is, in plaas daarvan om hulle te vermy. Ons sal getrou bly aan die waardes van verdraagsaamheid en respek wat ons as 'n volk definieer. Namens al die inwoners van Suid-Afrika bedank ek die span wat ons landgenote uit Wuhan, China, gerepatrieer het, asook die leierskap en mense van Limpopo wat help met die kwarantynproses. Dit is 'n moeilike tyd. En tog is dit in tye van teëspoed dat ons krag open baar word. Ons sal beslissend optree, met vasberadenheid en doelgerigtheid. Ons sal gesamentlik optree, want dit is die optrede van elke Suid-Afrikaner wat die sukses van ons pogings bepaal. Die Thuma Mina-oomblik is op ons, miskien soos nog nooit tevore nie. Dit sal ook verbygaan. Ons sal oorwin. Ons is Suid-Afrikaners.
" | "2020-04-ed1" | "afr" |
"Kleinsake tydens COVID-19 ondersteun
" | "Dale Hes
" | "Eienaars van kleinsake en in-formele hande-laars is onder diegene in Suid-Afrika wat die ergste deur die grendel-tydperk beïnvloed word. Dié besigheidseienaars kan uit ʼn aantal ingryp-ings voordeel trek wat die regering in plek ges-tel het om hulle te help om deur dié moeilike tyd te kom.
KMMO-skuldverligtingsfondsDie Departement van Kleinsake-ontwikkeling het, ná die aankondiging van die grendeltydperk, onmiddel-lik ʼn verligtingsfonds aan kleinsake wat negatief deur die COVID-19-pandemie beïnvloed word beskikbaar gestel. Meer as R500 miljoen is deur die fonds beskikbaar gestel, waarvoor kleinen mediumsakeondernemings deur ʼn aanlynaansoekproses moet aansoek doen. Hier is die stappe wat gevolg moet word:1. Jou besigheid moet op die KMMO-Suid-Afrika-por-taal geregistreer wees. Jy moet na www.ssmesa.gov.za toe gaan om te registreer, as jy nog nie geregistreer is nie. 2. Sodra jy geregistreer is, kan jy vir die COVID-19 KMMO-skuldverligtings-fonds aansoek doen. Die aansoekvorm is op die Departement van Kleinsa-ke-ontwikkeling se web-werf beskikbaar. 3. Verligtingsbefondsing sal binne 12 werksdae aan goedgekeurde aansoekers uitbetaal word, mits jy aan al die kriteria voldoen (soos dat jou besigheid aan belasting onderworpe is en 100% deur Suid-Afrikaners besit word). Die Kleinsake-ontwikkelings-agentskap is beskikbaar om jou te help om aansoek vir die skuldverligtingskema te doen as jy ʼn mikro-onderneming besit. Versoeke om hulp moet per e-pos aan [email protected] gestuur word. SolidariteitreaksiefondsPresident Cyril Ramaphosa het ook die stigting van die Solidariteitreaksiefonds aan-gekondig, wat ʼn aanvanklike hupstoot van R150 miljoen van die regering ontvang het. Die fonds laat organisasies en individue toe om die landwye ondersteuningspogings vir kleinsake en COVID-19-reak-siepogings deur skenkings te ondersteun. Meer as R2 miljard is gedu-rende die eerste twee weke van die fonds geskenk, wat vir verligtingspogings ge-bruik sal word.
Ondersteuning vir spazawinkelsDie regering erken die unieke uitdagings van die pandemie op diegene wat in die informele sektor werk. Die minister vir kleinsa-ke-ontwikkeling, Khumbud-zo Ntshavheni, het in dié verband ook ondersteunings-pakkette vir mense wat in dié sektor werk beskikbaar gestel.Dit sluit ʼn toegewyde onder-steuningskema vir spazawin-kels in. "Die spazawinkelonder-steuning sal die toegewyde netwerkgeleenthede, aan-koopkrag en grootmaataan-kope deur voorafgekeur en -goedgekeurde groothande-laars insluit," verduidelik die minister. Dié ondersteuning sal spa-zawinkels in staat stel om toegang tot goedere te ver-kry wat hulle kan verkoop. Minister Ntshavheni voeg by dat die skema ook krediet aan spazawinkeleienaars sal verskaf, wat hulle toegang sal gee tot die geld om voorraad aan te koop. "Dit sal opgevolg word met ʼn kredietfasiliteit om spaza-winkeleienaars in staat te stel om deurlopend te koop, selfs nadat die COVID-19-uitbraak verby is."Die departement sal ook raad verskaf oor hoe om hulle winkels met sukses te bedryf. "Ons ondersteun hulle ook met besigheidsbestuurson-dersteuning, omdat ons weet dat spazawinkels probleme aangaande die winsgewende bestuur van die ondernemings ondervind," sê Ntshavheni. Help informele handelaarsDie regering werk ook daar-aan om ʼn pakket te skep wat inkomsteverligting sal vers-kaf aan informele handelaars wat as gevolg van die krisis hulle inkomste verloor het. Informele besighede kwalifiseer ook vir dieKMMO-skuldverligtings-fonds, maar hulle moet op dieselfde manier as ander kleinsake by die departement registreer. " | "2020-05-ed1" | "afr" |
" Hulp aan ons kwesbare burgers
" | "vukuzenzele unnamed
" | " Daar kan geen groter folte-ring wees as dié van ouers wie se kinders by hulle huil omdat hulle nie kos het nie, maar hulle het niks om te gee nie. Daar kan geen groter onreg bestaan as 'n samelewing waar sommiges in gemak en oorvloed leef, terwyl ander sukkel om met min of niks te oorleef nie.Ja, dit is die hartseer nage-volge van 'n gebroke en onge-lyke verlede. Maar dit is ook 'n simptoom van 'n fundamentele mislukking in ons samelewing ná apartheid. Die landwye inperking in reaksie op die koronavirus het 'n jarelange probleem aansienlik vererger. Die afgelope paar weke is ons gekonfronteer met ontstellende beelde van desperate mense wat mekaar vir kospakkies by verspreidingsentrums vertrap en gemeenskappe wat protesoptogte hou teen voed-seltekorte. Ons het ook bewerings ge-hoor wat ontstellend en walglik is. Verskeie provinsies het be-rigte ontvang van gewetenlose individue, sommige van hulle na bewering regeringsampte-nare, wat kospakkies wat vir die behoeftiges en kwesbares bestem is opgaar of verkoop, of vir hul vriende en familie gee. As daar bevind word dat daar enige waarheid in hierdie bewerings steek, sal ons baie streng teen die betrokke indi-vidue optree. Met die verklaring van 'n nasionale ramptoestand en die instelling van 'n landwye inperkingstoestand het ons ’n onbekende terrein betree. Dit was nog nooit voorheen vir Suid-Afrika nodig om 'n open-bare gesondheidsnoodsituasie van hierdie omvang te hanteer nie. Ons moes vinnig optree om lewens te red. En ons moet erken dat die voorsiening van ondersteuning aan die land se kwesbaarste burgers in die dae en weke wat hierop gevolg het, stadiger was as wat dit moes wees, en dat sekere probleme oor die hoof gesien is. Die uitbetaling van maatskap-like toelaes het egter betreklik glad verloop, en ná 'n aantal tegniese uitdagings word die voedselverspreidingstelsel nou gestroomlyn. Die instelling van 'n landwye inperkingstoestand op baie kort kennisgewing het tot verskeie uitdagings gelei. Ons moes die relatiewe uitwerking van die nasionale reaksie opweeg teenoor die omvang van die beperkings wat ons sou moes instel. Ons het oplaas die roete van omsigtigheid gekies. En soos die Ministerie van Gesondheid se voorlegging onlangs aange-dui het, het die inperking wat ons die afgelope tyd afgedwing het die infeksiekoers vertraag en, selfs belangriker, vir ons tyd gekoop om voor te berei op 'n moontlike toename in infeksies in die komende weke en maande. Ons moes die impak op 'n reeds sukkelende ekonomie op die lang en kort termyn oorweeg, en ons moes die uit-werking van hierdie wesenlike ontwrigting op die lewensbe-staan van miljoene mense in oënskou neem. Ons moes nadink oor wat weke se inperking by die huis sou beteken vir werkers wat nie gereelde salarisse kry nie, vir werkloses en mense wat werk soek, vir mense wat informele of seisoenale werk doen, vir diegene in die informele sektor, vir die behoeftiges en vir die kwesbares. Die kabinet gaan 'n stel maat-reëls fi naliseer om te reageer op die uitwerking van die inper-king op die lewensbestaan van ons mense. Dit is voorafgegaan deur 'n reeks samesprekings met verskeie belanghebben-des, waaronder die sakesek-tor, georganiseerde arbeid, godsdienstige organisasies, die burgerlike samelewing en die Presidensiële Ekonomiese Adviesraad.Die maatskaplike vennote het verskeie voorstelle inge-dien oor ingrypings wat die onmiddellike kwesbaarheid van die armstes van die armes, waarvan die meeste staatmaak op maatskaplike hulp om te oorleef, kan verlig. Ons sal die voorsiening van welsynsdienste in hierdie tyd-perk opskerp om huishoudings wat onder die armoedegrens leef, te help. Selfs as die landswye inper-kingstoestand opgehef word, sal die gevolge daarvan nog 'n geruime tyd gevoel word. Diegene wat bevoorreg is om 'n bestendige inkomste te verdien, sal na hul werk kan terugkeer; maar vir miljoene ander sal dit 'n verlore maand wees waar hulle andersins ty-delike werk kon gehad het, in die informele sektor sake sou gedoen het of geld kon gespaar het om hul gesinsverantwoor-delikhede na te kom. Voedselondersteuning is 'n noodmaatreël op die kort ter-myn. Dit moet gepaard gaan met volhoubare oplossings wat ons kwesbaarste burgers help om in die moeilike tye wat nog voorlê, te oorleef. Ek wil die talle NRO's, gods-dienstige groepe en gewone burgers bedank wat geld skenk en as vrywilligers help om honger en behoeftige mense te voed. Om honger te verlig, is nie 'n daad van barmhartigheid nie. Dit is 'n noodsaaklikheid vir enige samelewing wat gegrond is op respek vir menseregte. Ons is op 'n punt in ons stryd teen die pandemie waar oor-gerustheid rampspoedig kan wees. Ek doen 'n beroep op elkeen om waaksaam te bly, om steeds die regulasies na te kom, om veilig te bly en om ander veilig te hou.As regering sal ons inligting voorsien oor die direkte ingry-pings wat ons onderneem om ons kwesbaarste burgers teen die skrikwekkende vooruitsig van honger te beskerm. Die talle probleme wat ons mense tans in die gesig staar, moet nie nog verder vererger word deur onsekerheid oor waar hulle volgende maaltyd vandaan sal kom nie.
" | "2020-05-ed1" | "afr" |
The Vuk'uzenzele South African Multilingual Corpus
About Dataset
The dataset was obtained from the South African government magazine Vuk'uzenzele, created by the Government Communication and Information System (GCIS). The original raw PDFs were obtatined from the Vuk'uzenzele website.
The datasets contain government magazine editions in 11 languages, namely:
Language | Code | Language | Code |
---|---|---|---|
English | (eng) | Sepedi | (sep) |
Afrikaans | (afr) | Setswana | (tsn) |
isiNdebele | (nbl) | Siswati | (ssw) |
isiXhosa | (xho) | Tshivenda | (ven) |
isiZulu | (zul) | Xitstonga | (tso) |
Sesotho | (nso) | ||
Note: The languages use the ISO 639-2 language codes. |
The data is split by language in JSONL format and each row is of the form:
{
"title": "Title for article",
"author": "Author Name or Vukuzenzele",
"text": "Article text",
"edition": "Linked Magazine edition",
"language_code": "ISO 639-2 language code"
}
Disclaimer
This dataset contains machine-readable data extracted from PDF documents, from https://www.vukuzenzele.gov.za/, provided by the Government Communication Information System (GCIS). While efforts were made to ensure the accuracy and completeness of this data, there may be errors or discrepancies between the original publications and this dataset. No warranties, guarantees or representations are given in relation to the information contained in the dataset. The members of the Data Science for Societal Impact Research Group bear no responsibility and/or liability for any such errors or discrepancies in this dataset. The Government Communication Information System (GCIS) bears no responsibility and/or liability for any such errors or discrepancies in this dataset. It is recommended that users verify all information contained herein before making decisions based upon this information.
Authors
- Vukosi Marivate - @vukosi
- Andani Madodonga
- Daniel Njini
- Richard Lastrucci
- Isheanesu Dzingirai
- Jenalea Rajab
Citation
Paper
Preparing the Vuk'uzenzele and ZA-gov-multilingual South African multilingual corpora
@inproceedings{lastrucci-etal-2023-preparing, title = "Preparing the Vuk{'}uzenzele and {ZA}-gov-multilingual {S}outh {A}frican multilingual corpora", author = "Richard Lastrucci and Isheanesu Dzingirai and Jenalea Rajab and Andani Madodonga and Matimba Shingange and Daniel Njini and Vukosi Marivate", booktitle = "Proceedings of the Fourth workshop on Resources for African Indigenous Languages (RAIL 2023)", month = may, year = "2023", address = "Dubrovnik, Croatia", publisher = "Association for Computational Linguistics", url = "https://aclanthology.org/2023.rail-1.3", pages = "18--25" }
Dataset
Vukosi Marivate, Andani Madodonga, Daniel Njini, Richard Lastrucci, Isheanesu Dzingirai, Jenalea Rajab. The Vuk'uzenzele South African Multilingual Corpus, 2023
@dataset{marivate_vukosi_2023_7598540, author = {Marivate, Vukosi and Njini, Daniel and Madodonga, Andani and Lastrucci, Richard and Dzingirai, Isheanesu Rajab, Jenalea}, title = {The Vuk'uzenzele South African Multilingual Corpus}, month = feb, year = 2023, publisher = {Zenodo}, doi = {10.5281/zenodo.7598539}, url = {https://doi.org/10.5281/zenodo.7598539} }
Licences
- License for Data - CC 4.0 BY
- Licence for Code - MIT License
- Downloads last month
- 4